Bo­ho-Rou­doir

Vir ’n ka­mer met net so­veel fa­set­te soos jy is dié af­wis­se­ling van die vars wit kleur, tik­kies swart en hel­der blom­pa­tro­ne i­de­aal.

Idees Stik - - Inhoyd - pro­jek­te KEVIN SWARTS, KA­REN ADENDORFF en JEN­NI­FER JA­COBS

'n Kwilt met deur­trek-tos­sels, 'n bol­ster en lap-kan­de­laar vir jou ka­mer, plus 'n prag­ti­ge ki­mo­no en plooi-hand­sak vir jou

Kwilt

Bo­kant wit, on­der­kant bont – maak dié kwilt met sy deur­trek-tos­sels vir ’n bo­ho­ka­mer vol ver­ras­sings.

So maak jy

LET WEL Al­le naat­toe­la­tings is 1,5 cm.

1 Speld en stik die twee bont ma­te­ri­aal­pa­ne­le met die reg­te kan­te teen me­kaar by een 207 cm-rand aan me­kaar vas om een pa­neel van 207 x 240 cm te vorm. Pars die naat oop.

2 Speld die pa­ne­le vir die voor- en ag­ter­kan­te aan me­kaar met die reg­te kan­te teen me­kaar. Speld die wat­teer­sel aan die twee lae van die oor­trek­sel vas met die bont pa­neel teen die wat­teer­sel. Be­gin 20 cm van die mid­del van die on­der­rand af en stik deur al drie lae rond­om aan die bui­te­rand van die kwilt, met ’n o­pe­ning van 40 cm in die mid­del van die laas­te naat. Knip die oor­tol­li­ge ma­te­ri­aal en wat­teer­sel by die naat­toe­la­tings van die hoe­ke af voor­dat jy die kwilt na die reg­te kant om­dop. Stik die wat­teer­sel aan die bont ma­te­ri­aal­pa­neel vas op die naat­lyn by die o­pe­ning. Vou die naat­toe­la­ting van die wit ma­te­ri­aal na die kwilt toe en werk die o­pe­ning met klein glip­ste­kies toe.

3 Speld die bui­te­rand van die kwilt om plat te lê en stik ’n bos­tik­sel 1 cm van die rand.

4 Sit die kwilt op ’n plat op­per­vlak neer. Meet en merk met spel­de ’n rui­te­pa­troon van 33 x 33 cm om die po­si­sies van die tos­sels te kry. Daar moet se­we plek­ke dwars­oor en ses plek­ke in die leng­te af wees. Knip vir el­ke tos­sel vyf leng­tes he­kel­ga­re van 30 cm elk en steek elk­een half­pad deur ’n naald so­dat el­ke tos­sel uit 10 dra­de sal be­staan. Trek die dra­de deur die kwilt van die wit kant af en dan weer te­rug, 5 mm links van die eer­ste punt. Knoop el­ke bon­del­tjie met ’n plat­knoop en knip die pun­te af tot 5 cm.

Bol­ster­kus­sing

Herhaal die swart in jou kleur­ske­ma – dié keer met ’n fyn swart stre­pie om jou lek­ker groot bol­ster­kus­sing. En laat die pa­tro­ne weer uit­loer aan weers­kan­te.

So maak jy

LET WEL Al­le naat­toe­la­tings is 1,5 cm.

1 Vou die ge­streep­te ma­te­ri­aal in die leng­te dub­bel met die reg­te kant bin­ne, om ’n buis van 78 cm lank te vorm.

2 Speld en stik 11,5 cm aan el­ke kant van die naat­toe­la­ting toe, met ’n o­pe­ning van 55 cm vir die rits­slui­ter ge­los. Pars die naat oop en kap die naat­toe­la­tings af­son­der­lik om. Sit ’n rits­slui­ter­voet­jie op jou ma­sjien en stik die rits­slui­ter in die o­pe­ning vas.

3 Speld en stik die twee bont eind­pa­ne­le om twee bui­se te vorm wat 15 cm lank is. Stik die eind­pa­ne­le aan die pun­te van die bol­ster-oor­trek­sel vas. Kap die ra­fel­rand aan el­ke punt van die oor­trek­sel om en stik ’n 1,5 cm-breë skuif daar in, maar laat ’n o­pe­ning van 1 cm waar­deur die koord in­ge­steek kan word.

4 Steek ’n leng­te koord deur elk van die s­kui­we en trek die koord in om die ma­te­ri­aal in te plooi. Knoop die koor­de ste­wig vas en knip die oor­tol­li­ge pun­te af.

5 Stik nou die oor­trek­sel van die bin­ne­kus­sing van die bol­ster van die stuk­ke wit ma­te­ri­aal, met ’n o­pe­ning van 20 cm in die lang naat ge­laat. Dop die oor­trek­sel na die reg­te kant om en stop dit op. Speld die o­pe­ning toe en stik dit met ’n bos­tik­sel toe, 2 mm van die ge­vou­de rand af. Steek die bin­ne­kus­sing in die bol­ster deur die oop rits­slui­ter.

Kort ki­mo­no

Dié ki­mo­no, mak­lik om te maak en moei­te­loos styl­vol, is i­de­aal as ’n lig­te oor­jas­sie.

1 Te­ken die pa­troon­de­le op blad­sye 67-69 oor op kle­re­ma­kers­gra­fiek­pa­pier. Knip die de­le vir die ki­mo­no uit die ma­te­ri­aal en dra al die pa­troon­mer­kies oor. Stik die skou­er­na­te van die voor- en ag­ter­pant­de­le aan me­kaar met die reg­te kan­te teen me­kaar. Pars die naat­toe­la­tings oop.

2 Sit die bo­ran­de van die mou­de­le op­me­kaar en stik dit aan me­kaar vas. Stik die moue in die mous­ga­te vas.

3 Sit die voor- en ag­ter­pant­de­le op­me­kaar met die reg­te kan­te teen me­kaar. Stik die on­der­kant van die mou en syn­aat aan­een­lo­pend toe aan al­bei kan­te.

4 Vou die naat­toe­la­tings aan die on­de­ren mou­ran­de na die bin­ne­kant om en stik dit met ’n bos­tik­sel en dub­bel­naald vas.

5 Vou die kraag­deel in die leng­te dub­bel met die reg­te kant bin­ne. Stik die kort sye toe tot by die naat­toe­la­tings. Dop dit na die reg­te kant om en pars dit.

6 Speld een rand van die kraag­deel aan die nekrand van die ki­mo­no vas met die reg­te kan­te teen me­kaar en stik dit vas.

7 Pars die naat­toe­la­tings in so­dat die ra­fel­ran­de toe­ge­maak word. Werk die an­der rand van die kraag met glip­ste­kies vas.

Lap­pieskan­de­laar

Ge­bruik jou oor­skiet­lap­pies om hier­die tref­fen­de kan­de­laar vir jou ka­mer te maak.

So maak jy

1 Be­plan jou kleur­ge­bruik en trek al die kra­le soos volg oor: Meet die deur­snee van die kra­le­tjie van gaat­jie tot gaat­jie. Dit is die breed­te van die stro­kie ma­te­ri­aal. Meet die om­trek van die kra­le­tjie en tel 1 cm by – dit is die leng­te van die stro­kie ma­te­ri­aal. Knip al die stro­kies uit en maak klein in­knip­pies aan al­bei lang sye so­dat die ma­te­ri­aal mooi om die ron­ding van die kra­le­tjie sal pas. Smeer gom aan die ag­ter­kant van die stro­kies ma­te­ri­aal en plak dit oor die kra­le­tjies vas. Moe­nie die gaat­jies toe­plak nie.

2 Knip 12 strin­ge was­koord van so­wat 50 cm elk en 12 van so­wat 1 m elk.

3 Knoop die strin­ge koord ste­wig aan die bo­dem van die mand­jie vas, maar wis­sel die kor­tes en lan­ges af. Ryg drie klein (2,5 cm), vier me­di­um (3 cm) en drie groot (3,5 cm) kra­le op die eer­ste lang string in en knoop dit aan die bo­rand van die mand­jie vas. Neem die vol­gen­de (kort) string, ryg twee klein, vier me­di­um en drie groot kra­le in en knoop dit ook aan die bo­rand van die mand­jie vas. Gaan so voort (met die een lang string wat drie klein kra­le het en vol­gen­de kort string net twee) tot­dat al 24 strin­ge e­we­re­dig oor die die rand van die mand­jie vas­ge­knoop is.

4 Ryg nou vier groot, ses me­di­um en vier klein kra­le op die eer­ste lang string in. Dit be­paal die hoog­te van die kan­de­laar.

5 Maak die gloei­lam­p­raam (die bin­ne­ste ge­deel­te van ’n lamp­skerm) op hier­die hoog­te bo aan die drie ket­tings van die mand­jie vas met ju­we­liers­draad. Knip die los pun­te af.

6 Knoop die in­ge­ryg­de lang string aan die bo­rand van die gloei­lam­p­raam vas.

7 Ryg nou kra­le op al die lang strin­ge in vol­gens stap 5 en knoop dit ook aan die gloei­lam­p­raam vas. Daar is dus 12 strin­ge al­te­saam.

8 Maak ses dra­peer­strin­ge aan die on­der­kant van die kan­de­laar deur twee klein, een me­di­um en dan weer twee klein kra­le op ’n stuk was­koord in te ryg en dit om die bo­rand van die mand­jie vas te knoop.

9 Knip al die los pun­te van die strin­ge was­koord af en hang die kan­de­laar op.

WENK Jy kan e­ni­ge groot­te draad­hang­mand­jie ge­bruik, maar pas dan die rye kra­le dien­oor­een­koms­tig aan. Ont­hou om die af­wis­se­ling van die ver­skil­len­de ma­te­ri­a­le in ag te neem.

Plooi-hand­sak

Teen die kas of oor jou arm, hier­die ge­plooi­de hand­sak gaan jou ’n na­week neem om te maak, maar ja­re lank ge­luk­kig hou.

So maak jy

1 Knip die vol­gen­de: twee stro­ke van 150 x 30 cm vir die voor- en ag­ter­pan­te; twee voe­ring­pan­te van 37,5 x 30 cm; twee stro­ke van 94 x 7 cm vir die sy- en on­der­pan­te; en twee ban­de van 44 x 8 cm.

2 Volg die di­a­gram op blad­sye 70-71 en merk al die plooi­tjies op die twee stro­ke vir die voor- en ag­ter­pant met ’n kle­re­ma­kers­pen uit. Vou en stik el­ke plooi. Pars die ma­te­ri­aal.

3 Maak in­knip­pies in die sy­strook soos op die pa­troon aan­ge­dui word en werk dit dan aan die sy­kan­te en on­der­kant van die plooi­tjie-voor­pant vas.

4 Werk die­self­de sy­strook ook aan die sy­kan­te en on­der­kant van die plooi­tjie­ag­ter­pant vas. Dit vorm die bui­te­sak.

5 Werk die an­der sy­strook aan die twee voe­ring­pan­te vas. Dit vorm die voe­ring­sak. Dop dit om na die reg­te kant.

6 Vou die twee ban­de oor­langs en stik dit vas. Dop dit om, gee dit twee stik­sels en pars dit.

7 Speld die ban­de op die ge­merk­te plek­ke aan die reg­te kant van die voe­ring vas.

8 Plaas die voe­ring­sak in die plooi­tjie­sak met die reg­te kan­te teen me­kaar, speld dit bo vas en stik dit rond­om, maar laat ’n o­pe­ning van 15 cm vir om­dop. Dop die he­le hand­sak deur die o­pe­ning om. Druk die voe­ring­sak te­rug in die hand­sak. Werk die o­pe­ning met klein ste­kies vas. Pars die hand­sak. Werk op ’n paar plek­ke vangs­te­kies tus­sen die vou van die plooi­tjies deur die voe­ring om die voe­ring in po­si­sie te hou.

Tur­koois kus­sing van Lo­ads of Li­ving. Por­tret-kus­sing en tur­koois lan­tern van MRP Ho­me. Vo­ël­kou­tjie van In Good Com­pa­ny. Mo­del: He­le­na van Full Ci­r­cle. Ha­re en g­ri­me­ring: Lyn­dall van Su­per­no­va.

MOEI­LIK­HEIDS­GRAAD: Re­de­lik mak­lik TYD: Na­week

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.