SPICY PAMPOENBREDIE

Kuier Combo - - Samantha Se Trooskos -

Ge­noeg vir 4 – 6

As kind was hier­die re­sep ’n guns­te­ling wat my ou­ma ge­maak het en my ge­sin is ook baie lief hier­voor. Jy kan die ris­sie­vlok­kies weg­laat of aan­pas, af­han­gend van jou men­se se voor­keur vir sterk kos.

BESTANDDELE

2 uie, grof­ge­kap 2 eet­le­pels o­lyf- of son­ne­blom­o­lie 500 g sto­we­lams­vleis ¼ pam­poen, ge­skil en in blok­kies ge­sny 2 groot stuk­ke pyp­ka­neel ½ tee­le­pel, of meer ris­sie­vlok­kies Wa­ter soos be­no­dig 1 – 2 eet­le­pels sui­ker Sout en pe­per na smaak

ME­TO­DE

Ver­hit die o­lie in ’n groot pot en braai die uie tot goud­bruin. Voeg die vleis, ka­neel­stok­ke, ris­sie­vlok­kies, sout en pe­per by en braai ver­der tot die vleis lek­ker bruin is. Voeg on­ge­veer ’n kop­pie wa­ter by, bring tot kook­punt en prut tot­dat die vleis lek­ker sag is, maar nog nie uit­me­kaar val nie. Voeg nou die pam­poen en sui­ker by en prut ver­der tot­dat die pam­poen lek­ker sag is, maar nie pap nie. Moe­nie nog wa­ter by­voeg nie, want die pam­poen trek ook nog wa­ter soos dit gaar­kook. Op hier­die sta­di­um moet die sous nie meer wa­te­rig wees nie. In­dien wel, kook vin­nig son­der die dek­sel om ek­stra wa­ter weg te kook. Pas die geur aan met sout en pe­per en be­dien met wit­rys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.