DIE PERDE

Huisgenoot - - Nuus -

Markus, ’n be­ken­de in perd­ry­k­rin­ge, het die af­ge­lo­pe paar jaar glo tot so­wat R100 mil­joen per jaar aan perde be­stee, het Net­werk24 be­rig.

Die Sum­mer­hill-per­de­sport­web­tuis­te het hom in 2015 as die twee­de groot­ste perde-eienaar ter wê­reld be­stem­pel, naas sjeik Mo­ham­med bin Rashid Al Mak­toum, die heer­ser van Doe­bai.

Hy het glo so­wat 350 perde wat af­ge­rig word en 100 mer­ries waar­mee hy ge­teel het. Sy per­de­be­dry­wig­he­de word hoof­saak­lik deur sy fir­ma May­fair S­pe­cu­la­tors be­stuur.

Maar net lan­ger as ’n week na­dat die S­tein­hoff-skan­daal Suid-A­fri­ka ge­ruk het, het dit aan die lig ge­kom dat Markus van sy spogre­sies­per­de be­gin ver­koop. Die Son­dag­blad Sun­day Ti­mes het be­rig Markus raak glo stel­sel­ma­tig van al sy perde ont­slae.

Le­gal Eagle, ’n spog­perd uit Markus se stal, het al twee keer die Kaap­se wed­ren L’Or­marins Queen’s Pla­te ge­wen. Hy is te mid­de van die S­tein­hoff-de­ba­kel vir R3,2 mil­joen aan die sa­ke­man en voor­ma­li­ge eienaar van Tek­kie To­wn Bry­an van Hu­y­steen ver­koop. S­tein­hoff het Tek­kie To­wn in 2016 aan­ge­skaf.

Twee van Markus se perde wat van­dees­maand aan die Queen’s Pla­te sou deel­neem, Au Re­voir en Qu­e­ra­ri’s Se­cret, is op die nip­per­tjie ont­trek.

Nog ’n perd, E­dict of Nan­tes, is kort voor Kers­fees vir so­wat R9,9 mil­joen aan ’n eienaar in Hong­kong ver­koop. ’n An­der perd, T­rip to He­a­ven, is glo vir so­wat R400 000 ver­koop.

In­tus­sen het Markus hom ge­lei­de­lik aan die wê­reld van per­de­wed­ren­ne be­gin ont­trek. Hy het as di­rek­teur van die Ca­pe T­ho­roug­hbred Sa­les be­dank, en ook as di­rek­teur van P­hu­me­le­la Ga­ming and Lei­su­re en Ke­nil­worth Ra­cing. Hy is ook nie meer lid van die na­si­o­na­le per­de­re­sie­so­wer­heid nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.