HER­DERS­PAS­TEI

Kuier Combo - - Stap Vir Stap -

Ge­noeg vir 6 – 8 BESTANDDELE

1 kg me­le­ri­ge aar­tap­pels 1 pa­tat (op­si­o­neel) 25 ml bot­ter 200 ml room Sout, pe­per en neut­mus­kaat Vul­sel 15 ml elk bot­ter en o­lie 1 ui, ge­kap 1 – 2 wor­tels, fyn­ge­kap 2 sel­de­ry­stin­gels, fyn­ge­kap 250 g ge­rook­te spek, in blok­kies ge­sny 700 g maal­vleis 350 ml bees­vleis­af­trek­sel 15 ml Wor­ces­ter­sous 30 ml ta­ma­tie­pu­ree 3 tak­kies tie­mie

ME­TO­DE

1. Skil en sny die aar­tap­pels en pa­tat (in­dien ge­bruik) in ewe groot blok­ke en kook in sout­wa­ter tot gaar en sag. Drei­neer en maak fyn met die bot­ter en room. Geur met sout, pe­per en neut­mus­kaat na smaak. Hou een­kant. 2. Vul­sel: Smelt die bot­ter en o­lie saam en braai die ui, wor­tel en sel­de­ry tot glan­send. Skep uit en braai die spek tot bros. Skep die spek uit en braai die maal­vleis bruin. Skep die groen­te en spek te­rug in die pot saam met die res van die vul­sel­be­stand­de­le en laat on­be­dek prut vir 25 mi­nu­te. 3. Skep die vleis­meng­sel in ’n vlak oond­vas­te bak. Skep die fyn aar­tap­pels bo-oor, stip met bot­ter en bak vir so­wat 30 mi­nu­te in ’n voor­ver­hi­i­te oond van 220°C of tot die bo­laag goue pun­te vorm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.