KREOOLSE NIERBOONTJIESOP

Kuier Combo - - Karen Se Keuse -

Ge­noeg vir 4 BESTANDDELE

500 g droë nier­boon­tjies, oor­nag in 12 kop­pies wa­ter (3 li­ter) ge­week 3 bay le­a­ves (lou­rier­bla­re) 2 tie­mie­tak­kies 2 stin­gel­uie, fyn­ge­kap 1 rooi ui, fyn­ge­kap (ge­wo­ne ui werk ook) 2 knof­fel­toon­tjies, ge­kneus en fyn­ge­kap 3 heel na­el­tjies 3 eet­le­pels o­lie Sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per Ge­noeg gaar rys vir 4 por­sies

ME­TO­DE

Kook die bo­ne in die week­wa­ter oor ma­ti­ge tot hoë hit­te vir on­ge­veer 2 – 2½ uur lank of tot die bo­ne sag is. Voeg die res van die bestanddele by (be­hal­we die rys) en kook oor lae hit­te vir nog 30 – 40 mi­nu­te saam of tot die ui sag en gaar is en die bo­ne be­gin ro­me­rig word. Skep ’n be­ker­vol van die bo­nesop­meng­sel uit en ver­pulp dit. Gooi dit te­rug in die pot. Her­haal tot jy te­vre­de is met die teks­tuur van die sop. Skep ’n por­sie rys in el­ke sop­bord en skep die sop bo-op.

WENK:

Boon­tjies is ’n bie­tjie skaars op die oom­blik en jy moet maar vat wat jy op die win­kel­rak­ke kan kry. Ge­bruik e­ni­ge rooi­e­ri­ge boon­tjie (nier­boon­tjie of spik­kel­boon­tjie). Jy kan na­tuur­lik ook blik bo­ne ge­bruik en ’n kits­sop bin­ne min­der as ’n kwart van die kook­tyd be­rei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.