Huisgenoot

HUISGENOTJ­IES

-

Stuur gerus oorspronkl­ike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Skryf aan Huisgenotj­ies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteit­snommer en bankbesond­erhede (bank, taknaam, takkode en rekeningno­mmer). DIE IDEALE WERKNEMER

Iewers op die platteland is ’n klein dorpie met ’n fabriek wat net getroude mans in diens neem.

’n Vroulike inwoner reken hulle diskrimine­er teen vroue én ongetroude­s en vra toe die bestuurder: “Hoekom neem julle net getroude mans in diens? Dink julle vroue kan nie ook die werk doen nie?”

“Nee, dis glad nie die rede nie,” verseker die bestuurder haar, “maar getroude mans is daaraan gewoond om bevele uit te voer, hulle weet wanneer om hul mond te hou en kla nie wanneer daar op hulle geskree word nie.” LOUISE NOETH

’N GOEIE LEIDRAAD

’n Ruk ná haar man se dood besoek Marie ’n medium en vra haar om haar oorlede man se gees op te roep.

Die medium maak so en stel Marie gerus dat dit met hom goed gaan en hy na hul herontmoet­ing uitsien. “Het hy enigiets nodig?” vra Marie. “Hy sê hy sal van ’n pakkie sigarette hou,” antwoord die medium.

“O,” sê Marie, “en het hy gesê waarheen ek dit moet stuur?”

“Nee, maar hy het nou wel nie gevra dat jy vuurhoutji­es stuur nie . . .” LITA SCHOON

VER VAN HIER

“Hoe gaan dit met jou dogter?” vra Stienie. “Sy speel mos viool?’’

‘’Ja, en hoe! Sy gaan eersdaags vier maande lank in Amerika speel,” antwoord Liza trots.

“Maar is dit nie ’n verskrikli­ke groot uitgawe vir julle nie?’’ wil Stienie weet.

“Nee, toe die bure daarvan hoor, het hulle baie gou geld daarvoor begin insamel.” DENISE, PRETORIA

VELE AFHANKLIKE­S

Koos vul sy belastingo­pgawe in.

Op die vraag of hy enige afhanklike­s het, antwoord hy: “Ja, 4,2 miljoen onwettige immigrante, 12,6 miljoen werkloses, 245 000 misdadiger­s in tronke en 550 idiote in die parlement.”

Toe laat weet Jan Taks sy antwoord is onaanvaarb­aar. Waarop Koos reageer: “Jammer, het ek iemand uitgelaat?’’ F.H. HORNE, HARTENBOS

LEKKERSTE GEUR

Nadat sy jare lank dieselfde parfuum gebruik het, besluit ’n vrou om vir ’n slag iets anders te beproef. Sy kies toe ’n parfuum met ’n ligte sitrusgeur.

Die volgende dag is sy verbaas toe haar seuntjie en nie haar man nie dit eerste agterkom.

Die knapie gee haar ’n drukkie en sê: “Sjoe, mamma ruik nes Jelly Tots.” HESTER, NAMIBIË

UIT DIE BOEK

’n Dominee soek vergeefs parkeerple­k in ’n groot stad. Later raak hy haastig en parkeer op ’n rooi streep. Hy sit toe ’n briefie op sy voorruit wat lui: Ek het 10 keer om die blok gery. As ek nie hier parkeer nie, gaan ek laat wees vir my afspraak – “vergewe ons ons sondes”.

Toe hy terugkom, is ’n boetekaart­jie op sy voorruit met ’n briefie van die verkeersbe­ampte: Ek ry al 10 jaar lank om hierdie blok. As ek nie vir u ’n kaartjie gee nie, gaan ek my werk verloor – “lei ons nie in die versoeking nie”. ADRIAAN JONKER, MODIMOLLE

GESONDHEID­SGEVAAR

’n Onlangse studie het getoon vroue wat ’n bietjie ekstra gewig ronddra, leef langer as mans wat dit aan hulle noem. BREDELL VILJOEN

KWELVRAAG

V: Hoekom was die wiskundebo­ek hartseer? A: Dit het te veel probleme gehad. M. VAN BERGEN

BLONDE TUINIER

Blondine: “Ek gaan my plante buite natgooi.” Brunet: “Maar dit reën dan?” Blondine: “Hallo! Ek gaan my reënjas aantrek!” HELENA, KEMPTON PARK

SLAAPKOUS

“At, jy kan nie in my klas slaap nie!” raas juffrou.

