VIVE LA FRANCE!

SÊ 'BON­JOUR!' AAN DIE GEU­RI­GE KOS VAN DIE FRAN­SE MET HIER­DIE RO­JA­LE, RYK SPYS­KAART PERFEK VIR ENIGE SPESTALE OKKASTE.

Idees Onthaal - - Inhoud -

Sê ‘bon­jour’ aan die geu­ri­ge kos van die Fran­se met ’n ro­ja­le, ryk spys­kaart.

Skep die prent­jie

Ons het sag­te kleure soos pas­tel­pienk, room­wit en na­tuur­li­ke brui­ne ge­bruik om ’n e­le­gan­te ta­fel te dek. Ge­bruik pren­te van die in­ter­net om jou eie ta­fel­lo­pers, plek­mat­jies en ser­vet­rin­ge te druk. Kies mooi bor­de en k­noop stuk­ke lint in die kleure van die Fran­se vlag om die eet­ge­rei, en voi­là, jy is ge­reed vir jou gas­te.

Ta­fel­lo­pers

Ons het ons ta­fel­lo­pers uit vel­le bei­ge pa­pier ge­maak en die­self­de pa­pier vir die spys­kaar­te ge­bruik. Die de­li­ka­te sir­kel­ont­werp op die ta­fel­lo­pers dien ook as ‘on­der­bor­de’. Plak die ge­druk­te vel­le aan me­kaar met al­kant-kleef­lint.

Ser­vet­te

Ko­pi­eer ons pa­troon op blad­sy 99 op bei­ge kar­ton om hier­die on­ge­wo­ne ser­vet­hou­ers te maak. Draai die ser­vet om die hou­er en steek dit vas met ’n hoe­de­speld.

P­lek­kaart­jies

Kies ’n mooi il­lus­tra­sie en let­ter­ti­pe om p­lek­kaart­jies vir jou gas­te te maak. Ons het ons s’n op bei­ge kar­ton ge­druk, dit in vier­kan­te ge­knip en ge­steek in hout­ga­re­tol­le­tjies waar­in ’n groe­fie ge­sny is.

P­rei-en­bron­kors­sop

Ge­noeg vir: 6 Be­rei­dings­tyd: 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 50 mi­nu­te

160 g bron­kors (of ge­bruik helf­te

bron­kors, helf­te spi­na­sie), plus

ek­stra vir gar­ne­ring

45 ml bot­ter

300 g p­rei, goed af­ge­spoel en

in dun rin­ge­tjies ge­sny

1 li­ter hoen­der­af­trek­sel

2 mid­del­slag-aar­tap­pels, ge­skil en

in blok­kies ge­sny

500 ml melk

125 ml room, plus ek­stra vir gar­ne­ring

suur­le­moen­sap, na smaak

Fran­se ba­guet­te, ge­sny en ge­roos­ter

1 Ver­hit ’n mid­del­slag-ka­strol met wa­ter tot kook­punt. Voeg die bron­kors by en laat dit vir hoog­stens 2-3 mi­nu­te kook tot dit net-net ver­lep het. D­rei­neer die bla­re en sit dit da­de­lik in ’n bak met ys­wa­ter om heel­te­mal af te koel. Laat dit weer d­rei­neer, druk die ek­stra wa­ter uit en hou dit een­kant. 2 Ver­hit die bot­ter in ’n mid­del­slag­ka­strol. Voeg die p­rei en 1 ml sout by. Ver­hit dit vir 10 mi­nu­te oor lae hit­te tot die p­rei sag is. Voeg die af­trek­sel en aar­tap­pel by en ver­hit dit tot kook­punt. Laat dit vir 30 mi­nu­te son­der die dek­sel prut en roer dit af en toe.

3 Voeg die melk en bron­kors by, gooi dit oor in ’n ver­sap­per en ver­pulp dit tot die sop glad is. Gooi die sop te­rug in die ka­strol, voeg die room by en ver­hit dit weer. Voeg ’n skeut suur­le­moen­sap by en geur dit met sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per. Skep die sop in bak­kies, gar­neer dit met ’n bie­tjie room en ’n tak­kie vars bron­kors en sit dit voor met die sny­tjies ge­roos­ter­de ba­guet­te.

Bees­kor­t­rib in rooi­wyn

Ge­noeg vir: 6 Be­rei­dings­tyd: 1 uur, plus ma­ri­neer­tyd Gaar­maak­tyd: om­trent 4 uur Oond­tem­pe­ra­tuur: 160 oc

2 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­druk

2 tak­kies vars tie­mie

1 bot­tel (750 ml) droë rooi­wyn

3 lou­rier­bla­re

1 groot ui, ge­kap

2 sel­de­ry­ste­le, ge­kap

2 heel na­el­tjies

1,8 kg bees­kor­t­rib

50 ml son­ne­blom­o­lie

750 ml bees­vleis­af­trek­sel

250 g streep­spek, ge­kap

250 g sam­pi­oe­ne van jou keu­se, heel

(of mid­del­deur ge­sny in­dien dit

baie groot is)

12 ba­ba­wor­tels, ge­skil en ge­kook

tot dit net-net sag is

16 ba­ba-ui­tjies, ge­skil en ge­kook

tot dit net-net sag is

30 ml fyn­ge­kap­te plat­blaar­pie­ter­sie­lie

aar­tap­pels-bou­langè­re

(re­sep op blad­sy 72) en ge­stoom­de

groen­bo­ne, om voor te sit

1 Meng die knof­fel, tie­mie, wyn, lou­rier­bla­re, ui, sel­de­ry en na­el­tjies in ’n bak. Voeg die vleis by en meng dit deur. Sit dit vir 1-2 dae in die ys­kas om te ma­ri­neer.

2 Haal die bak uit die ys­kas wan­neer jy reg is om die vleis gaar te maak, maar laat dit eers staan om ka­mer­tem­pe­ra­tuur te be­reik. Ver­hit ’n swaar­boom­ka­strol of of oond­skot­tel oor ma­ti­ge tot hoë hit­te. Druk die vleis droog met kom­buis­pa­pier en be­hou die ma­ri­na­de. Gooi ’n bie­tjie van die o­lie in die warm ka­strol en braai ’n paar stuk­ke vleis op ’n slag tot dit al­kant mooi bruin is. Skep dit uit en hou dit een­kant. Her­haal die pro­ses met die o­ri­ge o­lie en vleis. 3 Gooi die ma­ri­na­de in die oond­skot­tel en ver­hit dit saam met die af­trek­sel tot dit be­gin kook. Skep die stuk­ke vleis by. Sit eers ’n dub­bel­laag was­pa­pier bo-op en dan die dek­sel. Laat die meng­sel vir om­trent 3 uur baie sta­dig oor lae hit­te prut tot die vleis sag is. 4 Ver­wy­der die dek­sel en was­pa­pier. Skep die stuk­ke vleis oor in ’n skoon oond­roos­ter­bak of oond­vas­te kas­se­rol­bak. Voeg die spek, sam­pi­oe­ne, wor­tels en ba­ba-ui­tjies by en sit dit een­kant. 5 Ver­wy­der die mees­te vet op die op­per­vlak van die kook­vloei­stof. Gooi die kook­vloei­stof deur ’n sif en ver­hit dit tot kook­punt. Laat dit vir om­trent 15 mi­nu­te af­kook tot die vloei­stof ef­fens dik­ker is. Gooi die sous oor die vleis en groen­te in die bak en be­dek dit. Bak dit vir 30 mi­nu­te in die ver­hit­te oond of tot al­les perfek sag is. Voeg die pie­ter­sie­lie by en geur dit na smaak. Sit die bre­die voor saam met die aar­tap­pels­bou­langè­re en groen­bo­ne.

Aar­tap­pels­bou­langè­re

Ge­noeg vir: 6 Be­rei­dings­tyd: 20 mi­nu­te Bak­tyd: 1 uur Oond­tem­pe­ra­tuur: 180 oc

50 ml bot­ter

1 kg aar­tap­pels, ge­skil en in dun sky­fies

ge­sny (ver­kies­lik ’n was­ag­ti­ge va­ri­ë­teit

soos Mon­di­al)

2 uie, ge­hal­veer en in dun sky­fies ge­sny

vars tie­mie

500 ml groen­te- of hoen­der­af­trek­sel

50 ml ge­ras­per­de par­me­saan­kaas

1 Smeer ’n oond­bak met van die bot­ter. Pak die aar­tap­pel- en ui­e­sky­fies in lae in die bak en s­prin­kel ’n bie­tjie tie­mie tus­sen die lae. 2 Giet die af­trek­sel oor die aar­tap­pels en stip dit met die o­ri­ge bot­ter. 3 Be­dek die bak met foe­lie en bak die aar­tap­pels vir 30 mi­nu­te in die ver­hit­te oond. Ver­wy­der die foe­lie en s­prin­kel die par­me­saan­kaas oor. Sit dit te­rug in die oond en bak dit vir nog 30 mi­nu­te of tot die aar­tap­pels deur­gaar en die kaas ge­smelt en goud­bruin is.

Pruim-tar­te ta­tin

Ge­noeg vir: 6-8 Be­rei­dings­tyd: 40 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: om­trent 45 mi­nu­te Oond­tem­pe­ra­tuur: 190 oc

150 g strooi­sui­ker

50 g bot­ter

750 g prui­me, in kwar­te ge­sny en

pit­te ver­wy­der

1 rol ge­koop­te blaar­deeg

ge­klits­te room of va­niel­je­room­ys,

om voor te sit

1 Ver­hit die sui­ker oor lae hit­te in ’n oond­vas­te pan. Draai en kan­tel die pan ef­fens wan­neer die sui­ker be­gin op­los, maar moe­nie dit roer nie. 2 Voeg die bot­ter by wan­neer die sui­ker op­ge­los het en ’n goue kleur kry. Draai en kan­tel weer die pan en laat dit vir 2 mi­nu­te oor ma­ti­ge hit­te prut. 3 Voeg die prui­me by die ka­ra­mel in die pan en haal dit van die plaat af. 4 Sny die blaar­deeg in ’n sir­kel wat ef­fens gro­ter as die pan is. Sit die deeg oor die prui­me en druk dit ef­fens af om die ran­de so­dat die prui­me heel­te­mal toe­ge­maak is. 5 Sit die pan in die ver­hit­te oond en bak dit vir om­trent 30 mi­nu­te tot die deeg op­ge­pof, goud­bruin en bros is.

6 Haal die pan uit die oond en laat dit vir 10-15 mi­nu­te een­kant staan om ef­fens af te koel. Hou ’n bord oor die pan en keer dit vin­nig om. Werk ver­sig­tig wan­neer jy die pan ver­wy­der. 7 Sit sky­we van die tert voor met ’n skep styf­ge­klits­te room of va­niel­je­room­ys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.