Slaap Sag, Prin­ses

Min din­ge gaan jou dog­ter­tjie so ge­luk­kig maak soos ’n sag­te swaan­speel­ding in die arms en ’n bal­le­trok­kie op die bed wan­neer haar o­gies saans toe­gaan.

Idees Stik - - Inhoyd - pro­jek­te ANNEKE DU TOIT

'n Bal­le­ri­na-du­vet, ge­smok­te gor­dyn, swaan­speel­ding en prin­ses­rok­kie vir jou dog­ter­tjie se ka­mer

Swaan­speel­ding

’n Sag­te speel­ding bly maar ’n guns­te­ling om kin­der­tjies ge­luk­kig droom­land toe te stuur. Maak hier­die mooi swaan vir jou prin­ses­sie.

So maak jy

1 Ver­groot die pa­troon op blad­sy 79 tot die ver­lang­de groot­te. Knip twee sna­weld­e­le en twee wan­ge uit die lig­pienk ma­te­ri­aal. Knip twee vler­ke uit die hel­der­pienk ma­te­ri­aal. Knip vier lyf­de­le uit die grys ma­te­ri­aal so­dat daar twee lae per kant is en die ma­te­ri­aal mooi dik sal wees.

2 Neem twee van die lyf­de­le en speld en stik ’n wang, sna­wel en vlerk op elk­een vas. Sit die twee de­le op­me­kaar met die reg­te kan­te teen me­kaar en die twee ek­stra lae bui­te-om. Stik dit deur al die lae aan me­kaar vas, maar laat aan die on­der­kant ’n o­pe­ning van om­trent 8 cm vir om­dop. Dop dit na die reg­te kant toe om en pars dit.

3 Stop die swaan baie styf op met die stop­sel. Be­gin die o­pe­ning met die hand toe­werk en stop dit ver­der op soos jy toe­werk. Jy kan ’n brei­pen ge­bruik om die stop­sel by die sna­wel in te druk. Werk dit heel­te­mal toe. 4 Vir die kroon, vou die on­der­rand van die kant­strook om en pars dit. Vou ook die twee sy­ran­de om en pars dit. Vorm die s­trook in ’n kroon en werk die syn­aat met die hand toe. Speld die kroon op die swaan se kop vas en werk dit vas met net­jie­se klein ste­kies wat ’n mens nie kan sien nie.

5 Te­ken die swaan se toe oë met fyn pot­lood­lyn­tjies. Doop die punt van die so­sa­tie­stok­kie in die ma­te­ri­aal­verf en gaan ver­sig­tig oor die lyn tot­dat jy te­vre­de is met die dik­te.

Bal­le­ri­na-du­ve­ten-kus­sing­stel

Per­fek vir ’n dog­ter­tjie wat hou van dans.

So knip jy uit

Ge­bruik die pa­troon vir die rok­kie op blad­sy 80 en knip die bo­stuk een keer uit ma­te­ri­aal en een keer uit ap­pliek­pa­pier, maar knip die ap­pliek­pa­pier ’n paar mil­li­me­ter klei­ner as die bo­stuk van ma­te­ri­aal. Knip die romp­ge­deel­te van die rok­kie vier keer uit ma­te­ri­aal en twee keer uit ap­pliek­pa­pier. Knip vir die tul­le­tu­tu twee stro­ke van 115 x 30 cm elk in elk­een van die twee kleu­re van jou keu­se – ons het lig­pienk en per­ske­kleur ge­bruik. Ge­bruik die pa­troon op blad­sy 79 vir die bal­letskoe­ne en knip een laag uit maas­stof en een laag uit ap­pliek­pa­pier.

So maak jy

1 Vou 5 mm van die ma­te­ri­aal-bo­stuk na die ver­keer­de kant om en stryk dit rond­om plat. Stryk die ap­pliek­pa­pier vol­gens die aan­wy­sings aan die ag­ter­kant van die bo­stuk vas. Moet nog nie die pa­pier af­trek nie. Stryk ook die ap­pliek­pa­pier vas aan die twee de­le van die romp­ge­deel­te wat aan die on­der­kant kom. 2 Vou die bo- en sy­ran­de van die romp­ge­deel­te ’n paar mil­li­me­ter na die ver­keer­de kant om en stryk dit plat. Skuif die on­der­rand van die bo­stuk tus­sen die twee lae van die romp­ge­deel­te in en speld dit vas. Speld ook die sy­ran­de van die twee lae ma­te­ri­aal van die romp­ge­deel­te vas. Vou die twee pun­te waar die twee de­le van die romp­ge­deel­te by­me­kaar kom om so­dat dit net­jies lyk. Stik nou die de­le wat vas­ge­speld is, met die ma­sjien vas – die sy­kan­te en waar die bo­stuk en romp­ge­deel­te by­me­kaar kom.

3 Kry die mid­del van die du­vetoor­trek­sel en merk dit met ’n speld. Sit die rok­kie in die reg­te po­si­sie op die du­vetoor­trek­sel neer, maar moe­nie dit te hoog sit nie, aan­ge­sien dit on­ge­mak­lik kan wees wan­neer ’n mens slaap.

4 Trek die pa­pier van die ap­pliek­pa­pier af en stryk die rok­kie aan die du­vetoor­trek­sel vas. Stik nou die rok­kie reg rond­om vas – maak se­ker jy stik nie al twee lae van die du­vetoor­trek­sel vas nie, net die boon­ste laag, en moet ook nie die on­der­kant van die romp­ge­deel­te toe­stik nie.

5 Plooi die kant in om op die on­der­rand van die romp­ge­deel­te te pas en speld dit aan die bin­ne­kant van die on­der­rand vas. Speld die pom­pom­strook bo-op die on­der­rand van die romp­ge­deel­te na aan die rand vas. Stik dit deur al die lae vas, maar nie aan die du­vetoor­trek­sel nie.

6 Maak nou die tul­le-tu­tu wat deel van die rok­kie gaan vorm. Ryg twee lae op ’n keer aan me­kaar vas – stik twee reg­uit rye ryg­ste­ke aan die bo­rand van twee stro­ke tul­le in. Moe­nie ’n dub­bel­steek aan die be­gin en ein­de van die stik­sels maak nie. Trek die twee boon­ste ga­re­dra­de van die twee rye in om val­le te maak en help dit aan deur die tul­le met jou vin­gers te skuif. Knoop die ga­re aan al­bei kan­te ste­wig vas so­dat die ryg­sels nie los­trek nie. Herhaal dit met die an­der lae.

7 Steek die twee per­ske­kleur tul­le-val­le on­der die romp­ge­deel­te van die rok­kie in en speld dit vas. Stik die bo­rand van die tul­le dwars­oor aan die du­vetoor­trek­sel vas, maar lig die romp­ge­deel­te op so­dat dit nie saam vas­ge­stik word nie. Sit nou die lig­pienk tul­le-val­le bo-oor die per­ske­kleur tul­le tot teen­aan die bo­stuk. Speld dit vas en stik dit dwars­oor vas, met die romp­ge­deel­te steeds op­ge­lig.

8 Vir die bal­letskoe­ne: Wees ver­sig­tig om nie die maas­stof met die stryk­ys­ter te brand nie – sit ’n stuk lap bo-oor wan­neer jy stryk. Stryk die ap­pliek­pa­pier aan die maas­stof vas, trek die pa­pier af en stryk die skoe­ne op die reg­te plek in die mid­del van die du­vetoor­trek­sel vas. Stik dit met by­pas­sen­de ma­sjien­ga­re reg rond­om op die bui­te­lyn van die skoe­ne vas deur die boon­ste laag van die du­vetoor­trek­sel.

9 Rang­skik die lint in ’n sig­sag­pa­troon bo­kant die skoe­ne as­of dit om die bal­le­ri­na se en­kels ge­draai word. Speld dit plek-plek vas en stik dit so vas. Knoop die los pun­te van die lint in ’n strik aan el­ke kant met ’n dub­bel­knoop (sien die fo­to).

10 Ge­bruik vir die kus­sing­sloop die pa­troon op blad­sy 79 en te­ken die kroon met ’n ma­te­ri­aal­pot­lood in die mid­del van die kus­sing­sloop. Stik die kroon­mo­tief met pienk ga­re of die kleur van jou keu­se op die kus­sing­sloop.

Prin­ses­rok­kie

Hier­die pret­ti­ge tu­tu met sy veel­kleu­ri­ge romp sal da­de­lik jou dog­ter­tjie se guns­te­ling-par­ty­tjie­kle­re word.

