HEERLIK IN HAVANA

DRAAI DIE MAM­BO-MU­SIEK HARDER EN SKINK DIE MO­JI­TO'S - DIS TYD VIR'N AAND IN KU­BA!

Idees Onthaal - - Inhoud -

Mam­bo-mu­siek, mo­ji­to’s en si­ga­re – dis tyd vir ’n aand in Ku­ba!

Si­gaar­bok­se Jy be­no­dig

si­gaar­boks­pa­troon op blad­sy 98

ste­wi­ge wit kar­ton

al­kant-plak­band

hand­werk­mes­sie en sny­mat

staal­li­ni­aal

Skep die prent­jie

Hou die ge­voel lan­de­lik en in­for­meel en speel met kleur­ry­ke ak­sen­te. Ge­bruik ’n men­gel­moes van ver­weer­de eet­ge­rei en ou sil­wer- en pi­ou­ter­bor­de en -bak­ke om by die te­ma te pas. Ons het die ta­fel ver­der een­vou­dig met mooi si­gaar­bok­se, pren­te van Che Gu­e­va­ra en vin­ta­ge­roo­se­le­men­te ver­sier. ’n S­tel do­mi­no­steen­tjies en ou­tyd­se bord­spe­le­tjies dra by tot die ka­fee­ge­voel en sal ook sorg vir ho­pe pret.

Koop si­ga­re in mooi bok­se of ver­sier dit self met plak­boek­pa­pier wat by die te­ma pas. Ons het ook ’n paar van ons eie ge­maak en van lem­me­tjies tot koel­dran­ke en dob­bel­steen­tjies daar­in ge­pak.

So maak jy

1 Ko­pi­eer die si­gaar­boks­pa­troon op blad­sy 98 in die ver­lang­de groot­te op kar­ton en sny dit met jou hand­werk­mes­sie en staal­li­ni­aal uit. 2 Maak klein pot­lood­mer­kies op die ag­ter­kant van die kar­ton om die vou­ly­ne van die boks aan te dui – ge­bruik die klei­ner pa­troon as rig­lyn. 3 Ge­bruik jou staal­li­ni­aal en trek lig­gies met die stomp kant van die hand­werk­mes­sie oor die vou­ly­ne. Vou die boks in sy vorm en plak die flap­pies toe met al­kant-plak­band.

S­jo­ko­la­de-si­ga­re

Ons het dié ‘si­ga­re’ van rol­le­tjies Ro­lo’s ge­maak. Ver­wy­der die pa­pier­tjies om die rol­le­tjies en ver­vang dit met stro­kies ge­kleur­de pa­pier wat jy met al­kant­plak­band vas­plak. Ko­pi­eer die si­gaar­e­ti­ket op blad­sy 98, knip dit uit en plak een om el­ke s­jo­ko­la­de-si­gaar vas.

Blom­me vir die ta­fel

Sit ’n paar los roos­kop­pe op die ta­fel en in si­gaar­bok­se en rond dit af met roos­pren­te – dis al wat no­dig is vir prag­ti­ge blom­me op die ta­fel.

Che Gu­e­va­ra-ke­gels

Be­dien ’n ge­reg in hier­die ke­gels – ons het dit vir ons ham­kro­ket­te (re­sep hier­naas) ge­bruik. Ko­pi­eer die Che Gu­e­va­ra-prent op blad­sy 98 op ’n A4-vel wit pa­pier. Vou die pa­pier in ’n ke­gel­vorm en plak dit aan die sy­rand toe met al­kant-plak­band.

Ham­kro­ket­te

Ge­noeg vir: 8 Be­rei­dings­tyd: 45 mi­nu­te, plus ys­kas­tyd Gaar­maak­tyd: om­trent 20 mi­nu­te

60 ml bot­ter

1 mid­del­slag-ui, fyn­ge­kap

125 ml koek­meel

375 ml melk

450 g ham, fyn­ge­kap

250 ml vars wit­brood­krum­mels

30 ml fyn­ge­kap­te vars pie­ter­sie­lie

1 ml neut­mus­kaat

o­lie, vir diep­braai

KRUMMELLAAG

2 groot ei­ers, lig­gies ge­klits

250 ml droë brood­krum­mels

65 ml koek­meel

1 Ver­hit die bot­ter in ’n ka­strol. Voeg die ui by en so­teer dit tot dit sag is. Roer die meel by. 2 Roer die melk ge­lei­de­lik by om ’n glad­de pas­ta te vorm. Roer dit oor ma­ti­ge hit­te tot dit ver­dik en haal dit dan van die plaat af. 3 Roer die ham, vars brood­krum­mels, pie­ter­sie­lie en neut­mus­kaat by en geur dit met sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per. Laat die meng­sel af­koel en sit dit dan vir min­stens 2 uur in die ys­kas om ferm te word. 4 Wan­neer die meng­sel ferm is, kan jy klein bol­le­tjies daar­van af­knyp en dit in si­lin­der­vorms rol. 5 Krummellaag K­lits 15 ml wa­ter by die ei­ers. Meng die droë brood­krum­mels en meel en gooi dit in ’n vlak bak. Doop die kro­ket­te in die ei­er­meng­sel en dan in die krum­mel­meng­sel. S­kud die oor­tol­li­ge krum­mels af en doop dit dan weer in die ei­er­meng­sel en krum­mel­meng­sel. Sit dit een­kant en her­haal die pro­ses met die o­ri­ge kro­ket­te. Sit die kro­ket­te te­rug in die ys­kas om ferm te word. 6 Ver­hit ge­noeg o­lie vir diep­braai. Braai ’n paar kro­ket­te op ’n slag en skep dit met ’n gaat­jies­le­pel uit wan­neer dit goud­bruin is. Laat die kro­ket­te op kom­buis­pa­pier d­rei­neer en sit dit warm voor met die K­re­ool­se sous hier­on­der.

K­re­ool­se sous

Ver­hit 30 ml o­lyf­o­lie in ’n ka­strol. Voeg 1 ge­kap­te ui by en so­teer dit vir 2 mi­nu­te. Voeg 1 fyn­ge­druk­te knof­fel­hui­sie, 1 rooi soet­ris­sie (pit­te ver­wy­der en in blok­kies ge­sny) en 1 ge­kap­te ta­ma­tie by. So­teer dit vir 2 mi­nu­te en voeg dan ’n blik ta­ma­tie­pu­ree, 1-5 ml Ta­bas­co-sous, 30 ml wa­ter, 2 ml sui­ker en sout na smaak by. Laat dit vir 10 mi­nu­te lig­gies prut. Haal dit van die plaat af en en roer 30 ml fyn­ge­kap­te pie­ter­sie­lie en 30 ml room by. Sit dit warm of teen ka­mer­tem­pe­ra­tuur voor.

So­mer­slaai

Sit die pan­ge­braai­de vis en geu­ri­ge rys voor met ’n lek­ker kraak­vars slaai. Meng 1 pak krul­blaar-slaai­bla­re met ’n bak­kie ker­sie­ta­ma­ties, ’n bos­sie ge­stoom­de as­per­sies, 1 o­ran­je of geel soet­ris­sie (pit­te ver­wy­der en in re­pe ge­sny), 125 ml gaar ert­jies, 2 a­vo­ka­do’s (in sky­we ge­sny) en 1 ui wat in dun rin­ge ge­sny is. Drup o­lyf­o­lie en lem­me­tjie­sap bo-oor.

Pan­ge­braai­de vis met mo­jo-sous

Ge­noeg vir: 8 Be­rei­dings­tyd: 40 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: om­trent 40 mi­nu­te

ka­no­la-o­lie, vir pan­braai

2 vars lyn­vis­se, bin­ne­goed ver­wy­der

en skoon­ge­maak

lem­me­tjie­wig­gies en ’n vars slaai,

om voor te sit

MO­JO-SOUS

125 ml o­lyf­o­lie

125 ml vars­uit­ge­druk­te lem­me­tjie­sap

sap van 1 klein le­moen

5 ml ge­ras­per­de le­moen­skil

6 fyn­ge­kap­te spriet­uie

65 ml fyn­ge­kap­te vars kol­jan­der

10 ml droë o­ri­ga­num

5 ml fyn ko­myn

3 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­druk

3 ml vars­ge­maal­de swart­pe­per

1 Ver­hit ’n la­gie o­lie in ’n groot kleef­vrye pan. Pan­braai die he­le vis vir om­trent 10 mi­nu­te per kant (na ge­lang van hoe dik dit is). Die vleis moet wit wees en mak­lik vlok as dit gaar is. Jy kan dit ook on­der die oond­roos­ter gaar­maak, as jy wil. 2 Sous K­lits al die be­stand­de­le saam. 3 Lig die vis uit die pan wan­neer dit gaar is en be­dek dit met foe­lie ter­wyl jy die an­der vis braai. Sit al­bei vis­se op ’n groot op­dien­bord en giet die sous bo-oor. Jy kan die sous ook a­part voor­sit so­dat die gas­te dit self kan oor­gooi. Gar­neer die vis met wig­gies vars lem­me­tjie en sit dit voor saam met ’n lek­ker so­mer­slaai.

Geu­ri­ge rys met swart­boon­tjies

Ge­noeg vir: 8 Be­rei­dings­tyd: 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 20 mi­nu­te

500 ml bas­ma­ti­rys

40 ml o­lyf­o­lie

2 uie, fyn­ge­kap

4 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­druk

1 rooi soet­ris­sie, pit­te ver­wy­der en

in blok­kies ge­sny

5 ml fyn ko­myn

3 ml bor­rie

3 lou­rier­bla­re

250 ml swart­bo­ne, ge­kook en

ge­drei­neer

1 Spoel die rys af, gooi dit in ’n ka­strol en be­dek dit met wa­ter (voeg sout by). Ver­hit dit tot kook­punt, laat dit vir 10 mi­nu­te prut en draai dan die plaat af en sit die dek­sel op. 2 Ver­hit die o­lie in ’n ka­strol en so­teer die ui tot dit sag is. Voeg die knof­fel en soet­ris­sie by en so­teer dit vir ’n paar mi­nu­te voor jy die ko­myn, bor­rie en lou­rier­bla­re by­roer. Roer dit deur, voeg die rys by en roer dit weer goed deur. Voeg laas­tens die gaar bo­ne by. Sit die dek­sel op en laat dit een­kant staan tot jy reg is om dit voor te sit.

Pie­sang­koek met rum­stroop

Ge­noeg vir: 8 Be­rei­dings­tyd: 30 mi­nu­te Bak­tyd: 35 mi­nu­te Oond­tem­pe­ra­tuur: 180 °C

250 g bot­ter

250 g bruin­sui­ker

3 groot ei­ers

3 ryp pie­sangs, ge­skil en fyn­ge­druk

5 ml va­niel­je­geur­sel

250 g bruis­meel

ge­klits­te room of va­niel­je­room­ys,

om voor te sit

STROOP

30 ml bot­ter

100 ml bruin­sui­ker

100 ml lig­te rum

klap­per­skaaf­sels, vir ver­sie­ring

1 K­lits die bot­ter en sui­ker saam tot dit lig en don­sig is. Voeg die ei­ers by en k­lits dit weer goed. Voeg die pie­sang, va­niel­je­geur­sel en ’n kny­pie sout by. K­lits dit vir ’n paar se­kon­des tot dit in­ge­meng is. 2 Vou die bruis­meel in en skep die be­slag in ’n ge­smeer­de ring­koek­pan. Bak dit vir om­trent 35 mi­nu­te in die ver­hit­te oond. Jy sal dalk die koek met ’n stuk foe­lie moet be­dek in­dien dit te vin­nig bruin word. Die koek is gaar as ’n toets­pen skoon uit­kom.

3 Haal die koek uit die oond en sit dit een­kant om heel­te­mal af te koel voor jy dit uit­keer op ’n op­dien­bord.

4 Stroop Ver­hit die bot­ter, sui­ker en rum in ’n ka­strol. Roer dit tot die sui­ker op­ge­los het en laat dit dan vir 5 mi­nu­te prut. Haal die ka­strol van die plaat af en skep die stroop oor die koek. S­prin­kel klap­per­skaaf­sels bo-oor en sit die koek warm of teen ka­mer­tem­pe­ra­tuur voor met ’n skep ge­klits­te room of va­niel­je­room­ys.

Ske­mer­kel­kies Cu­ba Li­b­re

Druk ’n bie­tjie vars lem­me­tjie­sap in ’n lang glas uit. Voeg ’n paar ys­blok­kies en 25-35 ml lig­te rum by. Vul die glas tot bo met ko­la.

Mo­ji­to

Gooi 180 ml lig­te rum, 60 ml sui­ker, 90 ml lem­me­tjie­sap en ’n paar tak­kies vars ment in ’n meng­fles. Vul kort gla­se met ys, lem­me­tjie­wig­gies en nog vars ment. Gooi die men­gel­dran­kie-meng­sel oor die be­stand­de­le in die glas.

F­ri­da-graf­fi­ti

Spuit­verf ’n F­ri­da Kahlo-prent teen jou muur. Ko­pi­eer die prent in swart en wit op pa­pier en plak dit met mas­keer­band op ’n vel a­se­taat vas. Werk op ’n sny­mat en sny al die swart de­le met ’n hand­werk­mes­sie uit. Gooi die ge­ko­pi­eer­de prent weg. Plak die a­se­taat­sten­sil met spuit­gom teen die muur vas en spuit­verf oor die uit­ge­sny­de de­le om die graf­fi­ti te skep. Laat die verf droog word voor­dat jy die sten­sil ver­wy­der.

Skep die prent­jie

Kies kleure wat her­in­ner aan ’n Mexikaanse fiësta vir jou F­ri­da Kahlo-par­ty­tjie. Ge­bruik ’n men­gel­moes van ta­fels en stoe­le en dé­cou­pa­ge dit met kleur­ry­ke pren­te. Dek die ta­fel met e­mal­je-, gla­sen er­de­wa­re en vro­lik dit op met kan­de­la­re, blom­ver­sie­rings en vet­plan­te. Ons het ’n string pa­troon­vlag­gies bo­kant die ta­fel ge­hang om die prent­jie af te rond.

S­pan­spek-mar­ga­ri­ta

Gooi 4 kop­pies span­spek­blok­kies in ’n voed­sel­ver­wer­ker saam met 120 ml vars lem­me­tjie­sap, 150 ml te­qui­la en 45 ml Cointreau of tri­ple sec. Maak die rand van ’n mar­ga­ri­ta-glas nat en doop dit in sui­ker. Maak die gla­se half­vol met fyn ys en vul dit op met die mar­ga­ri­ta-meng­sel. Gar­neer el­ke dran­kie met ’n lem­me­tjie­sky­fie en ’n tak­kie ment.

Mie­lie­blaar­pak­kies met te­qui­la-hoen­der

Maak: 8-10 Be­rei­dings­tyd: 45 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 10-15 mi­nu­te

4 hoen­der­bors­fi­let­te

45 ml o­lyf­o­lie

suur­le­moen­skil

5 ml fyn­ge­ras­per­de lem­me­tjie- of

1 knof­fel­hui­sie, fyn­ge­druk

45 ml te­qui­la

’n kny­pie ris­sie­poei­er

2 ml fyn kol­jan­der

1 ml fyn ko­myn

5 ml vars o­ri­ga­num (of 2 ml ge­droog)

20-30 mie­lie­bla­re

vars kol­jan­der

ge­roos­ter­de­ta­ma­tie-sal­sa

(re­sep hier­naas), om voor te sit

na­chos, om voor te sit 1 Sny die hoen­der in fyn re­pies en sit dit in ’n plas­tiek­sak wat jy kan ver­se­ël. Voeg die o­lyf­o­lie, lem­me­tjie- of suur­le­moen­skil, knof­fel, te­qui­la, ris­sie­poei­er, kol­jan­der, ko­myn en o­ri­ga­num by. Vryf die hoen­der daar­mee in en laat dit ver­kies­lik oor­nag in die sak ma­ri­neer. 2 Week die mie­lie­bla­re vir 15-30 mi­nu­te in koue wa­ter en laat dit goed d­rei­neer. 3 Laat twee of drie mie­lie­bla­re oor­vleu­el en skep ’n le­pel vol van die hoen­der­meng­sel daar­op. Voeg vars kol­jan­der by. Vou die bla­re toe en bind die pun­te toe. 4 Pak die pak­kies in ’n sto­mer, of plaas ’n bak­kie on­der­ste­bo in ’n ka­strol met ko­ken­de wa­ter en sit ’n bord met die pak­kies bo-op neer. Laat dit vir om­trent 10-15 mi­nu­te met die dek­sel op stoom. 5 Sit die pak­kies warm voor met die sal­sa en na­chos.

Ge­roos­ter­de­ta­ma­tie-sal­sa

Maak: om­trent 400 ml Be­rei­dings­tyd: 15 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 20 mi­nu­te Oond­tem­pe­ra­tuur: roos­ter

4 ryp ta­ma­ties

1 rooi soet­ris­sie

1-2 rooi brand­ris­sies

1 klein ui, met s­kil en al in kwar­te ge­sny

25 ml o­lyf­o­lie

knof­fel­hui­sies

5 ml fyn ko­myn

2,5 ml ge­droog­de o­ri­ga­num

2,5 ml ge­rook­te pa­pri­ka

1 ml ris­sie­vlok­kies

5 ml ka­ka­o­poei­er

5 ml a­syn

1 Pak die ta­ma­ties, soet­ris­sie, brand­ris­sie en ui op ’n bak­plaat en roos­ter dit tot die s­kil van die ta­ma­tie en soet­ris­sie swart bla­se maak. Draai dit half­pad deur die pro­ses om.

2 Ver­wy­der die ge­bran­de s­kil en pit­te, gooi dit weg en sit die res in ’n bak.

3 Ver­hit die o­lyf­o­lie in ’n ka­strol en braai die knof­fel, kruie en spe­se­rye vir ’n mi­nuut voor­dat jy die o­ri­ge be­stand­de­le by­voeg. Maak dit fyn met ’n hand­ver­sap­per of voed­sel­ver­wer­ker. Geur dit na smaak met sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per en sit dit voor as ’n by­kos.

Gu­a­ca­mo­le

Meng 3 ryp a­vo­ka­do­pe­re, ef­fens fy­ner ge­druk, met 30 ml fyn­ge­kap­te ui, 30 ml fyn­ge­kap­te vars kol­jan­der, 10 ml suur­le­moen- of lem­me­tjie­sap, 1 fyn­ge­kap­te ta­ma­tie, 1 vars brand­ris­sie (op­si­o­neel; ver­wy­der die pit­te en kap dit fyn) en ’n kny­pie fyn ko­myn. Geur dit met sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per.

Ste­ak met a­do­bo-sous

Ge­noeg vir: 6-8 Be­rei­dings­tyd: 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 6-10 mi­nu­te

o­lyf­o­lie

1 kg kruis­skyf

2-8 rooi brand­ris­sies, pit­te ver­wy­der

(na ge­lang van hoe warm dit is)

1 heel rooi soet­ris­sie

2 knof­fel­hui­sies

45 ml ap­pela­syn

3 ml bruin­sui­ker

1 ml fyn ko­myn

’n kny­pie fyn na­el­tjies

30 ml vars­uit­ge­druk­te le­moen­sap

10 ml suur­le­moen­sap

tor­til­las, om voor te sit

suur­room, gu­a­ca­mo­le en ta­ma­tie­sal­sa,

om voor te sit

1 Drup o­lyf­o­lie oor die ste­ak en sit dit een­kant om vir ’n uur of lan­ger te ma­ri­neer. Ver­hit ’n rif­fel­pan en roos­ter die ris­sies en soet­ris­sie tot dit swart bla­se maak. Sit die brand­ris­sies in ’n bak en be­dek dit met koue wa­ter. Laat dit vir 30 mi­nu­te week, d­rei­neer dit en gooi dan die wa­ter weg. Ver­wy­der die soet­ris­sie se pit­te. 2 Sit die rissie en soet­ris­sie in ’n ver­sap­per en voeg die o­ri­ge sous­be­stand­de­le, 3 ml sout en 1 ml vars­ge­maal­de swart­pe­per by. Pols dit tot dit ’n pas­ta vorm en skep dit uit in ’n klein bak­kie. 3 Ver­hit ’n rif­fel­pan tot dit baie warm is. Verf die ste­ak met ’n bie­tjie o­lie en geur dit met sout. Maak dit 2-3 mi­nu­te aan ’n kant gaar, na ge­lang van hoe dik die ste­ak is en hoe gaar jy dit ver­kies. 4 Haal die ste­ak uit die pan, verf dit al­kant met die a­do­bo-sous en laat dit dan vir 5 mi­nu­te rus voor jy dit teen die grein in dun sky­we sny. 5 Sit die ste­ak voor op tor­til­las met die suur­room, gu­a­ca­mo­le en sal­sa bo-op.

Mexikaanse boon­tjies

Ge­noeg vir: 6-8 Be­rei­dings­tyd: 5 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 25 mi­nu­te

20 ml o­lyf­o­lie

1 ui, ge­kap

2 sel­de­ry­ste­le, ge­kap

1 mid­del­slag-wor­tel,

ge­kap

2 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­kap

1 brand­ris­sie, pit­te ver­wy­der

en fyn­ge­kap (op­si­o­neel)

5 ml fyn ko­myn

5 ml fyn kol­jan­der

3 ml fyn ka­neel

1 groen soet­ris­sie,

pit­te ver­wy­der en

in klein blok­kies ge­sny

1 blik ge­kap­te ta­ma­ties

15 ml ta­ma­tie­pas­ta

1 blik elk ge­meng­de bo­ne

en nier­bo­ne, af­ge­spoel

en ge­drei­neer

3 spriet­uie, fyn­ge­sny

30 ml vars kol­jan­der

ta­co’s, om voor te sit

suur­room, ge­ras­per­de

wit ched­dar, blok­kies

a­vo­ka­do en ta­ma­tie-

sal­sa, om voor te sit

1 Ver­hit die o­lyf­o­lie en braai die ui, sel­de­ry, wor­tel, knof­fel en rissie vir ’n paar mi­nu­te tot dit sag is. 2 Voeg die spe­se­rye en soet­ris­sie by, braai dit vir ’n mi­nuut en voeg dan die ta­ma­ties en ta­ma­tie­pas­ta by. Sit die dek­sel op en laat dit vir 10 mi­nu­te prut voor jy die bo­ne by­gooi en dit nog 15 mi­nu­te laat prut. Voeg ’n bie­tjie wa­ter by in­dien dit te droog word. 3 Geur die meng­sel na smaak en roer die spriet­uie en vars kol­jan­der by. Sit dit voor in ta­co’s saam met die suur­room, kaas, a­vo­ka­do en sal­sa, of saam met die ste­ak.

Ge­roos­ter­de mie­lies

Ge­noeg vir: 8 Be­rei­dings­tyd: 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 10 mi­nu­te

8 heel groen­mie­lies

90 ml goeie ma­yon­nai­se

1 knof­fel­hui­sie, fyn­ge­druk

2,5 ml ca­yen­ne-pe­per

250 ml ge­krum­mel­de fe­ta

sap van 2 lem­me­tjies

1 Trek ’n paar van die mie­lie­bla­re af en hou dit vir die pak­kies met te­qui­la­hoen­der op blad­sy 30. Kook die mie­lies vir 10 mi­nu­te, haal dit uit die ka­strol en laat dit goed d­rei­neer voor­dat jy dit vir om­trent 10 mi­nu­te oor die ko­le (of in ’n rif­fel­pan) roos­ter – draai dit el­ke paar mi­nu­te om. 2 Meng die ma­yon­nai­se, knof­fel, ca­yen­ne-pe­per en ’n ruim kny­pie sout. Wan­neer die mie­lies gaar is, kan jy die ma­yon­nai­se-meng­sel bo-oor smeer, die fe­ta oor­sprin­kel en dan die vars lem­me­tjie­sap oor­drup. Sit die mie­lies warm voor as ’n by­kos of voor­ge­reg.

Dul­ce de le­che­poe­dings met ris­sie­ge­gla­seer­de vrug­te

Ge­noeg vir: 6-8 Be­rei­dings­tyd: 15 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 20-25 mi­nu­te Oond­tem­pe­ra­tuur: 160 °C

255 ml sui­ker

465 ml vol­room­melk

190 ml ge­blik­te ka­ra­mel

3 groot ei­ers

3 groot ei­er­ge­le

2 ml va­niel­je­geur­sel

100 ml bruin­sui­ker

’n kny­pie fyn ka­neel

1 ml ris­sie­vlok­kies

1 pynappel, ge­skil en in sky­fies ge­sny

1 Ver­hit die sui­ker en 90 ml wa­ter in ’n ka­strol. Ver­hit dit oor ma­ti­ge hit­te son­der om dit te roer tot die sui­ker ’n mooi ka­ra­mel­kleur het. Ver­deel dit tus­sen 6-8 ra­mek­ins. 2 Ver­hit die melk, ka­ra­mel en 2 ml sout in ’n ka­strol. K­lits dit tot die meng­sel glad is en ver­hit dit tot dit lig­gies prut.

3 K­lits die ei­ers en ei­er­ge­le in ’n bak en voeg die va­niel­je­geur­sel by. Voeg die warm melk­meng­sel ge­lei­de­lik by die ei­ers ter­wyl jy die heel­tyd k­lits. 4 Ver­deel die meng­sel tus­sen die ra­mek­ins. Pak die ra­mek­ins in ’n oond­skot­tel wat tot half­pad teen die ra­mek­ins op met warm wa­ter ge­vul is. Bak dit vir 20-25 mi­nu­te in die ver­hit­te oond of tot die poe­dings ge­stol het.

Haal dit uit die oond en laat dit heel­te­mal af­koel. Sit dit vir ’n paar uur – ver­kies­lik oor­nag – in die ys­kas. Sny met ’n stomp mes om die ran­de voor jy dit op op­dien­bor­de uit­keer. 5 Meng die bruin­sui­ker, ka­neel en rissie, s­prin­kel dit oor die vrug­te en roos­ter dit dan on­der ’n warm roos­ter­e­le­ment tot die sui­ker be­gin bor­rel. Sit dit saam met die poe­dings voor.

Blom­me

Ver­sier die ta­fel met vars blom­kran­se. Knip die kop­pe van blom­me soos an­ge­lie­re en pa­pa­wers af en ryg dit met ’n groot naald op dun tou. K­noop die pun­te ste­wig vas. Ons het ook ou kan­de­la­re in hel­der kleure ge­spuit­verf en dit met van die blom­kran­se en vet­plan­te ver­sier.

F­ri­da-wenk­broue

Knip wenk­broue uit swart kar­ton vol­gens die pa­troon hier­bo en plak el­ke paar met ’n gom­ge­weer op ’n so­sa­tie-stok­kie vas. Laat jou gas­te daar­mee po­seer wan­neer julle fo­to’s neem.

Blom-haar­ban­de

Jy kan ook vir die gas­te haar­ban­de met blom­me as hoof­tooi­sels gee. Ge­bruik kuns­blom­me en plak dit met jou gom­ge­weer op die haar­band vas.

Muur­ver­sie­rings

Maak muur­pa­pier van ons F­ri­da Kahlo­p­rent op die blad­sy hier­naas. Jy kan dit ook raam, vir uit­no­di­gings ge­bruik of jou meu­bels daar­mee dé­cou­pa­ge.

Ta­fel­ver­sie­rings

Ons het ’n meng­sel van fo­to­sta­te van F­ri­da Kahlo-kuns­wer­ke en Mex­i­kaan­sestyl te­ël­tjies ge­bruik om ons twee ta­fels te ver­sier. Fo­to­sta­teer jou guns­te­ling­kuns­wer­ke as­ook drie of vier klein te­ëls (pak die te­ëls in ’n ry op die fo­to­staat­ma­sjien se glas­blad) en knip dit uit. Verf mod­ge pod­ge oor die ag­ter­kant en plak dit op die ta­fel vas. Ver­se­ël dit met nog ’n paar lae mod­ge pod­ge en dan ’n laag dé­cou­pa­ge-ver­nis vir ’n meer per­ma­nen­te af­wer­king.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.