PE­PER-VLEISPASTEI

Kuier Combo - - Stap Vir Stap -

Ge­noeg vir 6

As jy bang is die byt is te erg, ver­min­der die pe­per. Soet­pa­tats en slaai is lek­ker hier­by.

BESTANDDELE

1,5 kg dik­rib­skyf (nog aan die been) So­wat 100 ml meel So­wat 100 ml o­lie 450 g sam­pi­oe­ne, ge­hal­veer 2 uie, in dun wig­gies ge­sny 375 ml rooi­wyn 250 ml bees­af­trek­sel 4 tie­mie­tak­kies, bla­re ge­stroop 2 lou­rier­bla­re 30 ml ge­meng­de pe­per­kor­rels Slap deeg 250 ml melk 250 ml o­lie 2 groot ei­ers 360 ml bruis­meel 10 ml bak­poei­er 5 ml sout

ME­TO­DE

1. Rol die vleis in die meel en braai dit in ’n bie­tjie o­lie tot lek­ker bruin (ge­bruik som­mer die kas­se­rol waar­in jy dit in die oond gaan bak); hou die o­ri­ge meel. Braai die sam­pi­oe­ne tot bruin en skep uit. Braai dan die ui sta­dig tot ge­ka­ra­mel­li­seer. Voeg die ek­stra meel by en roer­braai tot ge­meng. K­lits die rooi­wyn en af­trek­sel ge­lei­de­lik by en kook vir 5 mi­nu­te. 2. Voor­ver­hit die oond. Skep die vleis en sam­pi­oe­ne te­rug in die kas­se­rol en voeg die geur­mid­dels by. Be­dek en sit in die oond tot sag (min­stens 2 uur). Skep die vleis uit, ont­been. Sny die vleis klei­ner, as jy wil, en skep dit te­rug. 3. K­lits die melk, o­lie en ei­er vir die deeg saam tot net ge­meng. Sif die droë bestanddele saam en meng die ei­er­meng­sel ge­lei­de­lik by tot ’n slap meng­sel. Giet oor die vleis en bak vir 30 mi­nu­te in ’n voor­ver­hit­te oond van 180°C tot goud­bruin en gaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.