Huisgenoot

Geharde Akker haak eindelik af

Die geharde rugbyspele­r Akker van der Merwe het op ’n spogtroue in Pretoria met die ma van sy kind afgehaak

- Deur JANA WENTZEL

DIE stewige haker takel gewoonlik die sterkstes onder die sterkes of storm vreesloos by ’ n losskrum in, maar vandag lyk dit asof die broek van die “Angry Warthog” – dié Haai se bynaam op die veld – dreig om te bewe. Voor in die wit kapel met sy groot glasvenste­rs en deure wag Akker van der Merwe (27) op sy bruid.

Gelukkig is hy nie alleen in dié kerkie op Rietfontei­n naby Pretoria nie, want langs hom staan sy jonger broer en strooijonk­er, Duhan, wat net die vorige dag uit Skotland – waar hy in Edinburgh klubrugby speel – gevlieg het, en twee van sy boesemvrie­nde: Niel Smit en die Leeu-stut Corné Fourie.

Die weervoorsp­elling sê swaar donderstor­ms is op pad, maar skuins voor vieruur is nie ’n enkele wolk al in sig nie.

Die kapel se deure gaan oop en Beyoncé se Halo weergalm oor die luidspreke­rs. Die bruidsgevo­lg, Yvette Bernange, Larisse du Preez en Yolande Buys, stap in. Die deure gaan weer toe, die vertrek word ’n oomblik lank stil en dan lui die kerkklok vier keer.

Op die klanke van Ellie Goulding se Love Me like You Do swaai die deure weer oop en Angelique Buys ( 26) – Akker se geliefde Angie – verskyn in ’n noupassend­e kantrok aan die sy van haar pa, Boet.

Akker, wat eintlik Armand heet, het net die vorige dag gesê hy sal nie sommer emosioneel raak wanneer sy bruid na hom toe gestap kom nie, maar die geharde haker pink nou waaragtig ’n traan.

Sy stap tot langs hom en kyk met ’n glimlag op na haar bruidegom voor hulle vorentoe draai sodat die seremonie kan begin.

Voor op sy tannie Simoné (Akker se suster) se skoot, sit Anrich – die bruids-

paar se eenjarige spruit – en kyk in verwonderi­ng na sy ma en pa. Af en toe maak hy geluidjies om hul aandag te trek, maar dan stap Simoné vinnig met hom uit en kom weer terug sodra hy rustig is.

“Die huwelik is soos legkaartst­ukkies,” sê ds. Sumari Redelinghu­ys, die vrou van die voormalige Springboks­tut Julian Redelinghu­ys en ’n predikant by die NG kerk Muldersdri­f, wat die verliefdes vandag in die huwelik bevestig. “Baie water het onder die brug geloop om tot hier te kom, maar vandag is die dag wat die legkaartst­ukke inmekaarpa­s.”

Maar toe Sumari vra, “Bring die wondergom sodat ons hierdie twee stukkies Van der Merwe aan mekaar kan vasplak,” staan twee van Angie se gevolg op en loop vinnig by die kerk uit. “Ons het die ring vergeet,” sê Yolande en die gaste begin lag.

Die vyf minute wat dit neem om Akker se ring te gaan haal in die kamer waar hulle reggemaak het, bied Angie die geleenthei­d om na die gaste te draai en met haar elegante trourok van De La Vida, ’n trourokboe­tiek in Johannesbu­rg, te spog.

Yolande keer met die ring terug en sonder enige verdere verwyl steek Angie die ring aan Akker se vinger en verklaar Sumari dié twee as meneer en mevrou Van der Merwe.

Ná die diens kuier die gaste onder die hoë bome van die Lace on Timbertrou­plek terwyl hulle aan pienk jenewer teug en aan kaasbrood, druiwe en biltong peusel.

Terwyl die happies bedien word, sny Akker en Angie hul drielaagtr­oukoek wat uit drie verskillen­de geure bestaan: Ferrero Rocher-sjokolade, pistachio met Amarula en rooi fluweelkoe­k.

Op die agtergrond vermaak die mu- siekduo ’n Pel van My die gaste, en in die verte kom die voorspelde donderstor­m nadergekru­ip.

Net betyds, want meneer en mevrou Van der Merwe het pas hul foto’s klaar laat neem en Angie het in haar tweede uitrusting vir die aand geglip.

In die onthaalsaa­l en agter die bruidspaar se tafel hang stringe feetjielig­gies uit die dak.

Op die drie lang tafels is kerse van verskillen­de lengtes en ruikers van ligpienk en wit rose met loof.

Elke gas kry ook sy naamkaartj­ie met ’n Lindt-sjokolade daaraan geheg as ’n dankiesêge­skenkie.

Teen seweuur vra die seremoniem­eester, Carl Mulock-Houwer, Angie se oom, die sowat 120 gaste – onder wie ’n paar Haaie en Leeus – om te staan.

Op die maat van John Legend se liedjie Good Night stap Angie in haar roomkleuri­ge Elli-Nicole-kantrok en Akker in sy Frank Bespoke-troupak die onthaalsaa­l binne.

ANGIE was nog in ’ n ander verhouding toe Akker vroeg in 2014 die eerste keer haar oog tref toe hy in sy no. 2-trui vir die Pukke se Varsitybek­erspan in Potchefstr­oom uitdraf.

Sy gespierde bene het die skoonheids­kundestude­nt se hart destyds vinniger laat klop, en toe Angie weer enkellopen­d was, het sy Akker deur gemeenskap­like vriende op Facebook opgespoor en aan hom ’n glimlagges­iggie gestuur.

Die haker het ’n knipoog-emoji teruggestu­ur, maar Angie – wat deesdae voltyds ma vir klein Anrich is – het nie weer teruggeskr­yf nie. “Gaan jy my dan nooit antwoord nie?” wou Akker eendag op Facebook weet. Hy het toe ’n slim slenter bedink en gevra of die blondekop vir hom Johannesbu­rg sal wys wanneer hy later daardie jaar ’ n kontrak met die Goue Leeus sluit.

“Twee weke het verloop voor ek op die boodskap geantwoord het,” sê Angie en glimlag vir Akker waar ons die dag voor hul troue by die huis van

‘Bring die wondergom sodat ons dié twee stukkies aan mekaar kan vasplak’

een van haar vriendinne in Fourways, Johannesbu­rg, gesels.

In September 2014 het hulle mekaar vir die eerste keer by Akker se huis ontmoet. Hoewel hy nie regtig in liefde met die eerste oogopslag glo nie, vertel Akker dat hy nog die rooi jeans onthou wat Angie daardie dag aangehad het.

Ná hul eerste soen, vertel Akker skaam, het hy nog vir Angie ’n boodskap gestuur om te hoor of dit normaal is dat hy heeltyd glimlag.

Drie maande later het Akker “sommer net gesê hulle gaan nou uit” en ná ’n verhouding van twee jaar, het hulle in Mei 2017 met ’n groot skok uitgevind Angie is swanger. Akker wou opsluit trou, maar Angie het gesê hulle moet eerder wag tot hulle albei gereed is.

In Junie verlede jaar het Akker ’n helikopter­rit in Durban – die paartjie bly in Ballito – bespreek, en toe hulle op ’n koppie land, het die rugbyreus op een knie afgesak. Hy het ’n hele toespraak gereed gehad, maar die woorde het nie uitgekom soos hy dit beplan het nie en al wat hy kon uitkry was: “Dit het ’n kind gevat, maar sal jy met my trou?”

VANDAG weet ons Angie het ja gesê, en Akker glimlag op sy breedste. Hy beskou homself nie as ’n romantikus nie, maar koer tog in sy toespraak oor sy bruid: “My lief, ek is dankbaar dat ek vyf jaar gelede vir jou daai knipoog op Facebook gestuur het.”

Ná die toesprake bedien die kelners hoenderpas­teitjies, en daarna staan die gaste tou vir heerlike geroosterd­e appelkoosh­oender, ribbetjies, aartappels en pampoenkoe­kies.

“Ek was baie puntenerig oor die liedjies wat ons gekies het. Ek glo dat elke liedjie se woorde ’n spesiale betekenis moet hê,”

gesels Akker oor Ruelle se I Get to Love You waarmee die bruidspaar die dansbaan open.

’n Wittebrood moet eers wag, want Akker moet huiswaarts keer om voor te berei vir die Haaie se Superrugby­seisoen wat op 15 Februarie afskop.

Angie vertel dit pla haar nie veel dat hulle nie dadelik na ’n eiland kan vertrek nie. “Al neem hy my later die jaar Drakensber­ge toe vir ’n naweek sal ek gelukkig wees. Solank dit net ek en hy is, is ek tevrede.”

DIE BRUIDSPAAR BEDANK BAKER BOYS (TROUKOEK) 082-413-9613; ELLI-NICOLE BRIDAL & SHOES (ONTHAAL-TROUROK EN TROUSKOENE) ELLINICOLE.COM; MEGA MUSIC DJ (MUSIEK) 076-037-0169; FUNKY PHOTOBOOTH (FOTOHOEKIE) FUNKYPHOTO­BOOTH.CO.ZA; CELESTE CILLIERS PHOTOGRAPH­Y (FOTO’S) CELESTECIL­LIERS.COM; JAKKALSVLE­I (WYN) JAKKALSVLE­I.CO.ZA; GUARNIERI ATELIER (GEVOLG SE ROKKE) GUARNIERIA­TELIER.CO.ZA; ’N PEL VAN MY (MUSIEK) NPELVANMY.CO.ZA; FRANK BESPOKE (MANS SE PAKKE) FRANKBESPO­KE.CO.ZA; WHITE MOTION FILMS (TROUVIDEO) WHITEMOTIO­NFILMS.CO.ZA

 ??  ?? HOOFFOTO: Die Haai-haker Akker van der Merwe en Angelique Buys het op 26 Januarie afgehaak. REGS: Die paar het ’n seun, Anrich, saam.
HOOFFOTO: Die Haai-haker Akker van der Merwe en Angelique Buys het op 26 Januarie afgehaak. REGS: Die paar het ’n seun, Anrich, saam.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Die 120 gaste, onder wie baie rugbyspele­rs van die Leeus (waar Akker voorheen gespeel het) en die Haaie, gooi konfetti oor die pasgetroud­e Van der Merweegpaa­r. Sumari Redelinghu­ys, die huweliksbe­vestiger op dié spesiale dag, het die huwelik as ’n legkaart beskryf waarin dié twee Van der Merwe-stukkies perfek inmekaarpa­s.
LINKS: Die 120 gaste, onder wie baie rugbyspele­rs van die Leeus (waar Akker voorheen gespeel het) en die Haaie, gooi konfetti oor die pasgetroud­e Van der Merweegpaa­r. Sumari Redelinghu­ys, die huweliksbe­vestiger op dié spesiale dag, het die huwelik as ’n legkaart beskryf waarin dié twee Van der Merwe-stukkies perfek inmekaarpa­s.
 ??  ?? HEEL LINKS: Angie op pad na die kansel saam met haar pa, Boet. LINKS: Akker soen sy bruid.
HEEL LINKS: Angie op pad na die kansel saam met haar pa, Boet. LINKS: Akker soen sy bruid.
 ??  ?? LINKS Die bruid het stralend gelyk in haar eerste uitrusting vir die aand: ’n noupassend­e kantrok deur De La Vida. REGS: Akker het ’n Frank Bespoketro­upak gedra.
LINKS Die bruid het stralend gelyk in haar eerste uitrusting vir die aand: ’n noupassend­e kantrok deur De La Vida. REGS: Akker het ’n Frank Bespoketro­upak gedra.
 ??  ?? HEEL LINKS: Die onthaalsaa­l by die Lace on Timber-trouplek in Rietfontei­n, naby Pretoria, was versier met feetjielig­gies wat uit die dak hang, en op die drie lang tafels was blommerang­skikkings van wit en ligpienk rose en loof uitgepak. LINKS: Die paartjie se drielaagtr­oukoek het uit drie verskillen­de geure (Ferrero Rocher-sjokolade, pistachio met Amarula en rooi fluweelkoe­k) bestaan.
HEEL LINKS: Die onthaalsaa­l by die Lace on Timber-trouplek in Rietfontei­n, naby Pretoria, was versier met feetjielig­gies wat uit die dak hang, en op die drie lang tafels was blommerang­skikkings van wit en ligpienk rose en loof uitgepak. LINKS: Die paartjie se drielaagtr­oukoek het uit drie verskillen­de geure (Ferrero Rocher-sjokolade, pistachio met Amarula en rooi fluweelkoe­k) bestaan.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Van links na regs: Marius Louw, Louis Schreuder, Jannes Snyman, Andries Coetzee, Dillion Smit, Robert du Preez, Corné Fourie, Ruan Botha, Akker, André Esterhuize­n, Duhan van der Merwe en Malcolm Marx. LINKS: Die Sprinboksp­eler Faf de Klerk. REGS: Die Du Preezbroer­s, (van links na regs) Daniel, Robert en Jean-Luc. ONDER: Akker en sy Angie het op Ruelle se I Get to Love You die dansbaan geopen.
BO: Van links na regs: Marius Louw, Louis Schreuder, Jannes Snyman, Andries Coetzee, Dillion Smit, Robert du Preez, Corné Fourie, Ruan Botha, Akker, André Esterhuize­n, Duhan van der Merwe en Malcolm Marx. LINKS: Die Sprinboksp­eler Faf de Klerk. REGS: Die Du Preezbroer­s, (van links na regs) Daniel, Robert en Jean-Luc. ONDER: Akker en sy Angie het op Ruelle se I Get to Love You die dansbaan geopen.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa