Nom­mer­pas-Rok

Maak ’n oor­vou­rok wat per­fek om jou mid­del pas en sag oor jou heu­pe val.

Idees Stik - - Inhoyd - pro­jek JEN­NI­FER JA­COBS

Maak 'n oor­vou­rok wat per­fek om jou mid­del pas en sag oor jou heu­pe val

Oor­vou­rok

Be­hal­we dat dit een van die vlei­end­ste sty­le is, maak die lig­te brei­stof dié rok baie ge­mak­lik om te dra en lyk jy moei­te­loos e­le­gant.

So maak jy

LET WEL Al­le pa­troon­de­le sluit 1,5 cm­naat­toe­la­tings in.

1 Ver­groot die pa­troon­di­a­gram op blad­sye 64-66 tot die werk­li­ke groot­te – een blok­kie = 1 x 1 cm. Knip die rok­de­le uit vol­gens die pa­troon­de­le en dra al die pa­troon­mer­kies oor.

2 Stik die pyl­na­te van die bo­lyf- en romp­de­le van die ag­ter­pant. Pars dit na die bui­te­naat toe.

3 Stik die bo­lyf­de­le van die voor- en ag­ter­pan­te by die skou­er­na­te aan me­kaar met die reg­te kan­te teen me­kaar. Pars die naat­toe­la­tings oop.

4 Ryg die mou­kop ef­fens in om in die mous­gat te pas en stik die moue in.

5 Stik die syn­a­te van die bo­lyf­de­le toe met die reg­te kan­te teen me­kaar, maar laat aan een kant 4 cm van die on­der­rand af oop. Dit sal la­ter die o­pe­ning vorm waar­deur die lyf­band gaan om die rok toe te knoop.

6 Stik die ag­ter- en voor­pan­te van die romp­de­le met die reg­te kan­te teen me­kaar by die syn­a­te aan me­kaar. Pars die naat­toe­la­tings oop.

7 Met die pyl­na­te en syn­a­te oor­een, stik die bo­lyf en die romp aan me­kaar by die mid­del­lyf.

8 Vou die naat­toe­la­tings na die bin­ne­kant om en werk die nekrand en sy­ran­de van die romp af.

9 Vou die band­deel in die leng­te in die helf­te met die reg­te kant bin­ne. Stik een kort sy en die lang sy toe. Dop dit na die reg­te kant om en pars dit. Doen die­self­de met die an­der band.

10 Druk die ra­fel­ran­de van die ban­de by die oop pun­te in vir ’n net­jie­se af­wer­king en stik dit aan die kort sye van die bo­lyf voor vas.

11 Pars al die na­te en werk die o­pe­ning vir die band in die syn­aat net­jies om.

12 Soom laas­tens die on­der­ran­de van die rok en moue.

Mo­del: He­le­na van Full Ci­r­cle. Ha­re en g­ri­me­ring: Lyn­dall van Su­per­no­va.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.