KERRIESPINASIE, VINKEL EN KOL­JAN­DER-SOP MET JOGURT

Kuier Combo - - Banting -

Ge­noeg vir 6 BESTANDDELE

2 tee­le­pels ghee 2 uie, in rin­ge ge­sny 1 groot vin­kel­blom (fen­nel), dun ge­sny 2 knof­fel­toon­tjies, fyn­ge­maak 1 x 5 cm stuk gem­mer, ge­ras­per 2 tee­le­pels ker­rie­poei­er 2 tee­le­pels ga­ram ma­sa­la ’n Hand­jie­vol vars of ge­droog­de ker­rie­bla­re 250 g ba­bas­pi­na­sie 15 g kol­jan­der­bla­re 3 kop­pies tuis­ge­maak­te hoender- of groen­te-af­trek­sel 1 x 165 ml blik klap­per­melk of -room Hi­ma­la­y­an-sout en swart­pe­per Vir die bo-laag ½ kop­pie dou­ble cre­am-jogurt 2 rooi slaai-uie, fyn ge­sny 1 rooi- of groen­ris­sie, fyn ge­sny Vars kol­jan­der­bla­re

ME­TO­DE

Ver­hit die ghee in ’n groot pot en so­teer die uie, vinkel, knof­fel en gem­mer tot die ui sag en deur­sky­nend is. Voeg die spe­se­rye en ker­rie­bla­re by en so­teer vir nog ’n mi­nuut. Voeg die spi­na­sie en kol­jan­der­bla­re by en kook tot dit net-net ver­welk is. Voeg die af­trek­sel en klap­per­melk of -room by en prut vir 10 mi­nu­te. Haal van die hit­te af, meng tot glad en geur na smaak. Skep in vier bak­kies en gar­neer met ’n skep­pie jogurt. S­prin­kel die rooi­ui, ris­sie en kol­jan­der bo-oor. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.