BOONTJIEBREDIE MET VARKPOOTJIES

Kuier Combo - - Samantha Se Trooskos -

Ge­noeg vir 4 – 6

Tra­di­si­o­neel maak ek boontjiebredie met lams­vleis en die varkpootjies in ta­ma­tie­bre­die. Toe kom­bi­neer ek twee guns­te­lin­ge in een ge­reg. Hier is my twist op bei­de.

BESTANDDELE

250 g lap­pie­boon­tjies, af­ge­spoel en oor­nag in koue wa­ter ge­week 4 varkpootjies, goed skoon­ge­maak 2 eet­le­pels o­lyf- of son­ne­blom-o­lie 1 groot ui, in rin­ge ge­sny 4 krui­e­na­el­tjies Sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak Wa­ter soos be­no­dig

BESTANDDELE

Gooi die boon­tjies in ’n pot en be­dek met koue wa­ter. Kook tot am­per sag en drei­neer. Braai die ui in die o­lie tot goud­bruin in ’n groot pot. Voeg die varkpootjies en na­el­tjies by die uie en braai tot bruin. Voeg bie­tjie wa­ter by en prut vir om­trent ’n half­uur. Voeg nou die half­gaar boon­tjies by die varkpootjies. Gooi ’n klein bie­tjie wa­ter by in­dien no­dig, as­ook ’n bie­tjie sout en pe­per. Prut nou ver­der tot die poot­jies lek­ker sag is en die boon­tjies be­gin op­breek. Die sous sal nou lek­ker dik wees. Pas die smaak aan in­dien no­dig. Be­dien met wit­rys en beet­slaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.