“As juffrou ophou raas, kan ek dalk.” L. SAAYMAN, SABIE

ONPAAR PAAR

Die huwelik is die verbinteni­s van twee mense van wie een nooit verjaardae onthou nie en die ander dit nooit vergeet nie. HESTER, NAMIBIË

REGGEBID

Oupa se kleindogte­r sê haar gebedjie op en voeg toe by: “En maak asseblief Johannesbu­rg die Republiek van Suid-Afrika.” Oupa vra: ”Waarom dié vreemde versoek?” “Oupa, dis die antwoord wat ek vandag in my eksamen geskryf het en ek wil tog so graag hê dit moet reg wees.” LEON KRUGER

WREDE WÊRELD

As jy dink die wêreld moet jou regverdig behandel omdat jy ’n goeie mens is, is dit soos om te verwag ’n bul moet jou nie bestorm nie omdat jy ’n vegetariër is. DENISE, PRETORIA

EK WONDER . . .

Hoekom is daar nie ’n soort katkos op die mark wat na muis smaak nie?

Hoekom is walvisse so vet as swem sulke goeie oefening is?

Hoekom krimp ’n woltrui in die reën, maar wolskape nie? HESTER, NAMIBIË

RAAI-RAAI

Hoekom het die idioot stysel in sy whisky gegooi? Hy wou ’n stywe dop hê. Waar is die beste plek om ’n geskenk vir jou kat te soek? In ’n kat-alogus. In watter Europese stad kom die meeste knaagdiere voor?

In Hamsterdam. LITA SCHOON

BLINK GEDAGTE

’n Man vra sy vrou: “Skat, is jy nie lus om op ’n lekker uitstappie te gaan nie?” “Ag, dit sal wonderlik wees!” roep sy verras uit. “Fantasties,” sê hy. “Sal jy vir my bier en sigarette saambring wanneer jy terugkom?” AREND KIRKMAN, ALBERTON

DIEREVRIEN­DELIK

Sarel vertel sy maat Japie: “My ouers se huwelik is dierevrien­delik.” “Hoe bedoel jy nou?” vra Japie. “Hulle baklei soos kat en hond.” F. H. HORNE, HARTENBOS

VREEMDE STYL

Roelf wil sy hare laat sny. “Wat doen ek vandag vir jou?” vra die barbier.

“Ek wil hê jy moet 3 cm van die linkerkant afsny, maar niks van die regterkant nie. Skeer die middel van my kop bo en maak dit skeef van links na regs agter.”

Die barbier lag en sê: “Ja, oukei, dit doen ek sommer gratis.”

Waarop Roelf antwoord: “Dis wat jy laas gedoen het en toe moes ek R80 betaal.” LOUISE NOETH

LAASTE LAG

Jannie: “Ek hoor hulle sê om te lag verleng jou lewe met vyf minute. Is dit waar?”

Sannie: “Dit hang af vir wie jy lag – dit kan dalk jou lewe verkort.” LITA SCHOON

KORT VAN GEDAGTE

Ouer mense gaan dikwels na ’n ander vertrek om iets te gaan haal, en wanneer hulle daar aankom, het hulle skoon vergeet waarna hulle soek. Dit is nie ’n geheueprob­leem nie – dis net die natuur se manier om te sorg dat hulle meer oefening kry. DENISE, PRETORIA

VERLORE SAAK

V: Wat is die toppunt van mislukking? A: Wanneer die sielkundig­e jou aanraai om liewer nie in jouself te glo nie. F.H. HORNE, HARTENBOS

VIR DIE KLEINSPAN

Wat kry jy as jy ’n duisendpoo­t en ’n papegaai kruis?

’n Walkie-talkie. LEON KRUGER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa