3 OONDGEROOSTERDE BOTTERSKORSIESKYFIES
GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 30 min. Gaarmaak: 30-40 min. 2 groot botterskorsies, geskil, gehalveer en ontpit sout en peper olyfolie Voorverhit die oond tot 200 ˚C.
Sny die botterskorsies in die lengte in repe van sowat 5-7 mm breed.
Plaas die botterskorsies in ’n oondpan; geur met die sout en peper. Meng ’n goeie skeut olyfolie met jou hande deur. Rangskik in ’n enkellaag op ’n bakplaat. Bak sowat 40 min. tot gaar en draai gereeld.