PADKAFEE-KOS

VIER FEES SOOS IN DIE 1950'S MET 'N NOSTALGIESE RE­TRO-ETE WAT DEU A­ME­RI­KAAN­SE 'DI­NER'-PADKAFEES GEÏNSPIREER IS. WIE KAN BUITENDIEN 'N SAPPIGE TUISGEMAAKTE BURGER OF 'N DIK MELKSKOMMEL WEERSTAAN?

Idees Onthaal - - Inhoud -

Raak nos­tal­gies met ’n A­me­ri­kaan­se ‘di­ner’-styl ete uit die 1950’s.

Skep die prent­jie

Ge­bruik re­tro-padkafee-e­le­men­te soos ’n ou blêr­kas en speel met room­ys­kleu­re, rooi en sil­wer om die El­vis-era vas te vang. Rock-en doo-wop-mu­siek is al wat ver­der no­dig is om die par­ty­tjie aan die gang te kry!

pie­ter­sie­lie

Spys­kaart

Maak ’n lek­ker ver­skei­den­heid toe­brood­jies of ham­bur­gers (of al­bei, na ge­lang van hoe­veel gas­te jy nooi). As die weer saam­speel, kan jy die bur­gers oor die ko­le roos­ter. Sit bak­kies met ek­stra be­stand­de­le uit so­dat jou gas­te self kan be­sluit wat hul­le op hul burger wil hê. Sit die bur­gers voor met slap­tjips en ui­e­rin­ge. Vir die na­ge­reg kan jy self be­sluit of jy net een gaan maak, of an­ders kan jy jou gas­te die keu­se gee om een van die drie na­ge­reg­te te be­stel.

Uit­no­di­gings

Soek vir mooi kar­does­sak­ke en vul dit met mal­va­lek­kers of an­der lek­ker­goed. Tik of skryf die be­son­der­he­de van die par­ty­tjie op pa­pier, knip dit uit en plak dit op die sak­kies vas. Ver­sier dit ver­der met ’n hand­ge­maak­te e­ti­ket en lint wat daar­by pas.

Bief­bur­gers

Maak: 6-8 Be­rei­dings­tyd: 15 mi­nu­te, plus ys­kas­tyd Gaar­maak­tyd: so­wat 15 mi­nu­te

20 ml o­lyf­o­lie

1 ui, fyn­ge­kap

750 g bees­maal­vleis

5 ml Fran­se mos­terd

’n hand vol ge­kap­te plat­blaar-

15 ml dik ta­ma­tie­sous

1 groot ei­er­geel

ham­bur­ger­rol­le­tjies

ma­yon­nai­se

blaar­slaai en ta­ma­tie (of een van die

vul­sels op blad­sy 42), om voor te sit

slap­tjips en ui­e­rin­ge (re­sep op

blad­sy 42), om voor te sit

1 Ver­hit die o­lyf­o­lie en braai die ui sag. Laat dit een­kant af­koel. 2 Meng die maal­vleis, mos­terd, pie­ter­sie­lie, ta­ma­tie­sous en ei­er­geel saam. Voeg die ui by en geur dit na smaak. Rol die meng­sel in frik­ka­del­le en sit dit vir 30 mi­nu­te of lan­ger in die ys­kas.

3 Druk die frik­ka­del­le plat­ter in pat­ties en maak dit gaar in ’n rif­fel­pan, on­der die oond se roos­ter­e­le­ment of oor die ko­le – 3-4 mi­nu­te aan el­ke kant. 4 Roos­ter die bin­ne­kant van die rol­le­tjies, smeer ma­yon­nai­se oor en pak ’n pat­tie, blaar­slaai en ta­ma­tie­sky­we bo­op. Sit dit voor met slap­tjips en ui­e­rin­ge.

Lams­bur­gers

Maak: 6-8 Be­rei­dings­tyd: 10 mi­nu­te, plus ys­kas­tyd Gaar­maak­tyd: so­wat 15 mi­nu­te

750 g lams­maal­vleis

ma­yon­nai­se

2 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­druk

5 ml ge­ras­per­de vars gem­mer

25 ml fyn­ge­kap­te vars kol­jan­der

5 ml fyn kol­jan­der

1 vars rissie, pit­te ver­wy­der en

fyn­ge­kap (op­si­o­neel)

ham­bur­ger­rol­le­tjies

1 Meng al die be­stand­de­le en geur dit na smaak. Rol die vleis­meng­sel in frik­ka­del­le en sit dit vir 30 mi­nu­te tot ’n uur in die ys­kas. 2 Druk die frik­ka­del­le plat­ter in pat­ties en maak dit gaar in ’n rif­fel­pan, on­der die oond se roos­ter­e­le­ment of oor die ko­le – 3-4 mi­nu­te aan el­ke kant. Smeer die rol­le­tjies met ma­yon­nai­se en sit die pat­tie en vul­sels van jou keu­se (sien hier­on­der) bo-op.

Burger-variasies

KAASBURGER MET GEKARAMELLISEERDE ROOI-UI Sit ’n skyf ched­dar­kaas, ’n skep gekaramelliseerde rooi-ui, ta­ma­tie­sky­we en blaar­slaai op die bur­ger­pat­tie. Ge­bruik twee pat­ties om ’n lek­ker dub­bel­bur­ger te maak. KAAS-EN-AGURKIEBURGER Sit ge­ras­per­de be­leë ched­dar, sky­fies a­gur­kie en sky­we vars of ge­roos­ter­de ta­ma­tie op die burger.

RISSIEBURGER Maak ’n sal­sa deur ge­ly­ke hoe­veel­he­de fyn­ge­kap­te rooi soet­ris­sie en ja­la­peño­ris­sies te meng. Voeg ’n bie­tjie fyn­ge­kap­te ui en vars kol­jan­der of pie­ter­sie­lie by en geur dit na smaak met suur­le­moen­sap. Skep dit op die pat­tie.

SAMPIOENBURGER Ver­hit 40 ml bot­ter en braai 1 fyn­ge­druk­te knof­fel­hui­sie vir 30 se­kon­des. Voeg 250 g sam­pi­oen­sky­fies by en braai dit tot dit sag is. Geur dit met sout en swart­pe­per. Skep dit op die pat­tie en sit vars ro­ket­bla­re by. PIKANTE A­VO­KA­DO-BURGER Pak sky­we a­vo­ka­do, ge­roos­ter­de spek en ’n pikante ma­yon­nai­se op die pat­tie.

Mi­ni-ham­bur­gers

Die A­me­ri­ka­ners noem mi­ni-bur­gers ‘s­li­ders’. Jy kan dit oor­weeg om ver­skil­len­de geu­re mi­ni-bur­gers te maak so­dat jou gas­te eer­der twee of drie ver­skil­len­de klein­tjies pleks van een groot burger kan eet.

Ui­e­rin­ge in ’n be­slag

Sny 2-3 mid­del­slag-uie in rin­ge. Meng 125 ml meel, 2 ml sout en 2,5 ml bak­poei­er saam. K­lits 1 groot ei­er en 125 ml melk saam en roer dit by die droë be­stand­de­le in. Doop die ui­e­rin­ge in die be­slag en diep­braai dit in ma­ti­ge warm o­lie tot dit goud­bruin is. Laat dit op kom­buis­pa­pier d­rei­neer, s­prin­kel sout oor en sit dit warm oor.

Toe­brood­jies

Maak ’n ver­skei­den­heid toe­brood­jies en be­dien dit met slap­tjips.

KLUBTOEBROODJIE: Jy het 3 snye wit­brood, goeie ma­yon­nai­se, 4 snye ge­rook­te hoen­der­bors, 8 re­pe bros­ge­braai­de stre­pie­spek, ta­ma­tie­sky­we en lang­blaar­slaai no­dig. Roos­ter die snye brood lig­gies en smeer dit ro­jaal met ma­yon­nai­se. Pak sky­fies hoen­der en slaai­bla­re op die eer­ste sny, ge­volg deur nog ’n sny brood, dan spek, blaar­slaai en ta­ma­tie. Be­dek dit met die laas­te sny roos­ter­brood. (Jy kan ’n ek­stra laag met sky­we a­vo­ka­do by­voeg, in­dien ver­kies. Vir va­ri­a­sie kan jy ’n bie­tjie fyn­ge­kap­te kol­jan­der en ris­sies­meer by die ma­yon­nai­se meng.)

BLT: ’n ‘Ba­con-let­tu­ce-to­ma­to’ is die­self­de as ’n klub­brood­jie, maar be­vat nie hoen­der nie.

KERRIEHOENDER-EN-BOSBESSIE: Meng 250 ml fyn­ge­maak­te gaar hoen­der met 65 ml ma­yon­nai­se, 20 ml ge­kap­te droë bos­bes­sies, 1 ge­kap­te sprietui, 3 ml ker­rie­ma­sa­la­poei­er en 20 ml ge­kap­te sel­de­ry. Smeer dit op snye brood van jou keu­se.

Toe­brood­jie met vark­vleis­ra­fels Ge­noeg vir: 10-12 Be­rei­dings­tyd: 40 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 4 uur Oond­tem­pe­ra­tuur: 150 °C

100 ml don­ker bruin­sui­ker

15 ml soet pa­pri­ka

5 ml fyn kol­jan­der

1 ml fyn ko­myn

2 ml vars­ge­maal­de swart­pe­per

2 ml rooi­pe­per

2 ml mos­terd­poei­er

2 kg vark­blad (met die been),

of 1,4 kg ont­been

1 blik­kie bier

40 ml wor­ces­ter­sous

250 ml dik ta­ma­tie­sous ( ke­t­chup) 2 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­druk 60 ml ap­pela­syn snye brood en kool­slaai (re­sep hier­naas), om voor te sit

1 Meng 10 ml sout, 45 ml van die sui­ker, die spe­se­rye en die mos­terd en smeer dit oor die vleis. Be­dek die vleis en laat dit vir ’n uur (of oor­nag in die ys­kas) ma­ri­neer. 2 Gooi die bier in ’n oond­pan, sit die vleis in en be­dek dit met ’n dek­sel of foe­lie. Roos­ter dit in die ver­hit­te oond vir 3-4 uur of tot die vleis sag ge­noeg is om te pluis. Haal dit uit die oond, d­rei­neer die vloei­stof en laat dit vir 30 mi­nu­te rus voor jy dit met twee vur­ke be­gin pluis.

3 Ver­hit die o­ri­ge sui­ker, die wor­ces­te­ren ta­ma­tie­sous, knof­fel en a­syn en laat dit vir 20 mi­nu­te prut. Roer die sous deur die vleis. Sit dit warm of koud voor op brood met ’n skep­pie kool­slaai bo-op.

Kool­slaai

Meng 500 g fyn­ge­ras­per­de groen of pers kool (of helf­te van elk­een), 1 groot ge­ras­per­de wor­tel, 1 klein fyn­ge­kap­te ui, ½ groen soet­ris­sie (pit­te ver­wy­der en in klein blok­kies ge­sny) en ’n hand vol ge­kap­te pe­kan­neu­te. Voeg 1 ml sel­de­rysaad, 250 ml ma­yon­nai­se en 25 ml ap­pela­syn by en meng dit deur.

Slaai met ver­sui­ker­de spek en ’n ro­me­ri­ge slaaisous

Ge­noeg vir: 4 Be­rei­dings­tyd: 30 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 15 mi­nu­te Oond­tem­pe­ra­tuur: 200 °C

CROUTONS

4 dik snye wit plaas­brood

(ver­kies­lik oud)

60 ml o­lyf­o­lie

1 knof­fel­hui­sie, fyn­ge­druk

2 ml droë tie­mie

SLAAISOUS

50 g blou­kaas, ge­krum­mel

(of ge­bruik fe­ta)

60 ml goeie ma­yon­nai­se

7,5 ml suur­le­moen­sap

60 ml kar­ring­melk

SLAAI

250 g stre­pie­spek

50 ml bruin­sui­ker

4-6 ba­ba-lang­blaar­slaai­kop­pe,

in hal­wes of kwar­te ge­sny

3-4 mid­del­slag- ryp ta­ma­ties, in

wig­gies ge­sny

1 ryp a­vo­ka­do, ge­skil en in blok­kies

of sky­we ge­sny

½ mid­del­slag-rooi-ui, in wig­gies ge­sny

1 Croutons Sny die brood in blok­kies. Meng die o­lyf­o­lie, knof­fel en tie­mie en s­prin­kel sout en wit­pe­per na smaak oor. Drup dit oor die brood­blok­kies en meng dit goed deur. Ver­sprei die brood op ’n bak­plaat en bak dit vir 8-10 mi­nu­te in die ver­hit­te oond tot dit bros is. Roer dit een keer ty­dens die roos­ter­tyd deur. Laat dit een­kant af­koel. 2 Slaaisous K­lits al­les saam. 3 Slaai Pak die spek­re­pe op ’n bak­plaat en bak dit vir 10 mi­nu­te in die ver­hit­te oond. S­prin­kel dan die bruin­sui­ker oor en sit dit vir nog 5 mi­nu­te in die oond tot die sui­ker ge­ka­ra­mel­li­seer het. Laat dit af­koel en skeur of sny dit in klei­ner stuk­kies. 4 Rang­skik die slaai­bla­re, ta­ma­tie, a­vo­ka­do en ui in slaai­bak­kies. Voeg die croutons en spek by. Drup die slaaisous oor en sit dit da­de­lik voor.

Blom­me

Ver­sier jou ta­fel met ‘blom­skom­mels’. Spuit­verf die bin­ne­kant van ’n sun­dae-glas lig­pienk en laat dit droog word. Sit blom­me en ’n strooi­tjie in die glas.

Koel­drank-‘flo­ats’

Gooi jou guns­te­ling-gas­koel­drank in ’n glas en roer dit om van die mees­te gas­bor­rels ont­slae te raak. Skep ver­sig­tig ’n le­pel va­niel­je­room­ys in en sit dit da­de­lik voor.

Aar­bei-mout­s­kom­mel

Meng om­trent 350 ml va­niel­je­room­ys, 100 ml melk, 6 fyn­ge­kap­te vars aar­beie en 30 ml mout­poei­er (Hor­licks) in ’n voed­sel­ver­wer­ker tot dit glad is. Drup aar­beis­troop teen die bin­ne­kant van ’n melk­skom­mel­glas en gooi die melk­skom­mel­meng­sel daar­in. Rond dit af met styf­ge­klits­te room, fyn­ge­maak­te s­jo­ko­la­de-mout­bol­le­tjies en pienk koek­sprin­kels.

Sun­dae met warm fud­ge­sous

Maak die fud­ge­sous: Meng 60 ml ka­ka­o­poei­er, 60 ml sui­ker, 40 ml gou­e­stroop en 75 ml in­ge­damp­te melk in ’n ka­strol en ver­hit dit sta­dig ter­wyl jy dit heel­tyd roer tot die sui­ker op­ge­los het. Haal die sous van die plaat af so­dra dit be­gin prut en roer dan 30 ml bot­ter en 2,5 ml va­niel­je­geur­sel by. Skep ’n bie­tjie van die warm fud­ge­sous on­der­in vier sun­da­egla­se en ver­deel 60 ml ge­kap­te pe­kan­neu­te tus­sen die gla­se. Vul die gla­se met room­ys, rond dit af met styf­ge­klits­te room en s­prin­kel nog neu­te bo-oor. Drup van die warm fud­ge­sous bo-oor en ver­sier dit met ’n ma­ras­chi­no­ker­sie en wa­fel­koe­kie. Sit dit da­de­lik voor.

Tex­as-styl oond­ge­roos­ter­de vark­nek met mie­lie­sal­sa

Ge­noeg vir: 8 Be­rei­dings­tyd: 45 mi­nu­te, plus staan­tyd Gaar­maak­tyd: 3 uur Oond­tem­pe­ra­tuur: 180 oc

1 ont­been­de vark­nek

(om­trent 1,4 kg)

5 ml rooi­pe­per

5 ml mos­terd­poei­er

25 ml pa­pri­ka

30 ml bruin­sui­ker

son­ne­blom­o­lie

mie­lie­sal­sa, om voor te sit

(re­sep hier­on­der)

mie­lie­tor­til­las en kool­slaai,

om voor te sit

BRAAISOUS

1 ui, fyn­ge­kap

3 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­druk

1 pie­kel-ja­la­peño­ris­sie, fyn­ge­kap

250 ml dik ta­ma­tie­sous ( ke­t­chup)

125 ml ap­pel­sap

60 ml ap­pela­syn

5 ml chi­pot­le-ris­sie­sous (op­si­o­neel)

7 ml sel­de­rysaad

2-5 ml fyn­ge­maal­de droë ris­sies

2 ml fyn ko­myn

15 ml wor­ces­ter­sous

1 Meng die rooi­pe­per, mos­terd­poei­er en die helf­te van die pa­pri­ka en sui­ker in ’n klein bak­kie. Voeg sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak by. Vryf die vark­nek o­ral­oor hier­mee in en sit dit vir ’n uur of twee een­kant om te ma­ri­neer. 2 Sit die vark­nek op ’n rak­kie in ’n oond­roos­ter­pan. Drup ’n bie­tjie son­ne­blom­o­lie oor en roos­ter dit vir 30 mi­nu­te in die ver­hit­te oond. 3 Braaisous Ver­hit 30 ml o­lie in ’n ka­strol, voeg die ui by en so­teer dit vir 5 mi­nu­te oor lae hit­te. Voeg die knof­fel by en so­teer dit vir nog 2 mi­nu­te. Voeg al die an­der be­stand­de­le en die o­ri­ge pa­pri­ka en sui­ker by en laat dit vir 10 mi­nu­te prut. 3 Haal die vark­nek uit die oond, ver­laag die tem­pe­ra­tuur tot 130 oc en ver­wy­der die oond­rak­kie on­der die vleis. Sit die vark­nek te­rug in die oond­roos­ter­pan, gooi die braaisous bo-oor en maak die pan toe met foe­lie – maak se­ker dis goed ge­se­ël. 4 Sit die oond­pan te­rug in die oond en roos­ter die vark­nek sta­dig vir 2-2½ uur tot die vleis baie sag is. 5 Haal die pan uit die oond en sit dit vir 10 mi­nu­te een­kant om te rus. Sny die vleis en sit dit voor met die pan­sous in ’n a­par­te bak­kie. Die vark­nek is heerlik as jy dit saam met mie­lie­sal­sa en ek­stra sous in ’n mie­lie­tor­til­la toe­draai en saam met kool­slaai ge­niet.

MIE­LIE­SAL­SA Meng die pit­te van 2 gaar groen­mie­lies, 3 ta­ma­ties, ge­skil, pit­te ver­wy­der en in blok­kies ge­sny, 1 fyn­ge­kap­te klein rooi-ui, 2 fyn­ge­druk­te knof­fel­hui­sies, 1-2 fyn­ge­kap­te vars ris­sies, 45 ml fyn­ge­kap­te vars kol­jan­der­bla­re, 30 ml son­ne­blom­o­lie, 30 ml ap­pela­syn en sout na smaak.

Bur­gers en mi­ni-bur­gers

Ver­skei­den­heid toe­brood­jies

Slaai met ver­sui­ker­de spek en ’n ro­me­ri­ge slaaisous

Koel­drank-‘flo­at’, aar­bei­mout­s­kom­mel en sun­dae met warm fud­ge­sous

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.