BUON APPETITO!

AL­MAL IS MAL OOR PIZZA - EN DIS MOS OORGENOEG REDE OM DIT. VOOR TE SIT AS JY WEER ONT­HAAL. 'N PIZ­ZA­PAR­TY­TJIE IS PRETTIG EN INTERAKTIEF, EN JOU VRIENDE EN FAMILIE KAN LEK­KER SAAAMSPEEL EN HUL EEIE GEURKOMBINASIES SKEP.

Idees Onthaal - - Inhoud -

Hou ’n in­ter­ak­tie­we piz­za­par­ty­tjie met ver­skeie bo­lae om uit te kies.

Skep die prent­jie

Dek ’n ru­we hout­ta­fel met ’n men­gel­moes van hout­bor­de en eet­ge­rei en sit die piz­zas op vel­le bak­pa­pier of draad­rak­kies in die mid­del van die ta­fel so­dat al­mal hul­le­self kan help. Ons het rooi as hoof­kleur ge­bruik en net tik­kies tur­koois en groen in­ge­bring. Rond die prent­jie af met ’n bak vol ta­ma­ties en pot­jies vars kruie pleks van blom­me.

Ge­geur­de o­lyf­o­lie

Ver­ras jou gas­te met hier­die klein ge­sken­kies. Vul klein glas­bot­tels met o­lyf­o­lie en geur dit met krui­e­tak­kies, knof­fel en/of brand­ris­sies. Se­ël dit en s­kud dit goed. Maak naam-e­ti­ket­te en bind dit met grow­we tou om die bot­tel­nek vas.

Kny­per­bord-plek­mat­jies

Druk die woor­de ‘Buon appetito!’ met jou re­ke­naar op A4-vel­le wit pa­pier uit. Knyp die pa­pier op kny­per­bor­de vas en ge­bruik dit as plek­mat­jies.

VER­SKIL­LEN­DE GEURKOMBINASIES Ge­roos­ter­de groen­te, blou­kaas en pes­to

Smeer ’n bie­tjie van jou voor­be­rei­de ta­ma­tie­sous oor die uit­ge­rol­de piz­za­deeg (die re­sep­te vir die sous en deeg is al­bei op blad­sy 66). Pak sky­we ge­roos­ter­de murg­pam­poen­tjie, rooi en geel soet­ris­sie en ge­roos­ter­de of gekaramelliseerde ui bo-op. S­prin­kel ’n bie­tjie blou­kaas (of fe­ta, in­dien ver­kies) bo-oor en pak dan sky­we moz­za­rel­la bo-op voor jy dit in die oond bak. Drup ba­si­lie- of ro­ket­pes­to bo-oor so­dra dit uit die oond kom en rond dit af met ’n paar par­me­saan­skaaf­sels.

Ta­ma­tie, cho­ri­zo en vars ba­si­lie

Ge­bruik ’n klein bak­kie ek­so­tie­se ba­ba­ta­ma­ties (of ver­skil­len­de kleure ta­ma­ties) en sny dit mid­del­deur of in dik sky­we. Pak dit op ’n bak­plaat en drup o­lyf­o­lie oor. Voeg 2 fyn­ge­kap­te knof­fel­hui­sies by en die grof­ge­kap­te bla­re van ’n tak­kie vars roos­ma­ryn. Sit dit on­der ’n vuur­warm roos­ter­e­le­ment tot die ta­ma­ties swart plek­kies be­gin brand. Haal dit uit die oond en sit dit een­kant. Smeer ’n bie­tjie van die voor­be­rei­de ta­ma­tie­sous oor die uit­ge­rol­de piz­za­deeg (re­sep­te op blad­sy 66) en s­prin­kel ge­ras­per­de moz­za­rel­la bo-oor. Pak sky­we cho­ri­zo en die ge­roos­ter­de ta­ma­ties bo-op, ge­volg deur nog ’n bie­tjie moz­za­rel­la, en bak dit dan. S­prin­kel ge­skeur­de vars ba­si­lie­bla­re bo-oor wan­neer dit uit die oond kom.

Bo­lae vir piz­zas

Hier­die be­stand­de­le werk lek­ker as piz­za­bo­lae:

• Spek, ham, sa­la­mi, ge­rook­te hoen­der, an­sjo­vis, wors­vleis, bo­log­nai­se­maal­vleis, bil­tong, vark­ra­fel­vleis, re­pies ge­roos­ter­de ste­ak, gar­na­le, ge­rook­te salm (pak dit op die pizza na­dat dit ge­bak is).

• Gekaramelliseerde uie, ge­roos­ter­de groen­te (soos soet­ris­sie, murg­pam­poen­tjie, ei­er­vrug en bot­ter­skor­sie), gaar spi­na­sie, gaar broc­co­li, ge­blik­te ar­ti­sjok­ke, ge­blik­te as­per­sies.

• Rou ge­kap­te groen, rooi of geel soet­ris­sies, sky­fies ui, blok­kies pynappel, sky­fies sam­pi­oen.

• Ont­pit­te o­ly­we, pi­kant­ris­sies, ja­la­peño

ris­sies, pes­to, soet ris­sie­sous.

Wen­ke vir ’n piz­za­par­ty­tjie

• Kry voor die tyd die deeg en ta­ma­tie­sous (re­sep­te op blad­sy 66) as­ook ’n paar bo­lae reg. Sit die bo­lae in klein bak­kies voor saam met ’n groot bak ge­ras­per­de moz­za­rel­la­kaas. Jy kan ook an­der soor­te kaas soos blou­kaas, ri­cot­ta, fe­ta, ched­dar en par­me­saan voor­sit. Pak al­les uit op ’n werk­op­per­vlak so­dat die gas­te hul­le­self kan help. Sit ook bak­kies voor met vars kruie soos ba­si­lie, kol­jan­der en ro­ket en sny­tjies vars a­vo­ka­do wat die gas­te op die pizza kan pak wan­neer dit uit die oond uit kom. Geur­mid­dels soos sout, vars­ge­maal­de swart­pe­per, ris­sie­sous, fyn­ge­kap­te vars ris­sies en fyn­ge­druk­te knof­fel moet ook be­skik­baar wees.

• As daar nie ge­noeg plek is so­dat el­ke gas hul­le eie piz­za­deeg kan uit­rol nie, kan jy die deeg uit­rol en dit op bak­pla­te pak – die gas­te kan dan die res self doen. Wan­neer el­ke deeg­sir­kel met kaas en an­der be­stand­de­le af­ge­rond is, moet jy dit da­de­lik in die oond sit en vir om­trent 20 mi­nu­te bak tot dit goud­bruin is en die kaas bor­rel.

• Gas­te kan hul­le piz­zas met me­kaar deel so­dat hul­le die ver­skil­len­de geurkombinasies kan proe, of an­ders kan elk­een weg­lê aan sy eie pizza so­dra dit uit die oond kom.

• Jy kan ook slaai saam met die piz­zas voor­sit as jy wil, en die maal­tyd af­sluit met ’n na­ge­reg-pizza (re­sep op blad­sy 66). Dit sal de­fi­ni­tief ’n groot tref­fer wees on­der die kin­ders, maar die mees­te groot­men­se sal ook mal wees daar­oor!

Blik­kies met kruie

Skep ‘blom­me­rang­skik­kings’ wat by jou te­ma pas. Ge­bruik ou ta­ma­tie­blik­kies en plant ’n ver­skei­den­heid krui­e­plant­jies daar­in. Die gas­te kan dit dan ge­bruik om hul­le pizza te gar­neer.

S­pe­se­ry­hoen­der, ba­ba­mie­lies en a­vo­ka­do

Drup o­lyf­o­lie oor 2 hoen­der­bor­sies en vryf dit goed in met Ca­jun-spe­se­rye. Roos­ter die hoen­der in ’n rif­fel­pan tot dit deur­gaar is en sny dit dan in sky­we. Smeer ’n bie­tjie van die voor­be­rei­de ta­ma­tie­sous oor die uit­ge­rol­de piz­za­deeg (re­sep­te op blad­sy 66). S­prin­kel ’n meng­sel van moz­za­rel­la- en ched­dar­kaas bo-oor. Pak van die sky­fies hoen­der, ba­ba­mie­lies wat in die helf­te ge­sny is en dun sky­fies rooi­ui bo-op en bak dit. Rond dit af met stuk­ke a­vo­ka­do en s­prin­kel fyn­ge­kap­te vars kol­jan­der en ris­sies bo-oor so­dra dit uit die oond kom.

La­e­kool­hi­draat-pizza met as­per­sies en ham

Maak: 2 mid­del­slag-piz­zas • Be­rei­dings­tyd: 15 mi­nu­te • Bak­tyd: 35-40 mi­nu­te • Oond­tem­pe­ra­tuur: 220 °C

1 groot heel blom­kool

2 groot ei­er­wit­te, lig­gies ge­klits

30 ml ge­ras­per­de par­me­saan

30 ml klap­per­meel

60 ml ta­ma­tie­sous vir pizza (re­sep op blad­sy 66)

300 ml ge­ras­per­de moz­za­rel­la

50 ml gaar, ge­drei­neer­de spi­na­sie

8 vars as­per­sies, in die leng­te mid­del­deur ge­sny

dun­ge­sny­de swart­woud­ham of ham van jou keu­se

vars o­ri­ga­num, vir gar­ne­ring

1 Plaas die blom­kool in ’n voed­sel­ver­wer­ker en kap dit fyn. Stoom of kook dit in die mi­kro­golf­oond tot dit sag is. Laat dit goed d­rei­neer en af­koel. 2 Meng die blom­kool, ei­er­wit­te, par­me­saan en klap­per­meel saam. 3 Ver­deel die meng­sel in twee en smeer dit in sir­kels op ’n bak­plaat wat met bak­pa­pier ge­voer is. Bak dit vir 15 mi­nu­te in die ver­hit­te oond of tot dit ferm voel. Haal dit uit die oond. 4 Smeer die ba­sis­se met die ta­ma­tie­sous en s­prin­kel die moz­za­rel­la bo-oor. Pak die spi­na­sie en as­per­sies bo-op. 5 Sit die piz­zas te­rug in die oond en bak dit vir 15-20 mi­nu­te tot dit goud­bruin is. Pak die ham bo-op en gar­neer dit met die o­ri­ga­num.

DUBBELDOOR – DIT IS ’N SLIM PLAN OM TWEE VER­SKIL­LEN­DE GEU­RE OP EEN PIZZABAKPLAAT TE MAAK – PAK OP EL­KE HELF­TE VAN DIE PIZZA ’N AN­DER GEURKOMBINASIE.

Ge­roos­ter­de murg­pam­poen­tjie, sa­la­mi en pi­kant­ris­sies

Smeer ’n bie­tjie van die voor­be­rei­de ta­ma­tie­sous oor die uit­ge­rol­de piz­za­deeg (re­sep­te op blad­sy 66). Pak sky­we ge­roos­ter­de murg­pam­poen­tjie, sa­la­mi en pi­kant­ris­sies bo-op voor­dat jy dit bak. Rond dit af met vars ro­ket­bla­re so­dra dit uit die oond kom.

Ge­roos­ter­de ei­er­vrug, pan­cet­ta en o­ly­we

Smeer ’n bie­tjie van die voor­be­rei­de ta­ma­tie­sous oor die uit­ge­rol­de piz­za­deeg (re­sep­te op blad­sy 66). Pak sky­we ge­roos­ter­de ei­er­vrug, stuk­kies pan­cet­ta (of ge­bruik spek, as jy dit ver­kies) en ont­pit­te swart o­ly­we bo-op voor­dat jy dit bak. Rond dit af met dun sky­fies rooi-ui so­dra dit uit die oond kom.

Pizza met peer, ka­ra­mel en s­jo­ko­la­de

Ge­noeg vir: 8• Be­rei­dings­tyd: 20 mi­nu­te • Bak­tyd: 40 mi­nu­te • Oond­tem­pe­ra­tuur: 220 °C

1 hoe­veel­heid klaar­ge­meng­de piz­za­deeg (re­sep hier­naas)

1 plak (90 g) don­ker­sjo­ko­la­de

100 ml tof­fie­ka­ra­mel­smeer

2 ryp pe­re, pit­te ver­wy­der en in sky­fies ge­sny

30 ml sui­ker

50 ml a­man­dels, ge­kap

aar­beie en ver­sier­sui­ker, om te ver­sier

1 Kap die helf­te van die s­jo­ko­la­de in klein stuk­kies. Knie die piz­za­deeg af wan­neer dit in vo­lu­me ver­dub­bel het en voeg die ge­kap­te sjo­ko­la­de­stuk­kies by. Vou die deeg ’n paar keer oor om al die s­jo­ko­la­de in te meng. 2 Rol die deeg in ’n sir­kel uit en sit dit op ’n bak­plaat of oond­vas­te piz­za­bord wat lig­gies met meel be­strooi is. Bak dit vir 15 mi­nu­te in die ver­hit­te oond. 3 Haal die piz­za­ba­sis uit die oond en smeer die tof­fie­ka­ra­mel­smeer bo-oor. Pak die peer­sky­fies bo-op en s­prin­kel die sui­ker en neu­te bo-oor. Sit dit te­rug in die oond en bak dit vir nog 15-20 mi­nu­te of tot dit goud­bruin en deur­gaar is. 4 Haal die pizza uit die oond. Sny die oor­bly­wen­de s­jo­ko­la­de in splin­ters en strooi dit oor die pizza. Ver­sier dit ver­der met hal­we aar­beie en sif die ver­sier­sui­ker oor net voor­dat jy dit voor­sit. Sit die sky­we soet pizza net so voor of saam met va­niel­je- of sjo­ko­la­de­room­ys.

Piz­za­deeg

As jy wil, kan jy die hoe­veel­he­de ver­dub­bel en ge­noeg maak vir twee piz­zas.

Maak: 1 groot pizza • Be­rei­dings­tyd: 20 mi­nu­te • Bak­tyd: 20 mi­nu­te • Oond­tem­pe­ra­tuur: 220 °C

250 g wit­brood­meel

5 ml kits­gis

5 ml sui­ker

15 ml o­lyf­o­lie

150-170 ml lou­warm wa­ter

1 Meng die meel, 2 ml sout en die gis in ’n groot meng­bak. Meng die sui­ker, o­lie en lou­warm wa­ter saam. Voeg dit bie­tjies op ’n slag by die droë be­stand­de­le. Voeg ge­noeg wa­ter by so­dat dit ’n deeg vorm. 2 Knie die deeg vir 10 mi­nu­te met die hand of ge­bruik ’n voed­sel­ver­wer­ker met ’n deeg­haak. 3 Rol die deeg in ’n bol en sit dit in ’n bak wat met o­lie ge­smeer is. Be­dek dit met ’n klam tee­doek en laat dit op ’n warm plek staan om te rys tot dit in vo­lu­me ver­dub­bel het. Knie dan die deeg lig­gies af. 4 Rol die deeg uit op ’n skoon werk­op­per­vlak. Rol dit in ’n sir­kel, lang­wer­pi­ge vorm of in ’n stuk wat groot ge­noeg is so­dat jy ’n groot reg­hoe­ki­ge bak­plaat daar­mee kan uit­voer. 5 Ver­hit die bak­plaat in die ver­hit­te oond voor jy die deeg daar­op sit. Plaas die deeg op die vuur­warm bak­plaat, smeer ’n bie­tjie van die voor­be­rei­de ta­ma­tie­sous (re­sep hier­on­der) bo-oor en rond dit af met ’n ste­wi­ge strooi­sel kaas en die bolaag van jou keu­se.

Ta­ma­tie­sous vir piz­zas

Ge­noeg vir: 6-8 piz­zas • Be­rei­dings­tyd: 10 mi­nu­te • Gaar­maak­tyd: 40 mi­nu­te

30 ml o­lyf­o­lie

3-4 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­druk

1 blik (410 g) I­ta­li­aan­se ta­ma­ties

25 ml ta­ma­tie­pas­ta

5 ml droë o­ri­ga­num

5 ml droë ba­si­lie

1 ml droë mar­jo­lein

’n kny­pie sui­ker

1 Gooi die o­lyf­o­lie in ’n ka­strol en ver­hit dit oor ma­ti­ge hit­te. So­teer dan die knof­fel vir ’n mi­nuut. 2 Voeg die ta­ma­tie, ta­ma­tie­pas­ta, kruie en sui­ker by. Ver­hit dit tot kook­punt, ver­laag die hit­te en laat dit vir 35 mi­nu­te son­der die dek­sel prut tot die vloei­stof ver­min­der het en die sous dik is. Geur dit met sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per. Smeer ’n dun la­gie oor die piz­za­deeg voor jy die kaas en an­der bo­lae op­sit.

Ge­roos­ter­de groen­te, blou­kaas en pes­to (re­sep op blad­sy 60)

Ta­ma­tie, cho­ri­zo en vars ba­si­lie

Pizza met peer, ka­ra­mel en s­jo­ko­la­de

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.