GOULASH-PAS­TEI MET KRUIE-MASH

Kuier Combo - - Samantha Se Trooskos -

Ge­noeg vir 4 – 6 por­sies

Hier­die ge­reg is ê­rens tus­sen ’n ge­wo­ne pas­tei en her­ders­pas­tei. Die krui­e­mashbo­laag maak dit iets be­son­ders.

BESTANDDELE

Vir die pas­tei­vul­sel 2 eet­le­pels o­lyf­o­lie 300 – 400 g beef goulash (bief­blok­kies) 2 uie, grof­ge­kap ½ kop­pie groen soet­ris­sie, in blok­kies ge­sny 1 kop­pie bees­vleis­af­trek­sel 2 bay le­a­ves (lou­rier­bla­re) 3 na­el­tjies Vir kruie-mash 3 – 4 me­di­um aar­tap­pels, ge­skil en in blok­kies ge­sny 3 eet­le­pels ge­sou­te bot­ter (Ek ver­kies Lur­pak) Sout na smaak 1 tee­le­pel vars pie­ter­sie­lie, ge­kap 1 tee­le­pel vars tie­mie, ge­kap ½ tee­le­pel vars roos­ma­ryn, ge­kap ¼ tee­le­pel vars knof­fel, ge­ras­per ½ kop­pie warm melk ¼ kop­pie warm room

ME­TO­DE Pas­tei­vul­sel:

Ver­hit die o­lie in ’n pot en braai die vleis tot goud­bruin. Voeg die uie en soet­ris­sie by en braai weer vir 1 – 2 mi­nu­te. Voeg nou die res van die bestanddele by en prut tot lek­ker sag en die sous ver­dik het. Kook die aar­tap­pels tot sag in sout­wa­ter. Drei­neer die wa­ter. Voeg die bot­ter by en druk fyn. Voeg nou die vars kruie, room en melk by en meng. Voeg nog melk by in­dien die mash te styf is. Skep die goulash in ’n oond­vas­te bak en skep die mash bo-op. Bak in ’n voor­ver­hit­te oond van 190°C vir 15 – 20 mi­nu­te of tot die mash en die goulash deur­warm is. Be­dien met groen­te van jou keu­se. >>

Kruie-mash: Sa­me­stel­ling:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.