Huisgenoot

PROTEOÏDE

-

Die pragtige verskeiden­heid proteas is die blomplante wat die meeste met fynbos verbind word. Dié blomme is na die Griekse

god Proteus genoem wat in verskeie vorms kon verskyn. Suid-Afrikaners is so trots op hierdie mooi proteablom­me dat ons nasionale krieketspa­n na hulle genoem is. Het jy al ooit mooi na die embleem van ons Proteaspan gekyk? Jy sal sien dit beeld die koningspro­tea, ons nasionale blom, uit.

Ons proteas behoort tot die familie Proteaceae, wat hoofsaakli­k in die Suidelike Halfrond voorkom. Ons is nie die enigste land wat ’n sportspan na dié blomfamili­e genoem het nie. Die Waratahs, ’n Australies­e rugbyspan van Sydney in Nieu-Suid-Wallis, is genoem na Telopea speciosiss­ima, wat ook ’n lid van die plantfamil­ie Proteaceae is. Maar Suid-Afrika spog met sowat die helfte van alle soorte plante van dié familie. Ander voorbeelde van die verstommen­d groot verskeiden­heid kleurryke Proteaceae sluit in die bergbruidj­ies ( Serruria florida), die asemrowend­e speldekuss­ings ( Leucosperm­um) en die keëlbosse ( Leucadendr­on). Proteas en ander fynbosplan­te is aangepas p vir veldbrande. Hulle het vuur nodig om hul lewensiklu­s te voltooi. Die vlamme verbrand die dooie plantmater­iaal m en plaas so voedingsto­wwe terug te in die grond. Die kwaai hitte laat die di sade oopgaan en maak ondergrond­se gr bolle wakker sodat dit begin groei. gr Nie lank ná ’n veldbrand nie is die landskap weer pragtig bedek met nuwe fynbos. Jy sal verstaan dit is nie altyd goed as brandbestr­yders die vlamme blus nie. n Maar dis moeilik vir ons mense om o ’n brand sy gang te laat gaan, want mense kan sterf en eiendom kan vernietig word. Hoe dink jy moet ons die nodige brande hanteer? Dalk kan beheerde veldbrande v vir die fynbos werk.

 ??  ?? Die speldekuss­ing ( Leucosperm­um) is pragtig in die tuin en lok heuningbye, suikerbekk­ies en ander bestuiwers met sy nektar.
Die speldekuss­ing ( Leucosperm­um) is pragtig in die tuin en lok heuningbye, suikerbekk­ies en ander bestuiwers met sy nektar.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa