Kui­er­kom­buis

Kom­bi­neer die een­voud van na­tuur­li­ke lin­ne met ’n tik­kie shab­by­sjiek styl om ’n heer­li­ke koskui­er­plek vir die ge­sin skep.

Idees Stik - - Inhoyd - pro­jek­te KEVIN SWARTS en E­LI­ZA­BETH FESTER 1

Steek die was­ma­sjien ag­ter gor­dyn­tjies weg, maak'n mooi lang voor­skoot en stik'n ou­tyd­se skon­mand­jie

Weg­kruip-gor­dyn­tjies

Steek jou was­toe­be­ho­re ag­ter sul­ke ou­li­ke gor­dyn­tjies weg. Die ge­heim is om ver­skil­len­de teg­nie­ke vir el­ke ma­te­ri­aal­pa­neel te ge­bruik.

MOEI­LIK­HEIDS­GRAAD: Re­de­lik moei­lik TYD: 2 vol­le dae

So knip jy uit

1 Meet die o­pe­ning (leng­te en breed­te) waar die gor­dyn gaan hang en be­plan jou pa­ne­le – jy gaan een kleur herhaal so­dat jy vier pa­ne­le het (vir dié gor­dyn het ons vir pa­neel 2 en 4 die­self­de ma­te­ri­aal ge­bruik). 2 Knip dan só uit vol­gens jou ma­tes, met 2 cm aan al die kan­te ek­stra vir naat­toe­la­tings aan­ge­knip: Knip vir die boon­ste pa­neel drie keer die breed­te van die o­pe­ning uit so­dat dit baie in­ge­plooi kan word – maak ook se­ker dié pa­neel maak voor­sie­ning vir die stok se skuif bo-aan. 3 Knip die twee­de pa­neel net vol­gens die breed­te, plus die naat­toe­la­tings rond­om. Die der­de pa­neel kan 1½ keer die breed­te wees vir die in­ryg. Pa­neel 4 word 1½-1¾ keer die breed­te ge­knip – af­han­gend van hoe breed jy jou plat­plooie wil maak.

So maak jy

Kap al die pa­ne­le se ra­fel­ran­de om so­dat dit nie uit­ra­fel wan­neer die plooi­tjies ge­maak word nie.

2 Be­gin met die boon­ste pa­neel, stik twee rye rygs­tik­sels aan die bo- en on­der­kant van die ma­te­ri­aal en ook in die mid­del waar dit vas­ge­stik gaan word na­dat die rand om­ge­vou is om die skuif vir die stok te maak. Trek al die ryg­dra­de in tot die reg­te breed­te.

3 Vou die bo­rand van die pa­neel om en stik dit in die mid­del­ste ryg­draad vas met om­boor­sel tus­sen­in so­dat die naat ste­wi­ger is.

4 Neem pa­neel 2 en stik die boor­sel aan die bo­rand van die pa­neel vas. (As jy nie boor­sel in die kleur kry wat jy be­no­dig nie, kan jy jou eie maak.) Stik die on­der­kant van pa­neel 1 aan die bo­kant van pa­neel 2 met die reg­te kan­te teen me­kaar.

5 Stik twee rye rygs­tik­sels aan die bo- en on­der­kant van pa­neel 3 en trek die ryg­dra­de in tot die reg­te breed­te. Stik pa­neel 2 en 3 aan me­kaar vas met die reg­te kan­te teen me­kaar. Stik die pe­ters­ham­lint oor dié naat vas.

6 Neem jou laas­te pa­neel en vou plat­plooie in so­dat die bo­rand van pa­neel 4 op die on­der­rand van pa­neel 3 pas. Pars die plooie in po­si­sie en stik dit so vas. Stik nou pa­neel 4 aan pa­neel 3 vas met die reg­te kan­te teen me­kaar.

7 Vou smal dub­bel­soom­pies aan el­ke sy­rand van die gor­dyn in en stik dit vas. Maak se­ker jou gor­dyn­leng­te is reg (sny dit, in­dien no­dig), vou ’n dub­bel­soom­pie aan die on­der­rand in en stik dit vas.

‘Eggs for sa­le’-te­ken van Peter Os­born Fur­ni­tu­re. Stam­per en vy­sel van Wey­landts. S­kink­bord­lap en tee­doek van On­si­te Gal­le­ry. Mes (deel van stel) van @ho­me.

Mo­del: He­le­na van Full Ci­r­cle. Ha­re en g­ri­me­ring: Lyn­dall van Su­per­no­va.

Lin­ne­voor­skoot

Niks is so mooi soos ’n lek­ker lang voor­skoot wat jy reg rond­om kan vou om die spat­sels weg te hou nie.

MOEI­LIK­HEIDS­GRAAD: Mak­lik TYD: 2 uur

So knip jy uit

Vou die ma­te­ri­aal in die helf­te en speld die pa­troon daar­op vas met die mid­del­lyn op die vou. Knip dit uit (3 cm-naat­toe­la­tings is reeds in­ge­sluit) en knip ook die sak en mid­del­lyf- en nek­ban­de uit.

So maak jy

1 Maak klein in­knip­pies in die ron­ding waar die arm­hol­te is, vou dit na bin­ne­toe om en stryk dit plat. Stik ’n dub­bel­soom­pie reg rond­om die voor­skoot in.

2 Vou die mid­del­lyf­ban­de en band vir die nek in die leng­te in die helf­te met die reg­te kant na bin­ne en stik die lang sy en een kort sy toe. Dop die ban­de na die reg­te kant om en stryk die na­te plat.

3 Stik die mid­del­lyf­ban­de aan die sy­ran­de van die voor­skoot vas. Vou die naat­toe­la­ting aan die oop punt van die band vir die nek na die bin­ne­kant in en stik dit aan die een kant aan die bo­kant van die voor­skoot vas.

4 Maak ’n groot knoops­gat aan die an­der kant van die bo­kant van jou voor­skoot waar­deur die los punt van die band ge­steek en vas­ge­knoop gaan word.

5 Vou die bo­rand van die sak om en stik dit vas. Vou die naat­toe­la­tings aan die an­der drie sye in en speld en stik die sak op die voor­skoot vas. Stik laas­tens die sak in die mid­del af deur al­bei lae om twee a­par­te sak­ke te vorm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.