LE­MOEN-EN-KANEELBROODPOEDING

Kuier Combo - - Winterpoedings -

Ge­noeg vir 6

Geen an­der bestanddele sê win­ter soos sitrus en ka­neel nie. Om net daar­aan te dink, gee jou daai warm ge­voel. En dis pre­sies wat dié na­ge­reg doen.

BESTANDDELE

12 snye dagoue wit­brood On­ge­sou­te bot­ter teen ka­mer­tem­pe­ra­tuur vir smeer 3 ek­stra­groot ei­ers 400 ml vol­room­melk 100 ml ge­kon­sen­treer­de le­moen­sap (Kook 200 ml sap met stuk­kies en 3 eet­le­pels sui­ker, so­dat dit met die helf­te ver­min­der. Laat af­koel tot ka­mer­tem­pe­ra­tuur.) ½ tee­le­pel fyn ka­neel ’n K­nip­pie ge­meng­de spe­se­rye ’n K­nip­pie sout Vars le­moen­skil, ge­ras­per Ver­sier­sui­ker vir gar­ne­ring

ME­TO­DE

Sny die kor­sies van die brood af en smeer die brood met die bot­ter. Sny dit di­a­go­naal om drie­hoe­ke te vorm. Pak die drie­hoe­kies in ’n vier­kan­ti­ge oond­bak, soos jy ver­kies. (Ek pak dit graag met die pun­te na bo.) K­lits die ei­ers, melk, sap, ka­neel, ge­meng­de spe­se­rye, sout en le­moen­skil lig­gies met ’n vurk. Giet die meng­sel oor die brood en laat staan vir so 15 mi­nu­te so­dat die brood al die vloei­stof kan ab­sor­beer. Bak in ’n voor­ver­hit­te oond van 180°C vir 30 – 35 mi­nu­te. Sif ver­sier­sui­ker oor en be­dien warm met dun vla.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.