VAN DIE REDAKTEUR

Idees Onthaal - - Inhoud - S­maak­li­ke ete!

Die dae van vrag­te in­ko­pies in die bui­te­land is lank­al ver­by vir my. Daar is min wat ons nie ook by die huis kan kry nie en as ek ’n mooi fo­to van iets bui­ten­ge­woons ge­neem het, voel ek as­of ek dit reeds be­sit. Op my rei­se die laas­te ja­re is my kos­ba­re ran­de veel eer­der be­stee om die kul­tuur en ver­al die kos van an­der de­le van die wê­reld te waar­deer.

Die val van die rand is he­laas be­sig om ons selfs daar­die ple­sier te ont­neem. ’n Mens se ha­re rys be­hoor­lik as jy dink wat ’n glas wyn of ’n bord pas­ta jou gaan kos na­dat jy dit met twin­tig ge­maal het. So tot tyd en wyl my skip in­kom of die rand won­der­baar­lik her­stel, sal ek maar die wê­reld na my ta­fel toe moet bring.

Oor die af­ge­lo­pe drie of wat ja­re het ons kos­blaaie ver en wyd ge­reis om die heer­lik­ste kos en die mooi­ste dekor van an­der lan­de te ge­niet. Of jy dus ’n smaak het vir die kleur en byt van Suid-a­me­ri­ka, jou gas­te met Fran­se e­le­gan­sie wil ont­haal of stok­kies wil na­der trek vir ’n Oos­ter­se noe­del­fees – hul­le is al­mal hier, by­me­kaar in een heer­li­ke ont­haal-uitgawe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.