Re­spek, lo­ja­li­teit help jou oor­leef – Wil­li­am End­ley

Ná twee jaar in aan­hou­ding met ’n doodsvonnis wat oor sy kop ge­hang het, is Wil­li­am End­ley te­rug in Suid-A­fri­ka. Hy ver­tel van sy ver­skrik­li­ke be­proe­wing

Huisgenoot - - Inhoud - Deur RICHARD VAN RENSBURG

TER­WYL hy twee jaar en twee maan­de lank in haglike om­stan­dig­he­de in Ju­ba in Suid-Soedan aan­ge­hou is met die swaard van dood­straf oor sy kop, het hy don­ker tye be­leef toe wan­hoop en doods­ge­dag­tes by hom ge­spook het.

De­spair en De­ath is im­mers die ti­tels van twee ge­dig­te wat Wil­li­am End­ley in ’n no­ta­boek ge­skryf het ter­wyl hy van bo­ne en pap ge­leef het met van sy me­de­ge­van­ge­nes ster­wend om hom, son­der me­die­se sorg.

Die on­se­ker­heid het aan hom ge­knaag oor of hy ooit weer die blye dag sou be­leef dat hy na Suid-A­fri­ka sou te­rug­keer en met sy ge­lief­des her­e­nig sou word.

Nou­dat hy eindelik vry is, voel dit daar­om vir die voor­ma­li­ge ko­lo­nel in die Suid-A­fri­kaan­se Na­si­o­na­le Weer­mag “half soos ’n droom’’.

Hier laat­mid­dag op ’n Son­dag by sy suster, C­har­mai­ne Quinn, en haar man, Andrew, se huis in Ta­ble View, Kaap­stad, is Wil­li­am, of Will vir sy fa­mi­lie en vrien­de, brand­ma­er ná sy be­proe­wing, maar hy lyk reeds weer net­jies ná sy uit­put­ten­de te­rug­reis via Ke­nia en Jo­han­nes­burg. Sy ha­re is kort­ge­skeer; sy ge­rui­te kort­mou­hemp glad ge­stryk.

“Die ge­voel van vry­heid sink nog in,” sê Wil­li­am (57) drie dae ná sy vry­la­ting uit Suid-Soedan, waar hy in Fe­bru­a­rie van­jaar ter dood ver­oor­deel is om­dat hy na be­we­ring saam­ge­sweer het om pres. Sal­va Ki­ir van Suid-Soedan se be­wind om­ver te gooi. Wil­li­am het daar as die op­po­si­sie­lei­er, Riek Ma­char, se vei­lig­heids­raad­ge­wer ge­werk.

Ver­le­de maand is aan­ge­kon­dig Wil­li­am en Ja­mes Gat­det, ’n woord­voer­der van Ma­char, sal vry­ge­laat word as deel van die vre­des­on­der­han­de­lings in die land. Die hui­di­ge vre­des­oor­een­koms volg na­dat bloe­di­ge kon­flik­te, dik­wels weens et­nie­se ver­skil­le, der­dui­sen­de le­wens ge­ëis en groot ge­tal­le men­se ont­wor­tel het se­dert 2013, twee jaar na­dat die land van Soedan on­af­hank­lik ge­word het.

Na­dat Ki­ir en Ma­char se men­se weer in 2016 slaags ge­raak het, moes Ma­char vir sy lewe vlug, eers na die Kon­go en later Suid-A­fri­ka. Wil­li­am is in Au­gus­tus daar­die jaar in Suid-Soedan in heg­te­nis ge­neem. Hy is eers 18 maan­de lank in die be­rug­te Blue Hou­se van Suid-Soedan se in­tel­li­gen­sie­diens aan­ge­hou en toe na die sen­tra­le ge­van­ge­nis ver­skuif.

“Ná meer as twee jaar, waar­van se­we maan­de in een­sa­me aan­hou­ding waar ek dalk een keer per dag ’n mens sou sien

wan­neer ek bad­ka­mer toe ge­neem is, is dié vir my steeds half soos ’n droom,’’ sê hy en­ke­le ure ná sy aan­koms in Kaap­stad by sy ge­lief­des wat on­ver­moeid van­uit Suid-A­fri­ka vir sy vry­la­ting ge­veg het.

