HOENDER-PAELLA

Kuier Combo - - Banting -

Ge­noeg vir 4 BESTANDDELE

3 hoen­der­boud­jies en 3 -vler­kies 2 tee­le­pels eend­vet 2 knof­fel­toon­tjies, fyn­ge­maak 1 ui, fyn­ge­kap 1 rooi soet­ris­sie, in re­pe ge­sny 1 kop blom­kool, lig­weg in ’n voed­sel­ver­wer­ker fyn­ge­maak ’n Kny­pie saf­fraan in warm wa­ter 1 kop­pie tuis­ge­maak­te hoen­der­af­trek­sel 2 bay le­a­ves (lou­rier­bla­re) 3 groot, rooi ta­ma­ties, in blok­kies ge­sny Hi­ma­la­y­an-sout (pienk sout) en swart­pe­per 500 g mos­sels, in hul dop en skoon­ge­maak 10 g tie­mie Tuis­ge­maak­te ma­yon­nai­se vir op­die­ning

ME­TO­DE

Ver­hit ’n rif­fel­pan en braai die hoen­der­stuk­ke tot goud­bruin en gaar en hou een­kant. Ver­hit ’n groot braai­pan en voeg die eend­vet, knof­fel, ui en soet­ris­sie by. So­teer tot goud­bruin en voeg die blom­kool­rys by en kook vir 2 mi­nu­te. Giet die saf­fraan, af­trek­sel, bay le­a­ves en ta­ma­tie by en bring tot kook­punt. Laat vir 5 mi­nu­te prut en geur. Voeg die hoen­der­stuk­ke en mos­sels in die pan, be­dek met foe­lie of ’n dek­sel en kook vir 10 mi­nu­te oor lae hit­te. Haal die dek­sel af en roer die tie­mie deur. Skep in vier bor­de en be­dien met ma­yon­nai­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.