IN­DIE­SE LAMSVLEISKERRIE

Kuier Combo - - Karen Se Keuse -

Ge­noeg vir 4 BESTANDDELE

1 kg sto­we­lams­vleis ½ tee­le­pel bor­rie Sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per 3 eet­le­pels o­lie 5 mid­del­slag rooi uie (of ge­wo­ne), fyn­ge­kap 3 knof­fel­toon­tjies, ge­kneus en fyn­ge­kap 1 x 3 cm stuk vars gem­mer, fyn­ge­kap of ge­ras­per 1 rooi brand­ris­sie, sa­de ver­wy­der en fyn­ge­kap 1¼ kop­pie droë klap­per 4 mid­del­slag ta­ma­ties, ge­kap 1 tee­le­pel ris­sie­vlok­kies 2 kop­pies vleis­af­trek­sel ½ tee­le­pel fyn kar­da­mom 1 tee­le­pel ga­ram ma­sa­la

ME­TO­DE

Plaas die vleis in ’n glas­bak en s­prin­kel die bor­rie bo-oor. Geur met sout en pe­per. Ge­bruik jou han­de en meng goed. Laat staan vir 20 mi­nu­te. Ver­hit die o­lie in ’n swaar­boom­pot en braai die ui en knof­fel daar­in tot die ui sag en deur­sky­nend is. Voeg die gem­mer, brand­ris­sie en klap­per by en braai vir ’n mi­nuut lank. Roer die vleis by en braai vir ’n he­le paar mi­nu­te voor jy die res van die bestanddele (be­hal­we die kar­da­mom en ga­ram ma­sa­la) by­voeg. Bring tot kook­punt, ver­laag die hit­te, be­dek die pot en laat vir 1 – 1½ uur lank prut. Geur met sout en pe­per en roer die ga­ram ma­sa­la en kar­da­mom net voor op­die­ning by.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.