C­har­mai­ne het ge­twy­fel of sy “die oom­blik sou sien aan­breek’’, er­ken sy. In die dae voor haar broer se vry­la­ting het hul­le ge­rug­te ge­hoor, maar sy wou ná ’n paar vo­ri­ge te­leur­stel­lings nie te gou bly word nie. Toe sy ’n op­roep kry “dat hy in die lug is”, het sy nog haar e­mo­sies pro­beer be­teu­el “tot hy in Nai­ro­bi ge­land het”.

Weens die on­se­ker­heid oor die fi­na­le reis­re­ë­lings moes sy haar Jo­han­nes­burg toe haas om hom teen een­uur op Sa­ter­dag­og­gend 3 No­vem­ber daar op die lug­ha­we in te wag. C­har­mai­ne soek-soek na woor­de: “Om hom te sien uit­kom was so ’n e­mo­si­o­ne­le oom­blik.”

By haar was Wil­li­am se dog­ter G­wyn­neth, wat in die Goud­stad woon en die kom­mu­ni­ka­sie vir die F­ree Will-veld­tog help be­har­tig het, en haar seun, Me­a­gel.

“Dit was on­be­skryf­lik,’’ ver­tel Wil­li­am, “jy kom deur ’n stryd waar jy nie ge­weet het of jy gaan oor­leef nie, en hier is jy skie­lik by jou vier­ja­ri­ge k­lein­seun wat jy nog nooit ge­sien het nie.”

Op 77 kon sy ma, Myrt­le, nie Jo­han­nes­burg toe vlieg vir die her­ont­moe­ting nie. Maar sy was op die lug­ha­we in Kaap­stad toe hy die vol­gen­de dag hier land.

Tra­ne blink in haar oë: “Ek het nie ge­dink ek sou hom weer sien nie. Dit was ver­skrik­lik; din­ge het ge­beur wat jou hoop ge­gee het, maar dan sou al­les skie­lik weer wees soos dit was.”

Toe hy eindelik voor haar staan, was sy oor­stelp. “Ek het ge­weet my seun het ge- wel­di­ge deur­set­tings­ver­moë, maar dit was soos ’n nim­mer­ein­di­gen­de sto­rie.”

Huis­ge­noot het vroe­ër van­jaar ver­tel van die hart­roe­ren­de vi­de­o­bood­skap wat Wil­li­am se 11-ja­ri­ge dog­ter, Ja­ni­ce, die jong­ste van sy vyf kin­ders, aan hom ge­stuur het kort na­dat hy ter dood ver­oor­deel is. “Ek mis pa. Ek is lief vir jou. Ek huil vir pap­pa. Maar ek is se­ker pa huil vir my ook,” het sy laat weet.

Oor haar en haar ma, Sa­na, sy vrou van wie hy die af­ge­lo­pe ses jaar ver­vreem is, wou hy nie in dié sta­di­um met Huis­ge­noot praat nie, maar hy sê hy het die vo­ri­ge dag met Sa­na ge­praat.

IN AAN­HOU­DING het hy har­de be­ne ge­kou. In die Blue Hou­se het hul­le “my een­kant in ’n ka­mer op ’n vloer ge­sit. Dit is soos die Ge­sta­po, ’ n kom­bi­na­sie van Vlak­plaas en John Vor­ster­plein,’’ sê hy. “Die na­si­o­na­le in­tel­li­gen­sie steur hul­le aan geen wet nie. Jy is aan hul­le uit­ge­le­wer, mag­te­loos. Hul on­der­vra­gings me­to­de sis pa­te­ties, maar wreed, good c op, bad c op. Hul­le sal jou klap en skop.”

Hul­le wou hom ’n be­ken­te­nis laat on­der­te­ken waar­in hy die vin­ger wys na Ma­char en het hom met geld pro­beer om­koop, be­weer Wil­li­am, maar hy wou hom nie in die rug steek nie.

“Ek is op­ge­lei om se­ke­re din­ge te han­teer, maar jy kan nooit reg­tig vir die werk­lik­heid op­ge­lei word nie.”

