Ba­bas­te­kies

As jy pas die wê­reld van naald en ga­re be­tree het, hier is wat jy no­dig het vir jou eie stik­werk.

Idees Stik - - Inhoyd - deur SHAMILAH PE­TER­SEN

Al­les wat jy no­dig het vir jou eie stik­werk as jy pas die wê­reld van naald en ga­re be­tree het

K­nip­ge­reed­skap

Daar is ’n ver­skei­den­heid k­nip­ge­reed­skap te kry, maar ’n kle­re­ma­kerskêr is die bes­te een. Dié skêr ver­skil van ’n ge­wo­ne een deur­dat die twee hand­vat­sels nie ewe groot is nie, wat sorg vir ’n be­ter hef­ver­moë wan­neer lang, reg­uit ran­de ge­knip moet word. Die asimmetriese hand­vat­sels is op­waarts ge­buig so­dat die ma­te­ri­aal plat op die ta­fel bly ter­wyl jy knip. Daar is ook kle­re­ma­kerskê­re vir links­han­di­ges te kry. Die leng­te van die lem wis­sel tus­sen 20 cm en 30 cm. Be­lê maar in ’n goeie kle­re­ma­kerskêr, want dit sal vir al­tyd hou; goed­ko­per skê­re breek dik­wels in die helf­te by die las­plek. Par­ty skê­re – hul­le word tand­jie­skê­re ge­noem – het ’n ge­tan­de rand aan die lem wat help as jy dun ma­te­ri­aal knip.

Meet­ge­reed­skap

Koop goeie meet­toe­rus­ting so­dat jou ma­tes pre­sies is. Jy het ’n maat­band no­dig wat 150 cm lank is, met me­taal­pun­te en ver­kies­lik met die ma­tes in sen­ti­me­ter en dui­me aan al­bei kan­te ge­druk. Pro­beer een kry wat die­self­de breed­te as ’n stan­daard-naat­toe­la­ting (1,5 cm) is. Dit is nut­tig vir die uit­merk van naat­toe­la­tings en so­me.

Merk­hulp­mid­dels

Se­ke­re de­le van jou werk moet ge­merk word om te ver­se­ker dat de­tail soos sak­ke en pyl­na­te op die reg­te plek ge­plaas word. Kies een van die vol­gen­de merk­hulp­mid­dels:

• Sny­ers­kryt Dit is i­de­aal vir die merk van die mees­te soor­te ma­te­ri­aal, is vier­kan­tig of drie­hoe­kig en in ’n wye ver­skei­den­heid kleu­re te kry. Die kryt word mak­lik van ma­te­ri­aal af­ge­bor­sel. ’n Kryt­pot­lood is ook be­skik­baar en mak­lik han­teer­baar.

• Wa­ter-/lug­op­los­ba­re pen Dit lyk soos ’n vilt­merk­pen. Ver­wy­der die mer­ke op die ma­te­ri­aal deur ’n bie­tjie wa­ter daar­op te sproei of laat dit lug­droog word.

• Af­trek­wie­le­tjie en kle­re­ma­kers­af­trek- of kool­pa­pier Dit word saam ge­bruik om die mer­ke van ’n pa­pier­pa­troon af op jou ma­te­ri­aal oor te dra.

WENK As jy ’n pen of ’n af­trek­wie­le­tjie en kool­pa­pier ge­bruik, toets dit eers op ’n stuk­kie oor­skiet­ma­te­ri­aal om se­ker te maak die merk sal nie per­ma­nent wees nie.

Naal­de en spel­de

• Naai­ma­sjien­naal­de Kies die naal­de vir jou ma­sjien vol­gens die soort en dik­te van die ma­te­ri­aal wat jy wil stik en die ga­re wat jy ge­bruik. Naal­de ver­skil vol­gens die soort punt en dik­te van die naald – hoe gro­ter die nom­mer, hoe dik­ker die naald. By­voor­beeld, 60/8- u­ni­ver­se­le naal­de word ge­bruik om dun ma­te­ri­aal soos sy te stik, 80/12 vir me­di­um­dik­te ma­te­ri­aal soos ka­toen, en 90/14 vir dik ma­te­ri­aal soos de­nim. Daar is vyf naal­de in ’n pak­kie.

• Naal­de vir hand­naai­werk Dit word ook ge­groe­peer vol­gens die vorm van die oog, die leng­te en die punt. Moet nie nog won­der oor wat­ter groot­te of soort jy moet kry nie – maak dit mak­lik vir jou­self en koop ’n ver­skei­den­heid soor­te naal­de in ’n ge­rief­li­ke ver­pak­king.

• Kop­spel­de Hul­le is soort­ge­lyk aan ge­bruik­spel­de wat hul vorm en dik­te be­tref, maar is iet­wat lan­ger. Dit is ge­skik om die mees­te soor­te ma­te­ri­aal vas te speld. Spel­de het plat kop­pe of ron­de plas­tiek- of glas­kop­pe. Maak se­ker die spel­de is dun en van vlekvrye staal, ver­nik­kel­de staal of roes­vrye geel­ko­per.

• Spel­de­kus­sing Ge­bruik dit om jou spel­de skoon en skerp te hou. Kies een van ma­te­ri­aal – spons kan spel­de stomp maak.

Naai­ma­sjien

’n Naai­ma­sjien is jou groot­ste be­leg­ging wan­neer jy naald­werk doen – selfs al is dit ’n ge­bruik­te een. Kyk eers goed rond wat die ver­skil­len­de fa­bri­ka­te en mo­del­le doen en hoe goed dit werk. Dit hoef nie die nuut­ste teg­no­lo­gie te hê nie; sig­sag­steek en ’n ou­to­ma­tie­se knoops­gat is ge­noeg om die mees­te van die werk ge­doen te kry. Pry­se wis­sel vol­gens die fa­bri­kaat, die mo­del en wat dit al­les kan doen.

Nut­ti­ge ek­stras

Hier­die is vir die toe­ge­wy­de of meer er­va­re kle­re­maak­ster:

• Sny­mat Dit word saam met jou draai­sny­er ge­bruik wan­neer pa­tro­ne op ma­te­ri­aal oor­ge­dra word.

• Mou­plank Dit is eint­lik twee stryk­plan­ke wat op­me­kaar vas is. Dis ont­werp vir klein of nou de­le, soos moue, wat nie oor jou ge­wo­ne stryk­plank pas nie.

• Pas­pop Dit help jou om ’n kle­ding­stuk te maak wat per­fek pas. As jy baie kle­re maak of jou eie kle­re­maak­be­sig­heid wil be­gin, is dit be­slis ’n goeie i­dee om in een te be­lê. Die ba­sie­se pas­pop is ten vol­le ver­stel­baar vir bors-, mid­del- en heup­ma­tes en is op ’n ver­stel­ba­re staan­der. Jy kan el­ke deel van die pop op jou eie ma­tes sit en dit ook op jou leng­te stel.

• Om­kap­ma­sjien As jy kan, be­lê in ’n om­kap­ma­sjien. Nie net sal dit jou tyd spaar nie, maar dit gee ook ’n pro­fes­si­o­ne­le af­wer­king, aan­ge­sien dit die naat stik, ge­lyk af­sny en ter­self­der­tyd die ra­fel­rand af­werk. ’n Om­kap­ma­sjien is ver­al nut­tig as jy werk met rek­ma­te­ri­aal, dun ma­te­ri­aal en ma­te­ri­aal wat mak­lik kan ra­fel.

By­voor­beeld, ’n ma­sjien met drie of vier dra­de sal jou naat e­las­ties maak. Dit is ’n won­der­li­ke ma­nier om die naat te ver­sterk en se­ker te maak dit skeur of trek nie los nie. Ont­hou, ’n om­kap­ma­sjien is nie nood­saak­lik vir al­ge­me­ne ge­bruik of om by­voor­beeld bed­de­goed of gor­dy­ne te stik nie – vir laas­ge­noem­de kan jy die sig­sag­steek van jou naai­ma­sjien ge­bruik. Maar dit sal wel han­dig te pas kom wan­neer jy kle­re ver­koop en ’n pro­fes­si­o­ne­le af­wer­king wil hê. Daar is baie om­kap­ma­sjie­ne om van te kies en, soos by naai­ma­sjie­ne, wis­sel die pry­se na ge­lang van die fa­bri­kaat, die mo­del en sy wer­king.

Jou werk­plek

Of jy nou net ’n hoe­kie of ’n he­le ver­trek tot jou be­skik­king het, jy sal baat vind by ’n af­ge­ba­ken­de naald­werk­ruim­te. Ruim jou werk­plek só in:

Meu­bels

Die be­lang­rik­ste i­tems in jou werk­plek is jou naald­werk­ta­fel, ’n knip­ta­fel en ’n ge­mak­li­ke, ver­stel­ba­re stoel. Kies die groot­ste ta­fel­blaaie wat in jou ruim­te kan pas, en ver­se­ker dat dit die reg­te hoog­te vir jou is en dat die bla­d­op­per­vlak­ke glad en duur­saam is. Maak jou eie ta­fel van ’n ou deur en twee bok­kies – dit is te kry by e­ni­ge ys­ter­wa­re­win­kel wat hout ver­koop. ’n Gaat­jies­bord teen die muur na­by jou knip­ta­fel is net die ding waar­aan skê­re, li­ni­a­le, draai­sny­ers en so meer bin­ne be­reik ge­hang kan word. Maak jou eie een van ’n stuk ma­so­ni­te met gaat­jies wat by die mees­te ys­ter­wa­re­win­kels te kry is.

Be­lig­ting

Be­plan die be­lig­ting in jou werk­ka­mer ver­sig­tig en hou in ge­dag­te dat jy al­ge­me­ne be­lig­ting no­dig het om die ver­trek te ver­lig en taak­be­lig­ting soos lam­pe wat op jou wer­k­a­re­as skyn. Kyk al­tyd dat lig­te nie op jou kop skyn en ska­du’s oor jou werk gooi nie.

Kleur

Skep ’n rus­ti­ge at­mos­feer in jou werk­plek deur te sorg dat die mu­re met lig­ter kleu­re ge­verf is. Don­ker kleu­re ab­sor­beer lig ter­wyl lig­te kleu­re dit weer­kaats. In­dien jy don­ker kleu­re wil ge­bruik, sal jy meer be­lig­ting in jou ver­trek no­dig hê.

Stryk­plek

Jy het ’n plek no­dig om jou pro­jek­te te stryk soos jy vor­der. Maak se­ker daar is krag­pun­te om jou stryk­ys­ter in te prop en dat daar ge­noeg plek vir ’n stryk­plank is.

Slim i­dees

• Koop ’n ge­wo­ne skêr om pa­tro­ne uit te knip. Pa­pier maak ’n skêr stomp en dan is dit moei­lik om ma­te­ri­aal daar­mee te knip.

• K­nip­skê­re word vir fy­ner knip­werk ge­bruik en is 10-15 cm lank.

• ’n Tor­ring­mes­sie is baie nut­tig wan­neer jy fou­te maak. Dit het ’n baie klein ge­vurk­te lem aan die punt, met ’n dop­pie wat jy op­sit wan­neer jy dit bê­re en wat jy weer af­haal wan­neer jy dit wil ge­bruik. Glip die klein sny­lem by die ba­sis on­der die steek in om die ga­re te sny. Ver­skil­len­de groot­tes is te kry so­dat jy deur na­te van dun tot dik ma­te­ri­aal kan sny.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.