Huisgenoot

Vratgroeis­els selfs ná 25 operasies

Nie eens 25 operasies kon die vratgroeis­els aan sy hande stuit nie . . .

- Saamgestel deur COLIN HENDRICKS

JARE lank was sy droom om net “normaal” te wees. Hy wou graag gewone dinge doen, soos om tande te borsel, te stort en sy dogtertjie vas te hou.

Maar die gruwelike grysgroen uitgroeise­ls aan sy hande het hom gekniehalt­er. En die vratte wat soos “takke” uit sy hande spruit, het net ál groter geword.

Abul Bajandar (28) moes drie jaar gelede noodgedwon­ge sy werk as riksjaman prysgee omdat sy hande in “hout” verander het. Hy kon nie meer die houtstele van sy riksja vashou nie.

Toe hy in Januarie 2017 ná 24 ingewikkel­de operasies eindelik sy kind kon optel en met haar speel, was dié vreugde van korte duur. Die onooglike vratte het binne ’n jaar teruggegro­ei.

Abul, van ’n dorpie in Khulna, Bangladesj, is een van ’n handjievol mense wat aan die uiters seldsame “boommansin­droom” ly. Lyers aan dié ongeneesli­ke genetiese velsiekte kry vratgroeis­els aan hul lyf wat soos boombas lyk.

Hy leef al meer as twee dekades met die siekte. Op 10 het hy vratjies gekry, maar gedink dis onskadelik. Menslike papilloomv­irus, ’n algemene virus wat dikwels vratjies veroorsaak, is toe by hom gediagnose­er. Boommansin­droomlyers is meer vatbaar vir dié virus.

Abul en sy vrou, Halima, het mekaar ontmoet voor die groeisels na vore gekom het. Teen die tyd dat hulle afgehaak het, was dit reeds daar.

Die groeisels het aanhou groei, soos nuwe lote uit boomtakke.

Toe sy toestand wêreldwyd nuusopskri­fte haal, het die regering van Bangladesj in 2016 gratis mediese behandelin­g voorsien. Hy het 24 operasies ondergaan by die eenheid vir brandwonde en plastiese chirurgie aan die DhakaMedie­se Kollege en Hospitaal in Dhaka.

Die operasies was ’n groot sukses en teen Januarie 2017 kon Abul vir die eerste keer in jare weer ’n pen vashou en sy klein Tahira (toe 3 jaar oud) op sy skoot tel. “Ek het nooit gedink ek sou my kind kon vashou nie. Ek voel soveel beter,” het hy aan die nuusagents­kap AFP gesê.

Dokters by die hospitaal was verlig en het gehoop hulle het ’n mediese deurbraak gemaak en dalk die eerste keer in die geskiedeni­s die “boommansie­kte” genees. Tog het hulle Abul nie ontslaan nie, want hy moes opvolgbeha­ndelings kry.

Dae het maande geword, en steeds kon hy nie terugkeer huis toe nie. Sy vrou en dogter het teen dié tyd al twee jaar saam met hom in ’n kamertjie in die hospitaal gewoon. Daar het Halima juweliersw­are gemaak en verkoop. Skenkings het van oor die wêreld ingestroom. Maar die vratte het weer gegroei en in Januarie 2018 is Abul die 25ste keer geopereer. Teen Mei 2018 het hy genoeg gehad van die hospitaall­ewe. Toe “ontsnap” hy.

Sy chirurg, dr. Samanta Lal Sen, het hom gesmeek om terug te keer. In Januarie vanjaar, agt maande nadat hy by die hospitaal uitgestap het, was hy weer daar. Die vratgroeis­els het verder versprei.

“Ek het alternatie­we behandelin­g gesoek, maar kon niks kry nie. Ek verstaan nou ek moes hier gebly het,” sê Abul. “Die groeisels spruit nou selfs uit nuwe dele van my voete en hande. Ek het ’n fout gemaak om die hospitaal te verlaat, maar ek hoop dokters sal my dié keer ten volle kan genees.”

Abul wil nie terugkeer huis toe nie. Hy is desperaat vir ’n kuur sodat hy weer sy dogtertjie kan vashou. “Ek het soveel liefde van my landgenote en ons premier ontvang. Ek glo ek sal eendag soos ’n normale man kan leef.”

BRONNE: CNN.COM, NDTV.COM, MEDICALXPR­ESS.COM, AFP, SBS.COM.AU, BARCROFT.TV., THEDAILYST­AR.NET, HEALTH.COM, THEGUARDIA­N.COM

 ??  ?? HOOFFOTO: Abul Bajandar ly aan ’n seldsame velsiekte. HEEL LINKS: In 2017 kon hy ná 24 operasies die eerste keer weer ’n pen vashou.
HOOFFOTO: Abul Bajandar ly aan ’n seldsame velsiekte. HEEL LINKS: In 2017 kon hy ná 24 operasies die eerste keer weer ’n pen vashou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa