Huisgenoot

SMS’E

-

Quinten Pendle se My Storie (24 Januarie) het my hart geroer. Met trane in my oë wat ná 75 jaar steeds goed kan sien, salueer ek hierdie dapper, eerlike en goeie man. Ek wil hardop skree: “Hier stap ’n ware man verby.” – BRENDA, MPUMALANGA

Aan die paramediku­s Wilma Liebenberg (Ek bid vir mense wat ek nie ken, 24 Januarie): Ons het onlangs twee keer nooddienst­e vir ons dogter benodig, en albei kere het die paramedici haar lewe gered. Dankie! – SUZIE VAN RENSBURG, KEMPTON PARK

Baie dankie vir die artikel oor Wilma Liebenberg (24 Januarie). Die werk van paramedici en ander nooddiensw­erkers kry nie genoeg aandag nie. Hulle word nie genoeg bedank nie. Hulle word soms nog beroof en aangerand ook. – LENI, SASOLBURG

Sonder Huisgenoot is my week leeg. Al is ek hoe besig, maak ek altyd tyd vir lees. Wanneer ek klaar gelees het, gee ek die tydskrif vir my suster se 13-jarige gestremde kleindogte­r wat nie kan loop nie. Huisgenoot is ’n lig in haar lewe. – LEONIE KRAFT, RAYTON

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa