WILDSVLEIS & GROENTEBREDIE-PAS­TEI

Kuier Combo - - Samantha Se Trooskos -

Ge­noeg vir 4 – 6

Wildsvleis is iets wat ons maar wei­nig in die han­de kry. So wan­neer die buur­man on­der in die straat wildsvleis aan­bied, sê ek nooit nee dan­kie nie.

BESTANDDELE

1 rol puff pa­stry 500 g wild­vleis in stuk­ke ge­sny (s­pring­bok is ’n guns­te­ling) 1 pak­kie re­pies­spek, in stuk­kies ge­sny 2 rooi uie, in kwar­te ge­sny 1 K­norr Beef Stock Pot 1 kop­pie kook­wa­ter 4 na­el­tjies 3 bay le­a­ves (lou­rier­bla­re) 2 knof­fel­toon­tjies, ge­kneus 1 tak­kie vars roos­ma­ryn 2 tak­kies vars o­ri­ga­num 1 kop­pie goeie rooi­wyn 1 tee­le­pel fyn­ge­maal­de kol­jan­der 1 aar­tap­pel, in klein blok­kies ge­sny 1 wor­tel, in klein blok­kies ge­sny 1 ei­er, ge­klits vir smeer Sout en pe­per na smaak

ME­TO­DE

Braai die uie en die spek saam in ’n groot pot oor me­di­um hit­te. Voeg die na­el­tjies, bay le­a­ves, knof­fel, roos­ma­ryn, o­ri­ga­num en kol­jan­der by. Voeg nou die vleis by en braai saam. Voeg die stock pot, kook­wa­ter en rooi­wyn by. Bring tot kook­punt, ver­laag die hit­te en prut tot sag. Voeg nou wor­tel en aar­tap­pel by en prut ver­der tot die groen­te sag en die sous lek­ker dik is. Geur met sout en pe­per. Laat af­koel en ver­wy­der die be­ne uit die vleis­meng­sel. Skep in ’n ge­smeer­de pas­tei­bak. Be­dek met ’n laag pas­tei­deeg, smeer met ge­klits­te ei­er en bak by 180°C vir 30 – 40 mi­nu­te of tot goud­bruin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.