KLAS­SIE­KE BRUIN-UIESOP

Kuier Combo - - Banting -

Ge­noeg vir 4 BESTANDDELE

2 tee­le­pels bees­vet 5 g vars tie­mie, plus ek­stra vir gar­ne­ring 3 knof­fel­toon­tjies, fyn­ge­maak 6 uie, fyn­ge­sny 2 tee­le­pels xy­li­tol 1 kop­pie wit­wyn 3 kop­pies tuis­ge­maak­te bees­vleis­af­trek­sel Hi­ma­la­y­an-sout en swart­pe­per

8 banting saad-be­skuit­jies 40 g gruyè­re-kaas, ge­ras­per

ME­TO­DE

Ver­hit die bees­vet in ’n pot en voeg die tie­mie, knof­fel, uie en xy­li­tol by. Kook vir on­ge­veer 20 mi­nu­te oor lae hit­te, of tot die uie ge­ka­ra­mel­li­seer is. Voeg die wyn by, ver­hoog die hit­te en bring tot kook­punt. Kook vir 5 mi­nu­te. Voeg die af­trek­sel by en bring weer tot kook­punt. Laat prut vir 23 mi­nu­te. Geur met sout en pe­per. Crou­tons: Ver­hit die oond­rak, plaas die be­skuit­jies op ’n bak­plaat en s­prin­kel die kaas bo-oor. Braai vir 2 – 3 mi­nu­te of tot die kaas ge­smelt is. Ver­deel die sop in vier bak­ke, s­prin­kel die crou­tons bo-oor en gar­neer met ’n paar tie­mie­tak­kies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.