Huisgenoot

SPEELAFSPR­AKE: MOETS EN MOENIES OENIES

-

Jy gaan eindelik vir jou alleenkind ’n speelmaat oornooi, maar is onseker oor ’n paar dinge. Die kenners gee ’n paar riglyne:

Nooi ek net een maatjie op ’n slag, of meer as een?

Dit maak nie saak hoeveel jy nooi nie; laat jou kind self besluit.

Voor die tyd:

Gesels met jou kind voor die maat opdaag en praat oor hoe hulle die maat belangrik kan laat voel, wat hulle wanneer kan aanbied, en dink saam aan speletjies vir wanneer hul eie idees opraak. Pak die spesiale speelgoed wat jou spruit nie bereid is om te deel nie, dan saam weg.

Moet ek toesig hou of die kinders alleen los?

Bly in die nabyheid om seker te maak hulle is veilig, maar dit is beter om nie betrokke te raak nie.

Hulle lyk verveeld en opgeskeep met mekaar; moet ek ingryp?

Jy moenie ál die speletjies voorstel nie. Onthou, kinders leer deur te speel. Los hulle solank jy kan, soms moet kinders verveeld wees sodat hulle hul eie kreatiwite­it kan gebruik.

Hulle stry; ; wanneer is dit wys om in te meng?

Sodra die onenigheid in ’n slegsêery of afknouery ontaard.

Kan jy ’n sibbe ibbe of sibbes laat saamspeel? aamspeel?

Dit hang van die individuel­e kinders af of jy ’n boetie en sussie laat saamspeel. Gee die een wat die maatjie genooi het die mag om te sê hulle wil eers ’n bietjie alleen speel, en help hulle die boodskap bevestig.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa