Huisgenoot

BO ALLES, DIE LIEFDE

Gedurende die inperking is dit haar Timmy se liefde wat Demi-Leigh dra

- Saamgestel deur CHARLEA SIEBERHAGE­N-GREY

NIEMAND sou kon voorspel hul swierige troue sou een van die min glansgelee­nthede op die 2020-kalender wees nie. In die ses maande sedert hul mooiste dag moes die voormalige Mej. Heelal Demi-Leigh Nel-Peters en Tim Tebow nie net gewoond raak aan die getroude lewe nie. Hulle moes ook soos die res van die wêreld aanpas by die nuwe werklikhei­d nadat die covid-19pandemie die wêreld tot stilstand geruk het; ’n werklikhei­d waarin reis en glansgelee­nthede nie moontlik is nie.

Weg was die stralerjak­kerbestaan waaraan die paartjie so gewoond is danksy hul beroepe – sy as model en hy as bofbalspel­er – en die liefdadigh­eidswerk wat hulle doen. Skielik was dit net hulle, mnr. en mev. Tebow, tuis in hul nuwe woning op ’n gholflandg­oed in Florida.

Met die aanbreek van die inperking – ook hier in Suid-Afrika – het Demi-Leigh haar aanhangers in die sosiale media moed ingepraat. “Dis vreemde tye vir ons almal. So ek moedig julle aan om aan opbouende aktiwiteit­e deel te neem. Maak die beste van die tyd wat ons op hande het en versprei liefde en vreugde in jul virtuele gemeenskap­pe, want ons sal saam deur hierdie tyd kom.”

En dis presies wat die pasgetroud­es ook gedoen het. Hulle het gedurig prettige video’s geplaas waar hulle in die gimnasium oefen, dans of inspireren­de boodskappe met hul volgelinge deel.

“Ons speel ons gunsteling­bordspelet­jies, maak ons gunsteling­kos en luister na nuwe luisterboe­ke, geestelike dagstukkie­s en musiek,” het Demi op Facebook geskryf. “Ek het ook die tyd gebruik om planne te ontwikkel vir die projekte wat ek graag wil begin. Ek loop nou al te lank met idees rond, en dis tyd om dit ’n werklikhei­d te maak. Idees sonder enige aksie het geen waarde nie.”

Sy het ook kort voor haar 25ste verjaardag op 28 Junie haar voorkoms verander deur haar kenmerkend­e lokke in ’n splinternu­we, korter haarstyl te laat sny. “Ek droom al te lank daarvan om my hare te sny. Die lewe is te kosbaar om nie die dinge te doen wat jy graag wil doen nie,” skryf sy by ’n foto waar sy met die nuwe styl spog en uitbundig lag.

Met haar verjaardag verlede maand het gelukwensi­ngs van oor die wêreld ingestroom

 ??  ?? HOOFFOTO: Demi-Leigh, wat pas 25 jaar oud geword het, spog deesdae met ’n korter haarstyl. BO: Sy en manlief Tim Tebow is smoorverli­ef. REGS: Die twee by hul drie honde, wat as “The Tebow Pack” bekendstaa­n.
HOOFFOTO: Demi-Leigh, wat pas 25 jaar oud geword het, spog deesdae met ’n korter haarstyl. BO: Sy en manlief Tim Tebow is smoorverli­ef. REGS: Die twee by hul drie honde, wat as “The Tebow Pack” bekendstaa­n.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa