Huisgenoot

WAT VAN MY GEWIG?

-

Dieetkundi­ges is dit eens dat meer vesel jou sal help gewig verloor. Omdat veselryke kos meer vullend is, kan dit jou eetlus in toom help hou.

“Dit neem ook langer om veselryke kos te kou; daarom is minder kos nodig om jou versadig te laat voel,” sê die dieetkundi­ge Gabrielle Lasker.

Maar dis belangrik om op die grootte van jou porsies te let, maan die dieetkundi­ge Lauren Moore. “Selfs die gesondste kos kan ongesond word as jy te veel daarvan eet. Dieselfde geld vir veselryke kosse – jy moet steeds sorg dat jy jou porsie koolhidrat­e beheer deur jou maaltye te balanseer.”

Sy stel voor dat jy veselryke koolhidrat­e met maer proteïene, gesonde vetbronne en groentepor­sies kombineer sodat jy soveel moontlik voedingsto­wwe kan inkry en die porsiegroo­ttes kan beheer.

Volgens Lerato Radebe van die Vereniging vir Dieetkunde in Suid-Afrika moet jy elke dag die volgende inneem:

minstens twee porsies vrugte en drie porsies groente (waarvan een ½ koppie gekookte groente is en nog een 1 koppie rou groente);

sowat drie porsies volgraanko­sse (waar een porsie 1 sny brood is of ½ koppie gekookte graankosse); twee porsies neute en sade; en een porsie porsiepeul­plante. peulplante. (waar 1 porsie 1/3 koppie gekookte peulplante is) c – cup/s

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa