Eet Mooi

’n Mooi en prak­tie­se ta­fel doek en ’n ver­skei­den­heid ge­mak­li­ke kus­sings skep ’n knus prent­jie in hier­die eet­ka­mer.

Idees Stik - - Inhoyd - pro­jek­te KEVIN SWARTS

Skep 'n knus eet­ka­mer met'n ta­fel­doek met 'n val en kus­sings in die Fran­se lan­de­li­ke styl

Ta­fel­doek met val

Maak so ’n nom­mer­pas-ta­fel­doek wat on­der nie­mand se stoel­poot gaan be­land nie.

LET WEL Al­le naat­toe­la­tings is 1,5 cm. Die ta­fel­doek hang 20 cm af, val in­ge­sluit.

So maak jy

1 Knip die ta­fel­doek 29 cm lan­ger en bre­ër as die af­me­tings van die ta­fel. Knip by el­ke hoek ’n 13 cm-vier­kant uit. Stik ’n plat­hoek by drie van die ta­fel­doek se hoe­ke deur elk­een in die helf­te te vou en die twee 13 cm-na­te, met die reg­te kan­te teen me­kaar, te stik. Moet nog nie die vier­de hoek stik nie.

2 Knip vir die val 10 cm-breë stro­ke. Die to­ta­le leng­te van al die stro­ke moet twee keer die om­trek van die ta­fel wees. Las die stro­ke so­dat jy een aan­een­lo­pen­de s­trook het en kap een rand om. Soom die om­ge­kap­te rand met ’n 1,5 cm-breë soom­pie.

3 Sit nou ’n in­plooi­voet­jie aan jou naai­ma­sjien en stel dit om vlak ryg­plooi­tjies te stik. Be­gin by die on­ge­s­tik­te hoek van die ta­fel­doek en stik die val aan die on­der­rand vas. As jy nie ’n in­plooi­voet­jie het nie, kan die s­trook soos volg in­ge­plooi word: Stik ’n smal sig­sag­steek oor ’n draad he­kel­ga­re, net bin­ne­kant die naat­toe­la­ting. Sorg dat jy nie deur die he­kel­ga­re stik nie. Plooi die val­le­tjie in deur die he­kel­ga­re in te trek tot­dat die val op die rand van die ta­fel­doek pas. Speld en stik die val aan die ta­fel­doek vas. Pars die naat­toe­la­tings na die ta­fel­doek toe en stik ’n bos­tik­sel 1 cm van die naat­lyn af om dit in po­si­sie te hou.

4 Na­dat die val vas­ge­stik is, vol­tooi die laas­te hoek deur die naat van die ta­fel­doek en val aan­een toe te stik.

Bank­kus­sing

Meet en maak jou eie kus­sings vir die lang sit om die e­tens­ta­fel.

So maak jy

1 Meet die bank en laat die spons sny, 1 cm bre­ër en lan­ger as die ma­tes, om te ver­se­ker dit pas styf in. Knip die ma­te­ri­aal­pa­ne­le (voor­kant, ag­ter­kant en sy­kan­te) vol­gens die ma­tes van die bank, plus 1,5 cm-naat­toe­la­tings, om al­te­saam 3 cm ek­stra by die ma­tes van die leng­te en breed­te te hê.

2 Kap al die kort sye van die vier sy­pa­ne­le om. Stik dié na­te om die sy­pa­ne­le aan me­kaar te stik – be­gin en ein­dig 1,5 cm van die rand af. Pars die na­te oop.

3 Speld en stik die sy­pa­ne­le aan die on­der­ste pa­neel, maar laat ’n o­pe­ning van 120 cm vir die rits­slui­ters in die mid­del van een van die lang sye. Kap dié twee naat­toe­la­tings af­son­der­lik om en stik die twee rits­slui­ters in die o­pe­ning, met die twee oop pun­te wat in die mid­del by­me­kaar kom. Kap die drie oor­bly­wen­de na­te om.

4 Speld en stik die boon­ste pa­neel aan die sy­pa­ne­le vas en kap die naat om.

5 Dop die kus­sing­oor­trek­sel na die reg­te kant om en steek die spons in.

Uit­loer-kus­sings

Met ge­wo­ne lin­ne, ’n stuk­kie lint, en hier en daar ’n pa­troon­tjie wat uit­loer, kan jy al die e­le­men­te in die ver­trek op­tel en jou eie Fran­se-styl kus­sings maak.

So maak jy

1 Meet die oor­trek­sel en knip ’n stuk pe­ters­ham­lint wat twee keer die ma­te is, plus 2 cm.

2 Stik die twee pun­te van die lint aan me­kaar met ’n 1 cm-naat­toe­la­ting. Pars die naat oop.

3 Speld nou die pe­ters­ham­lint op die kus­sing-oor­trek­sel vas waar jy dit wil hê, met die naat reg­oor ’n naat van die oor­trek­sel. Stik die pe­ters­ham lint met ’n bos­tik­sel vas, 1 mm van el­ke sy­kant van die lint.

Kus­sing met ban­de

So maak jy

1 Knip twee lin­ne­reg­hoe­ke wat 4,5 cm bre­ër (1,5 cm-naat­toe­la­ting en 3 cm­soom­toe­la­ting) as die strooi­kus­sing is en 3 cm ho­ër as die hoog­te­maat.

2 Speld die twee stuk­ke aan me­kaar met die reg­te kan­te teen me­kaar en stik die na­te van die bo­kant, een sy­kant en die on­der­kant toe.

3 Pars ’n 1,5 cm-breë dub­bel­ge­vou­de soom aan die oop sy­kant in. Ver­deel el­ke kant van die o­pe­ning in der­des en speld een van die ban­de on­der­kant die soom by dié pun­te vas. Stik die soom in. Vou die ban­de oor so­dat dit oor die soom lê en stik elk­een so vas, 2 mm van die bui­ten­ste vou van die soom af.

4 Steek die strooi­kus­sing in die twee­de oor­trek­sel en knoop die ban­de in strik­ke aan me­kaar vas.

Breek­wa­re en glas­kers­hou­er van Wey­landts. Brood­mand­jie van Mia Mélan­ge. S­torm­lamp van Buil­ders. Tee­doek van On­si­te Gal­le­ry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.