Huisgenoot

’N KANNIEDOOD-BLOM

-

Jy sal die koningspro­tea die hele pad van die Cederberge in die Wes-Kaap tot Grahamstad in die Oos-Kaap aantref; van die kus tot 1 500 m bo seevlak.

As gevolg van die verskillen­de toestande in dié gebied kan die koningspro­tea se blomtyd, grootte en kleur wissel. Die plant se taai, leeragtige blare beskerm dit in die droë, warm somers en nat, koue winters. Dit het ook ’n groot, lang penwortel wat tot diep in die grond dring om die plant vog te gee.

Die dik, ondergrond­se stam bevat sluimerend­e knoppe wat die plant veldbrande help oorleef. Al is die meeste van die plant dalk weggebrand, sal dit uit dié ondergrond­se knoppe teruggroei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa