SPESERYROETE

JOU GAS­TE SAL IN EKSTASE WEES OOR DIE EK­SO­TIE­SE IN­DIE­SE GEU­RE EN KLEURE OP HIER­DIE SPYS­KAART

Idees Onthaal - - Inhoud -

Ek­so­tie­se In­die­se geu­re waar­oor al­mal aan ta­fel sal swy­mel.

Ro­me­ri­ge Ma­dras-styl lam­sker­rie

150 ml Bul­gaar­se jo­gurt

5 ml elk fyn bor­rie, ris­sie­poei­er

en ga­ram ma­sa­la

20 ml ge­ras­per­de gem­mer

20 ml fyn­ge­druk­te knof­fel

1 kg ont­been­de lams­blok­kies

(sny dit uit boud- of blad­vleis)

30 ml kol­jan­der­saad

10 ml ko­myn­saad

15-20 ml droë ris­sie­vlok­kies

12 ker­rie­bla­re

5 ml vin­kel­saad

15 ml ta­ma­rynsmeer

60 ml o­lie

3 groot uie, in sky­fies ge­sny

1 blik klap­per­melk

2 ka­neel­stok­kies

6 kar­de­mom­peu­le

geu­ri­ge rys, n­aan (re­sep hier­naas),

groen­te en pie­kels, om voor te sit

vars kol­jan­der, vir gar­ne­ring

Skep die prent­jie

Laat jou lei deur diep spe­se­ry- en ju­weel­kleu­re en maak die sit­plek knus met mooi In­die­se lap en kus­sings. Ge­bruik sil­wer- en hel­der­kleu­ri­ge glas­wa­re op die ta­fel, steek ho­pe ker­se aan en brand wie­rook om jou gas­te weg te voer. Ge­noeg vir: 6-8 Be­rei­dings­tyd: 20 mi­nu­te, plus ma­ri­neer­tyd Gaar­maak­tyd: 2 uur

1 Meng die jo­gurt, bor­rie, ris­sie­poei­er, ga­ram ma­sa­la en die helf­te van die gem­mer en knof­fel saam en giet dit oor die vleis. Laat dit vir 2 uur een­kant staan om te ma­ri­neer. 2 Roos­ter die kol­jan­der- en ko­myn­saad en ris­sie­vlok­kies in ’n droë pan­ne­tjie. Ge­bruik ’n spe­se­ry­meul of ’n vy­sel en stam­per om dit fyn te maal. Voeg die res van die gem­mer en knof­fel en die helf­te van die ker­rie­bla­re by. Maal dit ver­der om ’n smeer te vorm. 3 Roos­ter die vin­kel­saad in ’n droë pan­ne­tjie en hou dit een­kant. Los die ta­ma­rynsmeer in 125 ml kook­wa­ter op.

4 Ver­hit die o­lie in ’n groot ka­strol. Voeg die ui by en braai dit vir 10 mi­nu­te oor lae hit­te tot goud­bruin. Voeg die spe­se­rys­meer by en braai dit nog ’n paar mi­nu­te. 5 Voeg die vleis by en braai dit vir ’n paar mi­nu­te. Gooi die helf­te van die klap­per­melk en 250 ml wa­ter by. Ver­hit die meng­sel tot kook­punt en laat dit dan vir 10 mi­nu­te son­der ’n dek­sel prut. 6 Voeg die o­ri­ge klap­per­melk en spe­se­rye by en prut dit tot die vleis sag is. Voeg die ta­ma­ryn by en geur dit. Laat dit ’n ruk­kie staan en skep die vet af. Sit dit warm voor met geu­ri­ge rys, n­aan, groen­te, pie­kels en kol­jan­der as gar­ne­ring.

Knof­fel-en-se­sam-n­aan

Ge­noeg vir: 6-8 Be­rei­dings­tyd: 30 mi­nu­te, plus rys­tyd

Gaar­maak­tyd: 20 mi­nu­te

10 ml sout

20 ml sui­ker

45 ml melk

600 g (1 100 ml) wit­brood­meel

1 pak­kie droë kits­gis

1 groot ei­er, lig­gies ge­klits

10 ml se­sam­saad

4 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­druk

son­ne­blom­o­lie

100 ml ge­smel­te bot­ter

Sif die meel en sout saam. Voeg die sui­ker en gis by. Maak ’n hol­te in die mid­del en giet 230 ml warm wa­ter by. Vou dit in en voeg dan die melk en ei­er by. Meng dit tot ’n sag­te, e­las­tie­se deeg vorm – jy sal dalk nog ’n bie­tjie wa­ter moet by­voeg. 2 Knie die deeg vir so­wat 8 mi­nu­te op ’n op­per­vlak wat lig­gies met meel be­strooi is. Sit die deeg in ’n bak wat lig­gies met o­lie ge­smeer is en be­dek dit met ’n klam va­doek. Laat dit op ’n warm plek rys tot dit in vo­lu­me ver­dub­bel het. 3 Knie die deeg weer ’n kort ruk­kie voor jy die se­sam­saad en die helf­te van die knof­fel by­voeg en dit dan goed knie. Rol die deeg in klein bol­le­tjies, pak dit op ’n bak­plaat en laat dit vir 20 mi­nu­te staan.

4 Ver­hit ’n rif­fel­pan oor me­di­um­hoë hit­te en rol die bol­le­tjies uit in skyf­vorms. Verf die pan lig­gies met o­lie en bak die deeg­sky­we tot dit be­gin bor­rels vorm en ver­bruin. Draai dit dan om en bak dit aan die an­der kant. 5 Meng die o­ri­ge knof­fel met die ge­smel­te bot­ter en verf dit oor die gaar kant van die brood. Verf die an­der kant van die brood so­dra jy dit uit die pan haal. Her­haal die pro­ses met die o­ri­ge deeg.

Dahl

Ge­noeg vir: 6-8 Be­rei­dings­tyd: 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 2 uur

30 ml bot­ter

1 groot ui, fyn­ge­kap

2 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­druk

10 ml ge­ras­per­de vars gem­mer

10 ml mos­terd­saad­jies

10 ml ko­myn­saad

1-3 ge­droog­de rooi ris­sies

1 ml fyn bor­rie

6 ker­rie­bla­re

4 kar­de­mom­peu­le

1 ml as­a­foe­ti­da (be­skik­baar by

In­die­se spe­se­ry­win­kels)

125 ml rooi len­sies

125 ml geel dahl-len­sies, 2 uur lank

in wa­ter ge­week

2 ta­ma­ties, ge­kap

vars kol­jan­der, om voor te sit

1 Ver­hit die bot­ter in ’n ka­strol. Voeg die uie by. So­teer dit vir ’n mi­nuut, voeg die knof­fel en gem­mer by en so­teer dit vir nog 1 mi­nuut. Voeg al die spe­se­rye by en roer al­les goed deur. Voeg ná 30 se­kon­des die len­sies, ta­ma­ties en 1 li­ter wa­ter by. 2 Laat prut die meng­sel vir 2 uur of tot die len­sies sag is en be­gin op­breek. Voeg wa­ter by soos no­dig. Geur die dahl na smaak met sout en sit dit warm voor met kol­jan­der as gar­ne­ring. 1

Ei­er­vrug met spe­se­rye

Ge­noeg vir: 6-8 Be­rei­dings­tyd: 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 20 mi­nu­te

400 g ei­er­vrug, in wig­gies ge­sny

5 ml ge­ras­per­de gem­mer

3 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­druk

2 ta­ma­ties, ge­skil, ge­kap en ge­drei­neer

100 ml o­lie

5 ml vin­kel­saad

1 ml ka­lon­ji-saad (ni­gel­la)

7 ml fyn kol­jan­der

1 ml fyn bor­rie

2 ml ca­yen­ne­pe­per

1 S­prin­kel sout oor die ei­er­vrug en laat dit in ’n ver­giet­tes staan. Vee die sout met kom­buis­pa­pier af voor jy dit ge­bruik.

2 Pols die gem­mer en knof­fel met ’n der­de van die ta­ma­ties tot dit glad is.

3 Ver­hit ’n la­gie o­lie in ’n pan en braai ’n paar ei­er­vrug­wig­gies op ’n slag tot goud­bruin. D­rei­neer dit op kom­buis­pa­pier.

4 Ver­hit nog ’n bie­tjie o­lie en braai die vin­kel­saad, ka­lon­ji en kol­jan­der vir 30 se­kon­des. Voeg die ta­ma­ti­een-gem­mer by, en dan die bor­rie en ca­yen­ne­pe­per. Laat prut dit vir 5 mi­nu­te voor jy die ei­er­vrug en o­ri­ge ta­ma­ties by­voeg. Prut dit vir nog 5 mi­nu­te – moe­nie dit te veel roer nie. 5 Laat die meng­sel af­koel en bê­re dit in ’n lug­dig­te hou­er tot jy ge­reed is om dit voor te sit. Skep die oor­tol­li­ge o­lie af en ver­hit die ei­er­vrug voor jy dit voor­sit.

Boon­tjie-e­n­aar­tap­pel­roer­braai­ge­reg

Ge­noeg vir: 6-8 Be­rei­dings­tyd: 5 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 10 mi­nu­te

45 ml son­ne­blom­o­lie 5 ml swart mos­terd­saad 5 ml ko­myn­saad ’n knip­pie as­a­foe­ti­da 1 groot ui, fyn­ge­kap 1 groot aar­tap­pel, ge­skil en in klein blok­kies ge­sny 300 g groen­boon­tjies, in sky­fies ge­sny 5 ml elk fyn bor­rie, ris­sie­poei­er, ga­ram ma­sa­la en kol­jan­der

1 Ver­hit die o­lie in ’n groot pan. Voeg die mos­terd­saad by en voeg dan die ko­myn­sa­de en as­a­foe­ti­da by so­dra dit be­gin skiet. Roer dit goed en voeg dan die uie by. So­teer dit tot dit deur­sky­nend is. 2 Voeg die aar­tap­pel by en kook dit vir ’n mi­nuut. Roer dan die groen­boon­tjies en spe­se­rye by. Voeg 30 ml wa­ter by en sit die dek­sel op. Kook dit sta­dig tot die boon­tjies en aar­tap­pels sag is.

Maak ’n spe­se­ry­meng­sel wat jy oor ge­roos­ter­de of ge­braai­de groen­te kan s­prin­kel, of om ek­stra geur by jou dahl te voeg. Meng ge­ly­ke hoe­veel­he­de me­thi (fe­ne­griek), ka­lon­ji, swart mos­terd­saad, ko­myn­saad en vin­kel­saad en bê­re dit in ’n lug­dig­te hou­er. Ver­hit 10 ml bot­ter en braai 15 ml van die meng­sel tot die mos­terd­saad be­gin skiet. Die meng­sel is lek­ker oor groen­boon­tjies, bot­ter­skor­sie, wor­tels, kool of aar­tap­pels.

Warm­sjo­ko­la­de ge­geur met chai ma­sa­la

Ver­hit 500 ml melk, 5 ge­kneus­de kar­de­mom­peu­le, 1 ka­neel­stok­kie, 4 na­el­tjies en 4 swart­pe­per­kor­rels saam. K­neus ’n stuk gem­mer van 2 cm en voeg dit by. Prut dit vir ’n paar mi­nu­te, haal dit van die plaat af en laat dit vir min­stens ’n half­uur met die dek­sel op staan. Gooi die meng­sel net voor op­die­ning deur ’n sif en gooi die spe­se­rye weg. Maak weer die melk warm en roer 100 g ge­kap­te don­ker­sjo­ko­la­de by tot dit smelt. Gooi die meng­sel in klein gla­se en rond dit af met ek­stra ge­ras­per­de s­jo­ko­la­de en ’n bie­tjie fyn droë rissie in­dien ver­kies.

Ek­stra kleur en geur

In die Hin­doe-ge­loof word die Ho­li, die Fees van Kleure, el­ke len­te ge­vier. Ty­dens die fees­vie­rin­ge be­smeer men­se me­kaar met verf en strooi ge­kleur­de poei­er rond om ’n vro­li­ke at­mos­feer te skep. Ons het spe­se­rye en poei­er­verf in ska­ke­rings van sma­rag­groen, saf­fier­blou en o­ker ge­bruik om ons ta­fel ver­der te ver­sier. Wie­rook en roos­bla­re ver­leen ek­stra geur.

Uit­no­di­gings

Jy be­no­dig

wie­rook­stok­kies

pa­troon op blad­sy 99

goue kar­ton

A4-vel kar­ton vir die sten­sil

ge­wo­ne wit pa­pier

al­kant-plak­band

So maak jy

hand­werk­mes en sny­mat 1 Ko­pi­eer die pa­troon op blad­sy 99 in die ver­lang­de groot­te op die A4-vel kar­ton en sny dit uit om as ’n sten­sil te ge­bruik. 2 Trek die vorm op goue kar­ton na – een vir el­ke uit­no­di­ging – en sny dit uit. 3 Maak twee sny­tjies ’n paar sen­ti­me­ter uit­me­kaar in el­ke uit­no­di­ging en druk ’n paar wie­rook­stok­kies daar­deur. 4 Sny stro­kies ge­wo­ne wit pa­pier met die be­son­der­he­de van die par­ty­tjie daar­op. Plak die stro­kies met al­kant­plak­band om die uit­no­di­gings vas. String vlag­gies Jy be­no­dig

vlag­gie­pa­troon op blad­sy 99

goue en sil­wer pa­pier

A4-vel kar­ton vir die sten­sil

al­kant-plak­band

hand­werk­mes en sny­mat

goue tou

So maak jy

1 Ko­pi­eer die pa­troon vir die vlag­gies op blad­sy 99 in die ver­lang­de groot­te op die A4-vel kar­ton en sny dit uit om as ’n sten­sil te ge­bruik. 2 Trek die vorm op die goue en sil­wer pa­pier na – ge­noeg om ’n string vlag­gies te maak. 3 Knip die vlag­gies uit en vou elk­een aan die ge­ly­ke bo­rand met ’n sen­ti­me­ter of twee om. Vou die ge­vou­de rand om die tou en plak dit met ’n stuk­kie al­kant­plak­band vas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.