Na­re on­der­vin­ding laat ha­re rys

Knysna-Plett Herald - - Letters | Briewe -

Ria S­choe­man, Knys­na:

Ek het ‘n sleg­te on­der­vin­ding by een van Ge­or­ge se be­ken­de haar­sa­lon­ne ge­had wat ek net een­vou­dig moet deel.

Ek het ‘n week voor die tyd ‘n af­spraak by die sa­lon ge­maak. Groot was my te­leur­stel­ling toe ek nie die be­han­de­ling kry waar­voor ek be­spreek het nie. Ek was van 09:00 tot on­ge­veer 14:30 in die sa­lon. Dit was dui­de­lik dat hul­le te veel be­spre­kings vir die dag ge­neem het. Ek het so­doen­de my e­nig­ste kind se fo­to­ses­sie van haar trou­rok ge­mis.

Die gei­ser het nie warm wa­ter ge­had nie en hul­le het in ‘n ke­tel wa­ter ge­kook. Koue wa­ter is op my kop ge­bruik. Die ei­e­naar het ge­sê dit is wa­ter­be­spa­ring.

Met die be­taal­slag het ek het vir die ont­vangs­da­me ge­sê ek gaan net die helf­te van die prys be­taal, want ek het nie diens ge­kry nie. Toe ek op­kyk het ‘n man op my af­ge­pyl en ge­dreig om my te laat aan­kla vir be­drog en my te laat toe­sluit. Hy het my ook ge­dreig met die se­ku­ri­teits­wag­te.

Ek voel ge­trau­ma­ti­seer, ver­ne­der en hart­seer. Ek moes toe maar my kaart in die ma­sjien sit. Ek het as blon­di­ne in­ge­stap en is nou ‘n bru­net met “as”-ha­re (ash). Die man het my bly dreig en nie eers pro­beer on­der­han­del of jam­mer sê nie. ‘n Vrou van die sa­lon het my ook aan my reg­ter­arm ge­gryp en op my ge­gil.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.