LYF LY

Huisgenoot - - Skoonheid -

D Die mees­te men­se s­meer son­skerm aan hul g ge­sig wan­neer hul­le op die strand is, maar laat na om die­self­de hoe­veel­heid sorg aan die res van hul lyf te gee. Die vel aan die ge­sig is veel dun­ner as dié aan die res van jou lyf; daar­om is die uit­wer­king van die son merk­baar­der m op jou ge­sig. Maar dit be­te­ken nie n jou lyf loop nie on­der die son deur nie. UV-stra­le dring deur die vel en breek ken­mer­ke on­der o die vel af wat dit plomp en gloei­end hou, soos kol­la­geen en hi­a­lu­ron­suur. Jy kan later met son­vlek­ke, son­vle ver­kleu­ring en ’n sak­ke­ri­ge vel sit as jy nie son­skerm aan jou lyf ook aan­wend nie. Ver­skil­len­de op­sies son­skerm is vir jou lyf te kry, van wa­ter­be­stan­de weer­ga­wes tot dié wat nie jou kle­re vlek nie. Ont­hou, geen pro­duk is heel­te­mal be­stand teen wa­ter en sweet nie; wend dit dus weer aan na­dat jy ge­swem het of an­der­sins elke twee uur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.