GROOT­TE: Die bo­stuk pas vir ’n twee­ja­ri­ge kind MOEI­LIK­HEIDS­GRAAD: Ge­mid­deld TYD: 2 dae

So knip jy uit

Meet jou dog­ter­tjie se mid­del rond­om en knip rek vol­gens haar mid­del­ma­te, plus 2 cm ek­stra. Knip om­trent 20 stro­ke tul­le van 16 x 60 cm elk van el­ke kleur. Knip die vol­gen­de de­le vir die bo­stuk, ban­de en val­le: een bo­stuk­blok van 38 x 15 cm, vier kruis­ban­de van 55 x 6,5 cm elk, twee val­le met ’n leng­te van 35 cm, en ’n half­sir­kel-bui­te­rand.

So maak jy

1 Slaan die pun­te van die rek 2 cm oor me­kaar en stik dit met ’n paar rye heen en weer vas. Trek die rek oor ’n vorm wat die­self­de groot­te as die rek is – ge­bruik ’n em­mer of groot fles. Dit sal só mak­li­ker wees om die tul­le aan die rek vas te bind.

2 Neem twee lae tul­le op ’n keer, slaan dit oor die rek en ver­skuif dit tot­dat die rek in die helf­te van die s­trook tul­le is. Maak ’n los knoop (so­dat die tul­le ge­mak­lik kan skuif) en maak dan nog ’n knoop in die teen­oor­ge­stel­de rig­ting. Die twee­de knoop kan sty­wer wees. Herhaal dit met al die stro­ke tul­le en sorg dat jy nie die­self­de kleur langs me­kaar knoop nie. Jy sal dalk nog stro­ke tul­le moet knip om die tu­tu te vol­tooi, maar dit hang af van die groot­te van jou dog­ter­tjie se mid­del.

3 Vou die bo­stuk­blok in die helf­te en pars die vou plat. 4 Stik nou twee reg­uit rye ryg­ste­ke aan die reg­uit bo­rand van die val­stro­ke in, om­trent 4 mm van die rand af. Moe­nie ’n dub­bel­steek aan die be­gin en ein­de van die stik­sels maak nie. Trek die twee boon­ste ga­re­dra­de van die twee rye in om val­le te maak. Jy kan be­sluit hoe lank jy die val­le wil hê. Kap al­bei val­le reg rond­om om. Vou die half­sir­kel-bui­te­rand 6 mm na die ver­keer­de kant om, pars dit plat en stik dit met ’n bos­tik­sel vas. 5 Vou vir die ban­de een lang sy van elk­een 5 mm na die ver­keer­de kant om. Pars dit plat. Die om­ge­vou­de sye gaan aan die bin­ne­kant van die bo­stuk wees. Sit die twee om­ge­vou­de kan­te van twee ban­de op­me­kaar. Skuif die bo­stuk­blok wat in die helf­te ge­vou is, 5 mm tus­sen die laag in so­dat die on­der­rand van die ban­de en blok ge­lyk is en die vou van die blok bo is. Stik nou die lang om­ge­vou­de kant van die band van on­der tot bo toe, met die bo­stuk­blok saam vas­ge­stik. Herhaal dit met die twee­de band aan die an­der kant van die bo­stuk­blok.

6 Sit die in­ge­plooi­de rand van die val aan een on­ge­s­tik­te bui­te­rand van die band met die reg­te kan­te teen me­kaar en speld dit vas – die on­der­kant van die val moet min of meer ge­lyk wees met die boon­ste vou van die bo­stuk. Stik dit ’n paar mil­li­me­ter van die rand af vas. Herhaal dit met die an­der band.

7 Kap nou die he­le bui­te­rand van on­der tot heel­bo om. Kap ook die breed­te van die los pun­te van die ban­de om, so­wel as die on­der­rand waar die ban­de en die bo­stuk vas­ge­stik is.

8 Vou die twee lang bui­te­ran­de en die kort rand van die los punt van die band 5 mm na bin­ne toe om, so­dat die in­ge­plooi­de rand van die val nou tus­sen die twee lang bui­te­ran­de van die band is en die val uit­waarts wys. Stik die he­le leng­te en kort rand van die band toe. Herhaal dit met die an­der band.

9 Vou die on­der­rand van die bo­stuk 5 mm om, pars dit plat en stik dit vas. Sit die bo­stuk in die mid­del van die tu­tu en speld dit vas. Werk die bo­stuk net­jies aan die tu­tu vas.

10 Merk aan die ag­ter­kant waar die k­no­pe vir die ban­de moet kom en werk die k­no­pe met by­pas­sen­de ga­re vas. Pas die rok­kie aan en merk waar die knoops­ga­te aan die los pun­te van die twee ban­de moet kom as dit ag­ter ge­kruis word, so­dat die ban­de die reg­te leng­te het. Maak die twee knoops­ga­te, kruis die ban­de ag­ter en knoop dit vas.

Be­re­ken die hoe­veel­heid ma­te­ri­aal so

Meet jou ven­ster, die gor­dyn­staaf en hoog­te van staaf tot vloer om te be­re­ken hoe­veel ma­te­ri­aal jy no­dig het. ’n Stan­daard-gor­dyn­leng­te is 230 cm – laat ’n ek­stra 20 cm toe vir die soom en gor­dyn­ho­fie; as jy lan­ger gor­dy­ne moet hê, be­re­ken die hoe­veel­heid wat no­dig is per gor­dyn­leng­te vir die leng­te. Jy sal om­trent die helf­te van die breed­te af­staan aan die smok­teg­niek. Ka­toen­voi­le is in ver­skil­len­de breed­tes te kry, kies dus die ge­skik­te breed­te vir jou vens­ter­ma­tes; an­ders sal jy meer gor­dyn­leng­tes moet maak om op jou ven­ster te pas. Vir die gor­dy­ne op die fo­to is ma­te­ri­aal ge­bruik wat 280 cm breed is; die breed­te van die ma­te­ri­aal is ge­bruik om die leng­te van die gor­dyn te ver­kry, en 350 cm is per gor­dyn­leng­te ge­bruik om die breed­te van die gor­dyn te ver­kry, so­dat die vol­tooi­de breed­te na­dat ge­smok is, 160 cm is.

So maak jy S­mok so

Dit is ’n goeie plan om ’n klein toets­mon­ster van die smok­teg­niek te maak voor­dat jy be­gin, so­dat jy kan sien hoe om die voue net­jies by el­ke kol­le­tjie te maak en ook hoe­veel ga­re aan die ver­keer­de kant van die ma­te­ri­aal moet hang voor­dat die vol­gen­de steek ge­werk gaan word.

1 Maak ’n pa­pier­pa­troon vir die smo­k­ont­werp op kle­re­ma­kers­gra­fiek­pa­pier – dit is i­de­aal, aan­ge­sien die rui­te­net in 1 cm-blok­kies is.

2 Be­gin met die boon­ste ry van die rui­te­net. Maak met die pot­lood ’n aan­tal kol­le­tjies 3 cm uit­me­kaar dwars­oor die gra­fiek­pa­pier. Die kol­le­tjies van die twee­de ry kom op die­self­de plek 3 cm on­der­kant die eer­ste ry. Gaan voort om kol­le­tjies te maak tot­dat al ses rye vol­tooi is. Dit is die pa­troon vir jou smok­werk. Wan­neer dit ge­werk is, sal ’n di­a­mant­pa­troon vorm.

3 Lê die ma­te­ri­aal op ’n plat op­per­vlak neer. Sit die pa­pier­pa­troon on­der die ma­te­ri­aal, om­trent 25 cm van die bo­rand en 10 cm van die reg­ter­self­kant. Ge­bruik die kle­re­ma­kers­gra­fiek­pa­pier om se­ker te maak die ma­te­ri­aal en rui­te­net is ge­lyk. Plak die pa­pier­pa­troon en ma­te­ri­aal met die kleef­band vas so­dat dit nie sal skuif nie.

4 Be­gin by die reg­ter­rand en te­ken met die kle­re­ma­kers­pen of -pot­lood die kol­le­tjies di­rek op die ma­te­ri­aal, tot­dat al die kol­le­tjies oor­ge­dra is. Ver­skuif die pa­pier­pa­troon en gaan voort om die rui­te­net op die vol­gen­de ge­deel­te oor te dra. Gaan so voort tot­dat die he­le breed­te van die ma­te­ri­aal be­dek is. Stop met die rui­te­net 10 cm van die lin­ker­self­kant.

5 Steek ’n by­pas­sen­de kleur ma­sjien­ga­re in die bor­duur­naald. Heg die ga­re aan die ag­ter­kant van die werk by die eer­ste kol­le­tjie in die eer­ste ry; maak ’n klein ste­kie en bring die naald aan die ag­ter­kant van die werk uit. Steek die naald in die twee­de kol­le­tjie in die eer­ste ry en trek die naald en ga­re deur. Trek die ma­te­ri­aal lig­gies van die naald na die eer­ste kol­le­tjie so­dat dit die ma­te­ri­aal in­trek en net­jie­se voue vorm. Vang die voue van die ma­te­ri­aal met twee of drie klein reg­uit ste­kies vas bo-op die eer­ste steek wat op die eer­ste kol­le­tjie ge­werk is. Die eer­ste smok­steek is nou ge­maak.

6 Bring die naald deur na die ag­ter­kant van die ma­te­ri­aal en laat ’n los draad, en bring dan die naald na die voor­kant van die ma­te­ri­aal uit by die vol­gen­de kol­le­tjie in die ry on­der­kant, wat die twee­de kol­le­tjie in die twee­de ry sal wees.

Maak ’n klein ste­kie en bring die naald aan die ag­ter­kant van die werk uit. Steek die naald in die vol­gen­de kol­le­tjie in die twee­de ry, wat die der­de kol­le­tjie sal wees, en trek naald en ga­re deur. Trek die ma­te­ri­aal ver­sig­tig van die naald af na die kol­le­tjie toe soos voor­heen. Vang die voue van die ma­te­ri­aal met twee of drie klein reg­uit ste­kies vas soos voor­heen. Die twee­de smok­steek is ge­maak.

7 Bring nou die naald deur na die ag­ter­kant van die ma­te­ri­aal en laat ’n los draad, bring die naald na die voor­kant van die ma­te­ri­aal uit by die vol­gen­de kol­le­tjie in die ry bo­kant, wat die der­de kol­le­tjie in die eer­ste ry sal wees. Maak ’n klein ste­kie; werk die vol­gen­de steek soos in stap 5. Die der­de steek is ge­smok. Werk nou in die kol­le­tjie on­der­kant, wat die vier­de kol­le­tjie in die twee­de ry sal wees, en maak die vier­de steek soos in stap 6. Herhaal dié twee stap­pe. Moe­nie die ga­re aan die ag­ter­kant van die werk te styf trek wan­neer dit ge­bring word na die vol­gen­de steek wat ge­werk moet word nie. Wan­neer ’n nu­we ga­re­draad no­dig is, maak se­ker die ste­ke is ste­wig ge­heg voor­dat jy die punt van die ga­re af­knip.

8 Wan­neer die eer­ste en twee­de ry kol­le­tjies vol­tooi is oor die breed­te van die ma­te­ri­aal, be­gin die vol­gen­de twee rye op die­self­de wy­se werk. ’n Di­a­mant­pa­troon sal be­gin vorm. Werk die vyf­de en ses­de rye op die­self­de wy­se. Die smok­werk is nou vol­tooi. Herhaal dié stap­pe vir die twee­de gor­dyn­leng­te.

Maak die gor­dyn so

1 Kap die ra­fel­ran­de van die gor­dyn om. Vou ’n dub­bel­soom­pie van 1 cm aan die sy­ran­de in, pars dit en stik dit vas. Vou ’n dub­bel­soom van 5 cm aan die on­der­rand in en stik dit vas.

2 Sit die bo­kant van die gor­dyn op ’n plat op­per­vlak neer. Daar sal baie oor­tol­li­ge ma­te­ri­aal bo­kant die ge­smok­te ge­deel­te wees. Rang­skik die ma­te­ri­aal met jou han­de ver­sig­tig in los voue wat oor­een­stem met die voue in die smok­werk. Speld en ryg hier­die los­weg ge­vou­de plooie vas oor die he­le breed­te van die gor­dyn. Heg dié plooie met ’n stik­sel aan die bo­rand. Ver­wy­der die spel­de en ryg­ste­ke.

3 Vou ’n smal soom­pie aan die bo­rand in. Sit die ho­fie­band om­trent 2,5 cm van die bo­rand en stik dit aan al­bei kan­te na aan die rand van die band vas. Vou die ma­te­ri­aal oor om ’n soom te vorm met die ho­fie­band wat in die mid­del­ag­ter­breed­te van die soom is. Stik die soom vas. Herhaal dié stap­pe vir die twee­de gor­dyn­leng­te.

Mo­del: Han­nah Arn­hard

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.