BE­VOL­KING

Die be­lang­rik­ste in­lig­ting wat uit die 2011-sen­sus ver­kry is, is dat die Suid-A­fri­kaan­se be­vol­king tot 51 770 560 men­se aan­ge­groei het.

Huisgenoot - - Laerskool -

Toe het Suid-A­fri­ka 41 000 938 swart men­se (79,6% van die al­ge­he­le be­vol­king) ge­had.

Bruin men­se was met 4 615 401 die naas­groot­ste be­vol­kings­groep in Suid-A­fri­ka. Hul­le is ge­volg deur wit men­se (4 586 838), A­si­ërs of In­di­ërs (1 286 930) en an­der (280 454).

Die ge­mid­del­de ou­der­dom van die al­ge­he­le be­vol­king was 25 jaar.

Die sen­sus het ook ge­wys Suid-A­fri­ka het by­na 1,4 mil­joen meer vroue as mans.

Dit blyk ook uit 2011 se sen­sus dat die be­vol­king in die 10 jaar se­dert die sen­sus­op­na­me van 2001 met 6 950 782 men­se, of­te­wel 14,39%, toe­ge­neem het.

Die slim men­se wat met sta­tis­tie­ke werk, kan ook dié sy­fers en per­sen­ta­sies ge­bruik om uit te werk hoe­veel men­se nou in die land is en hoe­veel in die toe­koms hier sal wees. Hul­le het be­re­ken in Ju­lie van­jaar sou die Suid-A­fri­kaan­se be­vol­king so­wat 57 725 600 wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.