Huisgenoot

Mel B die ‘cougar'

-

Mel B kry die afgelope paar maande aandag om al die verkeerde redes. Sy en haar eksman Stephen Belafonte (43) se smerige skeiding en toesigstry­d oor hul dogter, Madison (7), en Angel (11), haar kind by die akteur Eddie Murphy, maak sedert verlede jaar nuus. En vroeër vanjaar het die gerugte geloop dat sy vir drank- en seksversla­wing behandel word. Nou lyk dit volgens Us Weekly of nog ’n aspek van Mel se lewe blootgelê word: haar smaak vir veel jonger mans. Volgens iemand in die binnekring het die 43-jarige Mel en die High School Musical-ster Zac Efron (30) mekaar op ’n afspraakw ebtuiste ontmoet en flirterige boodskappe begin uitruil. “Hy het op die ou end na haar plek gery. Hulle het by mekaar aanklank gevind en ’n paar genotvolle ure saam deurgebrin­g,” beweer ’n bron. “Dit was nou nie juis ’n ontmoeting van die intellek nie. Nie een het dit as langtermyn beskou nie, maar daar was ’n vonk. Mel het gedink Zac het ’n wonderlike lyf.” Mel se voormalige vriend en kinderoppa­sser, Rusty Updegraff, het onlangs ook onthul sy het in die nasleep van haar morsige egskeiding van haar rolprentve rvaar digerman entvervaar­d igerman ook saam met die sanger Aaron Carter (30) geslaap. slaap.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa