ONS KEN JOU PYN

Huisgenoot - - Nuus -

“Agt jaar lank loop ek al die pad wat jy loop,” skryf ’n le­ser in re­ak­sie op Ou Krok se brief, wat in 18 Ok­to­ber se uit­ga­we van Huis­ge­noot ge­pu­bli­seer is.

“My men­se ver­staan in ’n ma­te, en ek dink hul­le ken my pyn. Ge­na­dig­lik het hul­le mee­ge­voel met my. My man raak net soms moedeloos; dan kom hy weer reg. “Ek wil soms ook net wag om te gaan. “Dit is so moei­lik om­dat ek 66 jaar jonk is en nog baie wil en kan doen – vir my man, kin­ders, k­lein- en ag­ter­klein­kin­ders. En vir die He­re en vir my­self.”

Ou Krok se brief het haar ook diep ge­raak, skryf ’n an­der le­ser.

“Ek is nou 51, en ’n paar jaar ge­le­de het die rug- en nek­py­ne be­gin en het ek oor die al­ge­meen som­mer net siek be­gin voel.

“Soos jy is ek van die een dok­ter na die an­der, en nie een van hul­le het ge­weet wat ek ma­keer nie.

“Ek was ook op ’n laag­te­punt en het min lus ge­had om uit die bed te klim. Maar ná ve­le dok­ters en baie geld in die wa­ter het ek een­vou­dig be­sluit ek moet ’n plan maak.”

Sy het toe by die reg­te spe­si­a­lis uit­ge­kom en die oor­saak van haar pyn is vas­ge­stel.

“Neem daai s­tap: Maak ’n af­spraak en laat die toet­se doen,” raai sy Ou Krok aan. “Dit is nie in jou kop nie. Men­se ver­staan dit nie, maar ek weet en ver­staan jou pyn.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.