Van Die Re­dak­teur

Idees Stik - - Inhoyd -

Ek was min of meer 16 toe my ka­mer se de­kor my ver­skrik­lik be­gin pla het. Die wa­si­ge pers gor­dy­ne wat my ek­sta­ties van vreug­de ge­maak het as la­er­skool­kind, het net nie meer die­self­de uit­wer­king ge­had nie, en die spier­wit mu­re het ge­smeek vir ’n la­gie kleur. Ná lang on­der­han­de­lings met my pa is ek uit­ein­de­lik ge­laat met ’n vy­fli­ter­blik verf, ’n rol­kwas en ’n rit Pla­za toe om my eie ma­te­ri­aal te gaan koop. Die res was vir my eie sak en ook my ken­nis­ma­king met self­doen. Dit was ook my eer­ste naald­werk­pro­jek­te wat nié vir pun­te in die naald­werk­klas in­ge­han­dig is nie. Die ka­mer moes vin­ta­ge lyk en niks min­der as ’n lap­pies­kom­bers sou deug nie. Mid­dag ná mid­dag en na­week ná na­week het ek op die maat van Richard Clay­der­man ge­sit en blok­kies aan me­kaar stik. (Ek luis­ter nou nog mu­siek as ek huis mooi­maak.) Om die eind­pro­duk oor my bed te sien was ’n ge­voel wat net an­der ma­kers sal ver­staan – trots, ge­luk, te­vre­den­heid en ’n al­les­oor­wel­di­gen­de be­hoef­te om dit vir al­mal te wys. Daai lap­pies­kom­bers is uit­ein­de­lik saam met my u­ni­ver­si­teit toe voor hy kort voor my mon­dig­wor­ding be­gin uit­me­kaar­val het. Goed­koop lap en baie was­goed­dae het sy na­de­le …

Tot van­dag toe is my naald­werk steeds be­perk tot huis­goed. Ek ver­an­der graag mooi lap­pe in kus­sing­slo­pe en maak al my gor­dy­ne self – ’n reg­hoe­ki­ge lap son­der in­te­res­san­te teks­tu­re en af­wer­kings was net nog nooit my i­dee van ’n ven­ster­ver­sie­ring nie. As ek jon­ger was, was die tie­ner­ka­mer op blad­sy 38 nou reeds in wor­ding, maar dalk is dit tyd vir ’n nu­we uit­da­ging. Iets soos die oor­vou­rok op blad­sy 20 – dit was nog al­tyd een va­nan­van die heel vlei­end­ste en mees tyd­lo­se rok­sty­le. Of dalk net die pa­ja­ma­broek om tet te dra ter­wyl ek nóg huis­goed maak.

Laat weet en wys wat jul­le ge­maak het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.