CROISSANT-EN-NUTELLABROODPOEDING

Kuier Combo - - Winterpoedings -

Ge­noeg vir 4 – 8

Wie hou nie van sjokolade nie? Hier­die ryk na­ge­reg sal die kol tref.

BESTANDDELE

4 crois­san­te, oop­ge­sny 4 eet­le­pels sjo­ko­la­de­smeer soos Nu­tel­la of Nuss­fit 3 groot ei­ers 300 ml vol­room­melk 100 ml vars room 4 eet­le­pels strooi­sui­ker Ver­sier­sui­ker vir gar­ne­ring

ME­TO­DE

Smeer die oop­ge­sny­de crois­san­te met sjo­ko­la­de­smeer en pak in ’n oond­vas­te bak. K­lits die ei­ers, melk, room en strooi­sui­ker saam. Giet die meng­sel oor die crois­sants en laat staan tot al die vloei­stof ge­ab­sor­beer is. Bak vir 30 – 35 mi­nu­te tot goud­bruin en die vla­meng­sel ge­stol is. Sif ver­sier­sui­ker oor en be­dien met room­ys, ge­klop­te room of dun vla.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.