Om­dat die Blue Hou­se ’ n “aan­hou­dings­plek” is en nie ’n tronk nie, word niks aan ge­van­ge­nes ver­skaf nie. “As jy nie men­se het wat jou van bui­te af on­der­steun nie, het jy niks.”

Sy fa­mi­lie het deur die Suid-A­fri­kaan­se am­bas­sa­de vir hom geld ge­stuur vir kos en ’n paar an­der ba­sie­se le­wens­mid­dels.

“Die toe­stand in die sen­tra­le ge­van­ge­nis was ba­sies. Dit was nie mis­han­de­ling nie, maar die hulp­bron­ne was ui­ters be­perk,” ver­tel hy. Hy het meer as 20 kg in aan­hou­ding ver­loor. “Jou daag­lik­se di­eet was by­voor­beeld ’n be­ker rooi bo­ne en pap. Ek het soos ’n be­sem­stok ge­lyk.”

Ma­la­ria het hom meer as een keer plat­ge­trek. Een­keer het hy reg­tig ge­dink “dis ver­by” toe hy in ’n waas van ma­la­ria met kom­pli­ka­sies op ’n tronk­dok­ter se vloer lê. Dié het die tronk­hoof ge­bel en ge­sê Wil­li­am is ster­wend. Die hoof se re­ak­sie was: “Los hom dat hy dood­gaan.”

Sy be­ne het in ’n sta­di­um so op­ge­swel dat hy nie kon loop nie. “Die re­ak­sie wat ek ge­kry het: ‘Soms is pyn goed vir jou.’ ”

Ty­dens ’n he­pa­ti­tis-uit­braak is hy en ’n paar an­der ge­van­ge­nes aan­ge­hou saam met ie­mand wat MIV, si­fi­lis en he­pa­ti­tis B het. Die man het “bloed op die bad­ka­mer­vloer op­ge­gooi. Ek het weens in­sek­by­te won­de aan my voe­te ge­had, maar moes kaal­voet op die vloer loop.”

Hoe het hy staan­de ge­bly? Ge­loof in hom­self, re­spek en lo­ja­li­teit, be­gin­sels waar­aan hy deur die ja­re as sol­daat ge­trou ge­bly het, het help keer dat sy aan­hou­ding hom knak. “Wat ook al met jou ge­beur, jy moet al­tyd weer jou men­se in die oë kan kyk.” Die steun van sy men­se hier het hom deur­ge­dra. Sy fa­mi­lie het on­der meer toe­ge­sien dat hy regs­ver­teen­woor­di­ging het.

Wil­li­am meen op po­li­tie­ke vlak was Ma­char, wat nou as waar­skyn­li­ke ad­junk­pre­si­dent na Suid-Soedan te­rug­ge­keer het, die sleu­tel­fi­guur ag­ter sy vry­la­ting. Hy het ge­wei­er om Suid-Soedan se groot vre­des­vie­ring by te woon voor Wil­li­am en Ja­mes vry­ge­laat is.

Wil­li­am is steeds po­si­tief teen­oor Suid-Soedan en sy gas­vrye men­se. Ma­char het hom reeds ge­bel en ge­sê hy het hom no­dig, ver­tel Wil­li­am. As sy raad­ge­wer sal hy on­der meer met plan­ne vir die in­te­gra­sie van die re­bel­le­mag­te by die Suid-Soe­dan­se weer­mag moet help.

“Nou ge­niet ek die bui­te­lug en om ont­span­ne en nor­maal te wees.”

Met ’n ky­kie in ma Myrt­le se rig­ting sê hy: “Iets wat ek ver­al daar an­der­kant ge­mis het, was my ma se braai­boud.”

‘Die tronk­hoof se re­ak­sie was: Los hom dat hy dood­gaan’

HOOFFOTO: Vei­lig te­rug. ’n Op­ge­ruim­de oud­kol. Wil­li­am End­ley tuis by sy fa­mi­lie in Kaap­stad. HEEL BO: In die hoog­ge­regs­hof in Ju­ba ty­dens sy ver­hoor, wat skerp kri­tiek ont­lok het. BO: In die be­rug­te Blue Hou­se-aan­hou­dings­plek in Suid-Soedan.

Wil­li­am by sy ma, Myrt­le, en suster, C­har­mai­ne Quinn, by C­har­mai­ne se huis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.