Naal­de en S­ped­l­de

Nou­dat jy ge­reed is om aan die pro­jek­te in hier­die boek te be­gin werk, waar­om nie eers jou naald­werk­mand­jie ag­ter­me­kaar kry nie?

Idees Stik - - Inhoyd - pro­jek­te KEVIN SWARTS

'n Mand­jie, spel­de­kus­sing en klein naald­werk­stel vir jou naald­werk­ka­mer

1 Knip die twee stuk­ke ma­te­ri­aal van 30 x 20 cm in die vorm van die bo­dem van die mand­jie vol­gens die pa­troon op blad­sy 81. Stik drie van die bont vier­kan­te van 14 x 14 cm aan me­kaar om ’n pa­neel van 38 x 14 cm te vorm. Pars die na­te oop. Stik dan een 38 x 5 cm-s­trook aan een lang sy van die pa­neel vas. Pars die naat oop. Stik die an­der drie vier­kan­te en nog ’n s­trook ook aan me­kaar. Dié twee pa­ne­le is die sy­kan­te aan die bui­te­kant van die mand­jie.

2 Knip en stryk die wat­teer­sel aan die ver­keer­de kant van die twee sy­pa­ne­le en al die an­der de­le vas.

3 Vir die hand­vat­sel, speld die laas­te twee 38 x 5 cm-stro­ke reg­te kan­te teen me­kaar aan me­kaar en stik die twee lang sy­ran­de toe. Dop dit na die reg­te kant om en pars dit. Stik ’n bos­tik­sel 2 mm van die bui­te­ran­de van die lang sye.

4 Speld die twee sy­pa­ne­le van die bui­te­kant met die reg­te kan­te teen me­kaar aan me­kaar en stik die twee ver­ti­ka­le na­te toe. Pars die na­te oop. Stik en pars die bin­ne­ste sy­pa­ne­le (38 x 17 cm­stuk­ke) net so.

5 Speld die pun­te van die hand­vat­sel aan die mid­del van die bo­rand van die bui­ten­ste sy­pa­neel vas, met die hand­vat­sel on­der die sy­pa­neel deur. Speld die bin­ne­ste sy­pa­neel aan die bui­ten­ste laag vas, reg­te kan­te teen me­kaar, en stik die bo­rand. Dop die sy­pa­ne­le na die reg­te kant om en pars die bo­rand. Stik ’n bos­tik­sel 2 mm van die rand.

6 Speld die twee bo­dem­pa­ne­le ver­keer­de kan­te teen me­kaar aan me­kaar. Vou so­wel die bo­dem- as sy­pa­ne­le in kwar­te en merk die po­si­sies met kop­spel­de. Speld die sy­pa­ne­le aan die bo­dem­pa­ne­le vas, met die bui­ten­ste laag teen die bo­dem­pa­ne­le en die mer­ke vir die kwart­po­si­sies op me­kaar. Stik en kap die naat om. Dop die mand­jie na die reg­te kant toe om.

So maak jy

LET WEL Al­le naat­toe­la­tings is 1 cm.

1 Speld die ma­te­ri­aal­strook se kort sye reg­te kan­te teen me­kaar aan me­kaar. Stik die naat, maar laat ’n o­pe­ning van 2 cm in die mid­del. Pars die naat oop. Stik ’n ry ste­ke 1 cm van die ge­knip­te ran­de van al­bei kan­te van die sy­pa­neel. Knip al­bei naat­toe­la­tings in tot 1 mm van die stik­lyn, met die in­knip­pies 1 cm uit­me­kaar.

2 Ver­deel een ma­te­ri­aal­sir­kel en een rand van die sy­pa­neel in kwar­te. Speld en stik die sy­pa­neel aan die sir­kel vas met die reg­te kan­te teen me­kaar en die mer­ke vir die kwar­te op me­kaar. Stik die teen­oor­staan­de sy net so.

3 Dop die oor­trek­sel na die reg­te kant om en stop dit op. Werk dit toe.

4 Merk die mid­del­punt van die twee sir­kels. Steek die dub­bel­leng­te ga­re deur die stam­me­tjie van een knoop. Trek die ga­re deur die mid­del­punt van die spel­de­kus­sing en bind die twee­de knoop aan die teen­oor­staan­de kant vas.

So maak jy

LET WEL Al­le naat­toe­la­tings is 1 cm.

KLEIN SPEL­DE­KUS­SING 1 Stik een stuk van 9,5 x 10 cm aan een stuk van 7,5 x 10 cm en pars die naat oop. Stik die an­der twee stuk­ke ook aan me­kaar. Speld dié twee pa­ne­le reg­te kan­te teen me­kaar aan me­kaar. Stik aan die bui­te­rand toe, maar laat ’n o­pe­ning in een rand.

2 Dop die spel­de­kus­sing na die reg­te kant om. Stop dit op en werk dit toe.

NAALD­WERK­SAK­KIE

1 Ge­bruik die twee kort stuk­ke skuins­band om een lang rand van elk van die twee stuk­ke van 7 x 18 cm om te boor. Stryk die wat­teer­sel aan die ver­keer­de kant van die 18 x 22 cm-stuk gin­gang­ma­te­ri­aal vas. Stik die twee lang stuk­ke skuins­band in 5 mm-wye bui­sies. Dop die bui­sies na die reg­te kant toe om, pars dit plat en knoop een punt van el­ke bui­sie.

2 Speld die twee om­ge­boor­de pa­ne­le reg­te kant na bo op die voor­kant van die 18 x 22 cm-stuk bont ma­te­ri­aal vas om die twee sak­ke te vorm. Speld die twee ban­de van skuins­band aan die mid­del van een 18 cm-rand vas. Speld die an­der gin­gang­pa­neel aan die bont pa­neel vas, reg­te kan­te teen me­kaar. Stik dit aan die bui­te­ran­de toe, maar laat ’n o­pe­ning van 4 cm in die mid­del van een lang rand. Knip die naat­toe­la­tings by die hoe­ke skuins af. Dop die naald­werk­sak­kie na die reg­te kant om en pars dit.

3 Stik ’n bos­tik­sel aan die bui­te­rand van die naald­werk­sak­kie rond­om vir af­wer­king en om die o­pe­ning toe te stik. Stik drie bos­tik­sels ewe ver uit me­kaar oor een sak om dit in drie klei­ner sak­ke te ver­deel.

Stel met naald­werk­sak­kie en klein spel­de­kus­sing (aan­wy­sings op blad­sy 63)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.