Volg ons velsorg- en skoonheidsraad om deur die dekades op jou mooiste te lyk
-
20 +
Reinig jou vel behoorlik om puisies en swartkoppies te verminder. Verwyder altyd jou grimering voor jy gaan slaap. Bevog elke dag, al het jy ’n olierige vel, en kweek die gewoonte aan om altyd sonskerm aan te smeer. Gebruik bevogtigers met ’n water- of jelbasis, want dit is lig.
40 +
Donker kringe onder die oë, sonvlekke en hiperpigmentasie kan begin kop uitsteek. Begin onderoogplakkers, kragserums en sonskerm met ’n hoë son beskermings faktor gebruik, en bestee so min moontlik tyd in direkte sonlig. Gebruik een keer per week’n voggewende masker.
60 +
Kies produkte met vitamien C, wat die vel volume gee, en vitamien A, wat die vel egalig maak. Besoek ’n velkliniek vir intensiewe gesig- en afskilfer behandelings. Of gebruik tuis afskilfer middels; di tis veiliger, want dit is met laer volumes aktiewe bestanddele geformuleer.
20+
In jou 20’s kan jy met die helderste kleure aan jou oë speel, van neonoranje tot lemmetjiegroen. In jou 30’s moet jy begin wegbly van neon en eerder helder kleure kies wat glinster, want dit lyk nie so hard nie.
Op enige ouderdom moet jy jou wimpers met maskara definieer, of wend katoogomlyner aan sodat jou oë nie uitgewas lyk nie.
40+
Jy hoef nie skrikkerig te wees vir ’n opvallende kleur wanneer jy ouer word nie; dink byvoorbeeld aan koraal, blou, wynrooi en pers.
Die geheim is om ’n helder kleur met neutrale skakerings te versag wat jy daarby dra.
Laat jou oë rokerig lyk met ’n ingeskakeerde grys in die ooghoeke g of gebruik bruin net in die oogvoue.