Huisgenoot

Meermin-gier pak Brasiliane beet

In Brasilië werk ál meer evas as ‘meerminne’ eerminne’ wat vermaak in akwariums en kinderhosp­itale derhospita­le en op partytjies verskaf – en die volkk is gaande daaroor Saamgestel deur SANDY COOK

-

AL SIT sy in ’ n rolstoel, glimlag die meisie van oor tot oor, want oorkant haar sit ’n pragtige wese met lang, donker hare en ’n glimmende groen visstert.

’n Meermin? Kan dit wees? Ja, meerminne soos Carol Catan bestaan regtig hier in Brasilië. Wel, min of meer . . .

By haar huis loop Carol soos enige mens op twee bene rond, maar wanneer sy gaan werk, trek sy haar meerminste­rt aan. Dan word sy ’n meermin en laat sy kinderoë blink oral waar sy gaan.

Carol doen al sedert 2012 meerminwer­k, oftewel “sereismo” soos dit in haar geboortela­nd bekendstaa­n. Sy het toe haar loopbaan in veeartseny­kunde laat vaar om in die rol van een van dié mitiese figure die lewe van veral kinders met gestremdhe­de te verbeter.

Sy maak graag haar verskyning in kindersale in hospitale, waar sy met jong pasiënte gesels en hulle gekoester laat voel, maar sy tree ook by kinderpart­ytjies en akwariums op.

En hier, kan jy maar sê, is sy soos ’n vis in die water. Sy kry dit selfs reg om tot vier minute lank onder die water te bly sonder om op die oppervlak asem te skep.

Die kinders is natuurlik gaande daaroor. Hulle voel asof hulle Ariel van Disney se The Little Mermaid in lewende lywe ontmoet, vertel Carol. “Dis iets moois en bevredigen­ds,” sê sy van haar werk.

Sy was self as kind dol oor meerminne en het toe reeds geoefen om te swem met haar bene wat sy aan mekaar vasgebind het.

Haar rolmodel was die aktrise Daryl Hannah, wat ’n meermin in die fliek Splash van 1984 gespeel het. Fliekvlooi­e sal onthou hoe sy grasieus deur die water gegly het met haar lang goue lokke wat soos

 ??  ?? Die aktrise Ísis Valverde in A Força do Querer, die telenovell­e wat die meermingie­r in Brasilië begin het.
Die aktrise Ísis Valverde in A Força do Querer, die telenovell­e wat die meermingie­r in Brasilië begin het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa