Huisgenoot

Morgan in die #MeToo- spervuur

-

Die Di Hollywood-veteraan H ll d t M Morgan F Freeman i is di die nuutste tt van ’n rits sterre wat van seksuele teistering beskuldig word. CNN het onlangs ’n artikel gepublisee­r waarin agt vroue die akteur (81) van seksuele teistering en onvanpaste gedrag beskuldig. Chloe Melas, ’n CNN-versaggewe­r en medeskrywe­r van die berig, vertel daarin dat sy Morgan verlede jaar op ’n perspartyt­jie ontmoet het terwyl sy swanger was. Sy beweer hy het haar herhaaldel­ik op en af gekyk en gesê: “Jy’s ryp,” en: “Ek wens ek was daar,” met verwysing na haar ongebore baba.

’A ’n Anonieme i produksiea­ssistent dk i it t wat t verlede ld j jaar aan sy rolprent Going in Style gewerk het, beweer in die artikel Morgan het haar romp probeer oplig.

Sy beskuldig hom ook van “ongewenste aanraking” en kla dat hy daagliks kommentaar op haar figuur en klere gelewer het.

Die akteur het aanvanklik in ’n verklaring “enigiemand wat ongemaklik gevoel het of dat hulle geminag word”, verskoning gevra, maar in ’n tweede verklaring hou hy vol hy “het nie vroue geteister nie”.

Die Bruce Almighty-akteur se regspan het sedertdien geëis dat CNN die bewerings terugtrek. Hulle dreig met ’n regsgeding oor die opspraakwe­kkende aantygings.

 ??  ?? REGS: Morgan in die fliek Now You See Me van 2013. ’n Lid van die rolprent se produksies­pan beweer die akteur het haar en haar kollegas met sy aanmerking­s oor hul lyf geteister. “Ons het geweet wanneer hy kom inloer, moet ons nie styfpassen­de klere dra...
REGS: Morgan in die fliek Now You See Me van 2013. ’n Lid van die rolprent se produksies­pan beweer die akteur het haar en haar kollegas met sy aanmerking­s oor hul lyf geteister. “Ons het geweet wanneer hy kom inloer, moet ons nie styfpassen­de klere dra...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa