So leef vrou ge­son­der ná di­a­be­tes­skok

Toe sy be­sef sy sou bin­ne­kort di­a­be­tes op­doen, was dit die wek­roep wat Tra­cey-Lee Lus­ty haar lewe in her­o­ën­skou laat neem het

Huisgenoot - - Inhoud - Deur MARELIZE POTGIETER

SY WOU dit nie weet nie, maar sy was be­sig om haar­self dood te maak. Diep on­ge­luk­kig, on­ge­sond en baie oor­ge­wig is Tra­cey-Lee Lus­ty (27) twee jaar ge­le­de dok­ter toe met ’n win­ter­ver­koue wat net nie wou wyk nie. Maar p­leks van ’n voor­skrif en die troos waar­na sy so ge­smag het, het die ge­nees­heer har­de woor­de laat val en haar oor haar ge­wig aan­ge­spreek en so ’n keer­punt in haar lewe ge­bring.

“Ek kan nie pre­sies ont­hou wat hy ge­sê het nie,” ver­tel Tra­cey. “Maar dit was iets soos: ‘Ek is nie ver­baas nie.’ Hy was nie ver­baas dat ek siek is nie en ook nie dat ek suk­kel om ge­sond te word nie.”

Tra­cey kyk stip voor haar toe sy aan dié dag twee jaar ge­le­de dink.

“Ek was baie on­ge­sond en het ge­weet

wat hy be­doel,” er­ken sy dan.

Sy het in daar­die sta­di­um 114 kg ge­weeg en was in­su­lien­weer­stan­dig. As daar nie ’n in­gry­ping sou kom nie, sou sy heel waar­skyn­lik ti­pe 2-di­a­be­tes ont­wik­kel. Ti­pe 2-di­a­be­tes is ’n af­wy­king van die me­ta­bo­lis­me en word deur hoë bloed­glu­ko­se ge­ken­merk. Dit is die ge­volg van ’n aan­tal leef­styl­fak­to­re, on­der meer swak eet­ge­woon­tes, ’n ge­brek aan lig­gaam­li­ke ak­ti­wi­teit en vet­sug. Dié toe­stand, het sy gou be­sef, sou haar voor­land wees as sy nie haar leef­styl ver­an­der nie.

Toet­se het ook be­ves­tig sy het hoë bloed­druk en hoë cho­les­te­rol.

Maar waar die ge­kwa­li­fi­seer­de pro­ku­reur, ’n prag­ti­ge bru­net met gol­wen­de lang ha­re en a­man­del­vor­mi­ge bruin oë, van­dag in die be­si­ge re­stau­rant in Groen­punt, Kaap­stad, sit, is geen te­ken van die jong vrou wat sy be­skryf nie.

Des­tyds moes sy haar voe­te saans in En­gel­se sout week om­dat dit so ge­kneus was weens al die ekstra ge­wig wat sy saam­ge­dra het. Wan­neer sy ’n ent­jie ge­stap het, kon sy nie op­hou sweet nie, en wan­neer sy saam met kli­ën­te hof toe ge­stap het, was sy so uit­a­sem, sy kon nie met hul­le ’n ge­sprek voer nie.

Maar se­dert daar­die dag in die dok­ter se spreek­ka­mer in 2016 kon sy dit reg­kry om haar leef­styl dras­ties te ver­an­der en haar wel­stand te red. Sy het 26 kg ver­loor en is nou, op 88 kg, die toon­beeld van ge­sond­heid. Sy is fiks, sterk en nie meer in­su­lien weer­stand i g nie.

Drie dae ná die dok­ters­be­soek het sy op die aan­lyn af­rig­ter Jack Lot­ter, ei­e­naar van S­her­iff Trai­ning Sys­tems, af­ge­kom. Jack het vir haar ’n eet- en oe­fen­pro­gram uit­ge­werk, en van toe af het sy nog nie een keer te­rug­ge­kyk nie.

Deel van Tra­cey se nood­plan was die In­sta­gram­pro­fiel @Fit­ness­gi­r­l_­za, wat sy ge­skep het om haar­self aan­spreek­lik te hou. Op dié pro­fiel het­sy haar ge­wigs­ver­lies rei smet bru­ta­le eer­lik­heid ge­deel. Hier het sy ook haar vre­se, vreug­des en te­leur­stel­lings ge­do­ku­men­teer. Men­se het so­veel aan­klank daar­by ge­vind dat haar vol­ge­lin­ge teen die spoed van lig toe­ge­neem het. Teen druk­tyd het sy meer as 16000 vol­ge­lin­ge op dié so­si­a­le me­di­a­plat­form ge­had.

En om die kroon te span, het die ki­lo’s ook be­gin weg­smelt . . .

TRA­CEY het haar lewe lank ge­suk­kel om ge­wig te ver­loor; haar eer­ste her­in­ne­ring aan ’n di­eet­plan was toe sy se­we jaar oud was. Van toe af was sy vas­ge­vang in ’n wip­wa­rit met die skaal, want haar ge­wig het ge­klim­tol.

Haar he­le fa­mi­lie is van na­tu­re taam­lik k­lein ge­bou, en sy glo die groot­ste by­dra­en­de fak­tor tot haar ge­wig was die ge­brek aan goeie leef­styl­keu­ses. “My ou­ers het nie eint­lik daar­op aan­ge­dring dat ons groen­te eet nie. My por­sie­groot­tes was van kleins af bui­te be­heer, en ek het my­self ver­sa­dig ge­ëet aan kool­hi­dra­te en pro­te­ïen p­leks van groen­te.”

Dié pa­troon het nooit ver­an­der nie, en toe Tra­cey in 2015 ná u­ni­ver­si­teit met haar klerk­skap be­gin, het sy skie­lik baie vry­heid ge­had. En haar kan­toor was om­ring deur ’n groot ver­skei­den­heid re­stau­ran­te.

“Ek het as’t wa­re van re­stau­rant tot re­stau­rant ge­le­we. Klerk­skap is baie stres­vol, en saans het ons ge­reeld saam met vrien­de uit­ge­gaan en ge­kui­er. Ek het baie ge­drink. Soms twee, drie keer per week.

“Ty­dens jou klerk­skap hard­loop jy heel­tyd rond. My lig­gaam kon nie meer die ge­wig han­teer nie, want ek het so te sê ’n he­le ekstra mens saam­ge­dra.”

Son­der skroom ver­tel sy hoe ’n ti­pie­se dag se eet­pa­troon in dié dol­le tyd ge­lyk het: “Ek sou die og­gend ’n baie o­lie­ri­ge ont­byt met wor­sies, spek en ei­ers eet. Drie of vier ei­ers en drie snye roos­ter­brood met ekstra spek en wor­sies.

“Twee uur later sou ek weer hon­ger wees en iets soos ’n sjo­ko­la­de of die een of an­der sta­fie of dro­ë­vrug­te eet. Mid­dag­e­te was’ n wit­brood toe­brood­jie of hoender vou pak­kie saam met’ ns moot h i e. Van­dag weet ek ’n smoo­thie is ’n maal­tyd op sy eie en ’n vou­pak­kie is ’n he­le maal­tyd. Jy eet nie al­bei nie.

“Teen vier­uur sou ek ’n kop­pie tee drink met ’n koe­kie of twee of be­skuit daar­by, en in die aand het ek saam met vrien­de uit­ge­gaan, vier gla­se wyn ge­drink en iets soos ’n piz­za ge­ëet. Daar was net geen self­be­heer­sing nie.”

Toe sy Fit­ness­gi­rl be­gin, moes sy haar­self af­vra hoe­kom dié keer an­ders sal wees as al die vo­ri­ge ke­re dat sy op ’n di­eet was en nie suk­ses kon be­haal nie. “Ek het ge­weet dié keer doen ek dit vir my­self. Voor­heen was dit vir ’n kê­rel of ’n v­riend of ie­mand wat ek wou be­ïn­druk, of dit was om­dat ek soos ie­mand wou lyk. Dit was nooit vir my­self nie.”

Dit het haar per­spek­tief ge­gee, en skie­lik was sy elke og­gend vyf­uur op om die oe­fe­nin­ge te doen wat Jack aan­lyn met

(Blaai om)

(Van vo­ri­ge blad­sy)

haar ge­deel het. En sy het elke maal­tyd self be­rei so­dat sy kon se­ker wees wat sy eet.

“Ek was toe­ge­wyd. Ek het ge­weet ek moet my lewe ver­an­der en my­self red, an­ders sou ek op 26-ja­ri­ge ou­der­dom met di­a­be­tes in die hos­pi­taal be­land. Dit was nie wat ek wou hê nie, ver­al nie as ek dit kon ver­help nie.”

DEES­DAE volg sy ’n di­eet met min kool­hi­dra­te, maar se­dert sy die mees­te van haar oor­tol­li­ge ge­wig af­ge­skud en haar ge­sond­heid ge­red het, gun sy haar­self meer vry­heid oor kos­keu­ses.

Sy be­gin sog­gens met ’ n pro­te­ïen­dran­kie en eet dan laat­og­gend ’n o­me­let met ei­er­wit, ta­ma­tie en sam­pi­oe­ne. Mid­dag­e­te is ’n slaai met ’n pro­te­ïen daar­by. Voor haar oe­fen­ses­sie in die aand nut­tig sy iets na ge­lang van die in­ten­si­teit van die ses­sie wat sy be­plan, ge­woon­lik ’n pro­te­ïen­dran­kie of ’n hal­we pie­sang.

Ná haar oe­fe­ning eet sy al­tyd ’n bie­tjie kool­hi­dra­te, soos ’n rys­koe­kie met grond­boon­tjie­bot­ter, en vir aand­e­te is dit weer ’n pro­te­ïen­por­sie en groen­te.

Tra­cey sê in die ja­re voor sy by die keer­punt ge­kom het, het sy in ont­ken­ning oor haar ge­wig en swak ge­sond­heid ge­le­we.

“Wan­neer ek in die spie­ël ge­kyk het, het ek nie ge­dink ek is reg­tig so groot soos ek ge­lyk het nie. In ’n kle­re­win­kel sou ek ’n kle­ding­stuk aan­pas wat ek ge­dink het sou pas, en wan­neer dit nie het nie, het ek my­self oor­tuig dit was ‘net ’n k­lein snit’. Ek het ie­mand in my kop ge­sien wat ek nie eint­lik was nie; dit was net wan­neer ek foto’s van my­self ge­sien het dat dié il­lu­sie ver­dwyn het.”

Van­dag is nie ’n sweem­pie van die ou Tra­cey sig­baar nie. Haar vel gloei, haar ha­re is glad en ge­sond, en met haar hoë wang­be­ne is dit nie ver­ba­send dat sy pas ’n kon­trak vir mo­del­le met ’ n vol­ler fi­guur met die D&A-mo­del­a­gent­skap ge­sluit het nie.

Sy het in­tus­sen ook uit haar werk as pro­ku­reur be­dank en fo­kus nou daar­op om Fit­ness­gi­rl te om­skep in ’n plat­form wat an­der men­se kan help om hul leef­styl te ver­an­der en ge­son­der te lewe.

Haar raad aan an­der wat graag ’n ver­an­de­ring wil maak maar nie nood­wen­dig die wils­krag het nie, is om ’n lys van die goeie en sleg­te din­ge in jou leef­styl op te stel. Be­paal dan waar­mee jy ge­luk­kig is en be­sluit wat jy graag wil ver­an­der en hoe jy dit gaan doen.

“Ge­wigs­ver­lies is nie iets wat jy half­har­tig doen nie. Jy moet dit hoog op jou pri­o­ri­teits­lys sit en tyd op­of­fer om dit te doen.

“Vra jou af wat jy wil hê en wat die prys is wat jy daar­voor moet be­taal. Die prys is dalk ’n bie­tjie sweet en har­de werk, maar dit is die moei­te werd. As ’n uur se vroe­ër op­staan be­te­ken jou lewe kan ver­an­der, is dit eint­lik ’ n baie k­lein op­of­fe­ring om te maak.

“’n Won­der­li­ke ge­seg­de bly my al­tyd by: Dis­si­pli­ne is om iets te kies wat jy die graag­ste wil hê, lie­wer as iets wat jy op hier­die oom­blik wil hê.”

HOOFFOTO: Tra­cey-Lee Lus­ty het in 2016 haar leef­styl op sy kop ge­keer en is ge­luk­ki­ger as ooit. LINKS BO: Aan die be­gin van haar ge­wigs­ver­lies­reis en daar­na.

VOOR NOU

Oe­fe­ning is nou ’n on­ont­beer­li­ke deel van Tra­ceyLee se lewe.

Tra­cey-Lee voor sy haar lewe ver­an­der het. Sy sê sy is van­dag ’n heel an­der mens as die een op dié foto.

BO: Haar self­ver­troue is be­ter as wat dit ooit was. REGS: Boon­op is dit nou baie mak­li­ker vir haar om uit­rus­tings by­me­kaar te sit en daar­in goed te voel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.