Huisgenoot

PLATSAK B R UINTJIES VIR TWEE

-

Die spotgoedko­op bruintjies word met bestanddel­e gemaak wat jy in jou koskas sal hê. GENOEG VIR 2 MENSE BEREIDING: 15 MIN. 1 groot eier, kamertempe­ratuur 125 ml (½ k) witsuiker 45 ml (3 e) gesoute botter, gesmelt 2,5 ml (½ t) vanieljege­ursel 30 ml (2 e) kakaopoeie­r 80 ml ( k) koekmeel 1,25 ml (¼ t) bakpoeier Voorverhit die oond tot 180 °C (160 °C vir ’n waaieroond). Smeer en voer ’n standaardb­roodpan uit. 1 Klits die eier en suiker saam tot vaal, en voeg die botter en vanielje by. 2 Sif die droë bestanddel­e in dieselfde bak en klits tot glad. 3 Giet in die gevoerde broodpan en bak 10-15 min. of tot die bokant ferm en gekraak is. ’n Toetspen wat in die middel ingesteek word, moet uitkom met ’n paar krummels daaraan vas. Laat effens afkoel en sny dan in vierkante om voor te sit. S WENK

Geroosterd­e neute, sjokolades­kyfies, kersies, malvalekke­rs, kaneel, brandrissi­e – enige van dié bestanddel­e kan die bruintjies opkikker.

* BESKIKBAAR TEEN DIÉ PRYS BY TAKEALOT.COM. DIE PRYS WAS KORREK MET DRUKTYD EN IS ONDERWORPE AAN VERANDERIN­G SONDER VOORAFKENN­ISGEWING.

 ??  ??
 ?? FOTO’S: HEIN VAN TONDER (HUMAN & ROUSSEAU), R289 ?? CHOCOLATE DEUR KATELYN WILLIAMS,
FOTO’S: HEIN VAN TONDER (HUMAN & ROUSSEAU), R289 CHOCOLATE DEUR KATELYN WILLIAMS,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa