DIE EI­EN­DOM­ME

Huisgenoot - - Nuus -

Der­tig Kaap­se ei­en­dom­me op Ca­litz­dorp en Her­ma­nus is ge­re­gis­treer in die naam van ’n fir­ma, Erf 2825 Her­ma­nus, waar­van Markus al­leen­di­rek­teur is.

Toe Markus vroeg in De­sem­ber be­dank, was bou­ers nog aan die wer­skaf aan sy nu­we strand­huis op Her­ma­nus, het Huf­fPost be­rig. Die vol­gen­de dag is bou­werk ge­staak op die ge­sog­te erf wat tot by die see strek. Die waar­de daar­van is on­be­kend, maar om­lig­gen­de ei­en­dom- me word teen tot R40 mil­joen van die hand ge­sit.

Dié leë erf is maar een van tal­le ei­en­dom­me wat Markus op Her­ma­nus be­sit. Daar­on­der tel ’n reus­ag­ti­ge va­kan­sie­huis in die ryk­mans­buurt Vo­ël­klip.

In De­sem­ber en weer in Ja­nu­a­rie het van­da­le “thief ”, “con ar­tist” en “markus@ fraud.com” op die mu­re ge­spuit­verf. Sy ge­sins­le­de het vol­gens ge­rug­te die af­ge­lo­pe va­kan­sie in dié huis ge­bly.

Markus se skoon­seun en sa­ke­ven­noot, S­te­fan Pot­gie­ter, het ver­le­de jaar ’n huis op S­tel­len­bosch vir R12 mil­joen ge­koop. Dit is daar­na plat­ge­slaan om plek te maak vir ’n nu­we wo­ning, maar net ’n “Te koop”-bord­jie pryk nou op die erf.

In­tus­sen be­rig Net­werk24 en Bi­zNews ’n erf van Jooste op die Paarl­se spog­land­goed Val de Vie is glo al se­dert De­sem­ber in die mark vir R15 mil­joen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.